My 1ste Takbok!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

My 1ste Takbok!

Post by Hartskoot Hennie »

Ek het die voorreg gehad om Saterdag 'n Fallow Deer Stag te gaan jag. Iets wat ek al baie lankal wou doen! 'n Vriend van my het 'n plaas daar tussen Middelburg en Bethal se wereld, en hy het my darem nie te veel gevra om die damhert te gaan jag nie...

Daar aangekom het ons op 'n heuwel gaan stilhou en afgeklim om te loer met die verkykers om te kyk of ons hulle nie kan sien nie... Na so rukkie toe gewaar my vriend hulle doer onder in die vlaktes, twee ramme en 'n ooitjie. So begin ons toe met die jag...

Ons het in hulle rigting gery tot ons mooi kon sien deur die verkykyers hoe lyk die trofee kwaliteit van die twee ramme. Ons sien toe een van hulle het al 'n horing (Gewei/Antler) al afgegooi of dalk afbaklei. Die ander ram was mooi maar nie waarna ons opsoek was nie, en daar was 'n spesifieke ram wat my vriend vir my ingedagte gehad het...

Ons het nog so paar draaie gery opsoek na die takbok, en so hier en daar ene sien opspring uit die gras, en ek is nie seker wie het elke keer groter geskrik nie, ons of hulle nie... Hahahaha...

Na 'n ruk toe sien ons hulle bo teen 'n bultjie in die gras, dit lyk soos 3 ramme maar net hulle horings steek toe uit... Na wat ons toe kon sien se my vriend toe dis die middelste ram waarna ons soek. Ek fluit toe met die hoop dat hy sal opstaan, en net soos die geluk dit wou he toe staan hy op en staan mooi dwars. Ek trek toe die sneller en die bok sak toe net daar neer. Die 300gr 375 koeeltjie het hom toe mooi in die nek getref!  ;D

Daar aangekom het ons toe mooi fotos geneem, en net die oomblik waardeer om die pragtige dier te kon jag. Waidmannsheil!

Die aand het ons uit self verdediging Scottish Leader benut om die bok te vier! Net jammer daar was nie 'n ou forel dammetjie en 'n fisant in die omgewing nie, anders het ek sommer gou 'n MacNab deurgewerk...

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7092.jpg[/img]

[img width=560 height=373]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... G_7074.jpg[/img]
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Gerhard »

Geluk Hennie.

Is n baie mooi bok.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Zack Benade

Re: My 1ste Takbok!

Post by Zack Benade »

Geluk my vriend.

Geniet die lekker vleis.

Groete
Zack
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Francois Marais »

Hennie

Geluk, jy en die 375 "jam" mooi.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Lourens »

Baie geluk Hennie, dis 'n baie mooi takbok daai!! Mooi gegooi!!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Chevvy SS »

Mooi man! Ek bedoel bok!
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Hartskoot Hennie »

Chevvy SS wrote: Mooi man! Ek bedoel bok!
;D ;D ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by SV MAD (Henk) »

Geluk Hennie, Dis 'n mooi bok daardie!
ek soek nog wapens...
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by vlakvark1 »

Geluk Hennie

Mooi bok daai
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by DWB »

Pragbok!!!! Baie geluk! Geniet die skaaptjops!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Hartskoot Hennie »

Dankie manne! Ek het hom laat sny soos 'n skaap... Ek kannie wag om daai 1ste tjoppie oppie vuur te gooi nie!  ;D
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by henried »

Baie geluk Hennie, baie mooi dier.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Ponkie »

Hennie

Is sommer 'n baie mooi ram.
Ons het ook 'n klompie takbokke op die plaas, my Pa het hulle in die laat 90's van Adelaaide af gebring.
Nog altyd is daar by ons 'n stryery oor WANNEER die ramme nou eintlik stink en jy nie kan skiet nie?? Weet jy dalk?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Hartskoot Hennie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Hartskoot Hennie »

Dankie Ponkie.

Ek weet ongelukkig nie van die stink storie nie. Myne het nie soos laventel geruik toe ons hom geslag het nie, maar die vleis makeer niks nie. Ek het die binne fillets uitgensy en gebraai en dit proe of ruik glad nie snaaks nie.

Dalk sal iemand anders weet?
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Chevvy SS »

Mens skiet hulle voor die "rut"(paartyd) Feb- Junie, anders stink hulle baie. Dit is voor Feb, maar kan op ander plekker vroe?r wees.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Vlakvark »

Fallow stink nie so erg nie maar hy is beslis beter voor die ''rut''Die vleis proe net beter 'n vriend van my het gedurende die "rut" 'n Buck geskiet wat so erg baklei het dat hulle net die een backstrap kon gebruik en die {diep Vleis} op die boude Die res was ene bloederigheid sy blaaie lieste selfs die boude was so bloederig van al die baklei

Die "rut" is gewoonlik begin April tot einde Mei maar dan moet jy herstel tyd toelaat vir die dier om gewig op te tel en die hormone uit sy sisteem te kry
Image
Image
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Ponkie »

Dankie vir die terugvoer manne.

En wanneer gooi die bokke hulle horings af? So ek sal in die winter (Junie/Julie) 'n ram kan skiet sonder dat hy sal stink?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Chevvy SS »

Ponkie, vra hom eers of hy nou klaar gespeel is en of sy stinktyd verby is....
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Dippies »

Bie geluk hennie maar ek moet se ek is so GROEN ............ ;D
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Vlakvark »

Fallow "cast" hulle Antlers in November -Desember
Image
Image
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by Vlakvark »

Mooi man Hennie

Sien jy is nou altyd bietjie under gun  ;D .375
Image
Image
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Louis Kriel »

Dis 'n mooi tak bok Hennie...maar moes dit nie 'n hartskoot gewees het nie?
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by tobie »

So waar n mooi bok daai.Baie geluk.Dippies ek is ook maar so efe groen oor daai mooi bok.

Groete Tobie
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: My 1ste Takbok!

Post by KalahariKlong »

Baie geluk Hennie, dis 'n baie mooi bok daai.
Mooi gegooi.

KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: My 1ste Takbok!

Post by Rigby »

Geluk Hennie!
Daai 375 van jou loep mooi...
Lees ek net mis - of noem jy nerens hoe ver die oukie was nie? Ek neem dan maar aan die oukie was nader as 250m, want daai geweer van jou ken net van wyd skiet  ;)
Nogmaals geluk - laat weet hoe loop daai tjoppies
Post Reply