Het die afgelope naweek n draai in die Kalahari gaan maak en lekker geskiet.
Het gejag tussen Van Zyls en McCarthys, teen die Botswana grens. 1x Gemsbok het voor die 375Ruger geval en 3x springbokke het voor die 7x64 geval...
Gemsbokbul, 36" horings en 110kg uitgeslag, skietafstand 170m, Barnes TSX 270gr
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/55333818/SF.JPG[/img]
Springbok ram #1, 120m (met die tweede skoot raak nadat die "200m" eerste skoot wind-mis was, los bo-oor
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/55333818/SF1.JPG[/img]
Springbokram#2, 280m, kop af, pote af, vel aan 32kg
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/55333818/SF2.JPG[/img]
Springbokram #3, 200m, 14,5" gemeet in slagkamer
[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/55333818/SF3.JPG[/img]
Springbokke is geskiet met my 7x64 gelaai met 139gr Hornady GMX koele en hulle hol teen 3000fps. Al drie bokke net daar geval. 7x64 is nou maar net n springbok se baas
Die gemsbok is met die 375Ruger op 170m geskiet. Skoot het n klipharde DUP op die skouer geslaan en 60m verder was die bul se petrol op...
Was n bitter lekker uitstappie gewees! En ek was baie bevoorreg om dit met my pa te kon deel
Groete vanuit n hartseer PTA (wil nog in die sand wees, nie hier nie
Stefan764

