Ek was laas week bietjie Swartwater se w?reld toe saam my broer en drie jare lange jagters vriende. Ons het vir Tannie Johanna gaan kuier op een van daai "Goud myn" plase wat mens graag oor br?g, maar nie sommer nommers uitruil nie.
Dit was baie ruig die jaar en die bokke se kondisie is tops. Die nadeel was dat dit harde jag was, soos ons daarvan hou
Die kamp is Top klas met 'n donkie vir water en gas vir die yskas. Daar is 'n kragopwekker vir as die selfoon gelaai moet word of so iets, maar ons verkies hom af en die lampe aan
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4214.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4210.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4185.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4196.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4184.jpg[/img]
Die jagtery is nie die Tannie se besigheid nie, hulle boer tabak en groente langs die rivier en dus is die wild belaglik goedkoop, ek gaan eerder nie die pryse opsit nie, julle sal my nooit uitlos nie, dis so tien jaar terug se pryse
Bruch tyd, vars rooibok pofadder
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4305.jpg[/img]
Ek kon die Mnr aantre? na 'n volle 30 min "standoff" Hy het my gewaar en ek kon letterlik nie my kop draai nie, so stip het hy my bekyk. Dit het gevoel soos'n ewigheid maar toe hy die draad spring was ek reg vir hom. Het hom met my 30.06 en 150gr Barns TTSX teen 3000ftps {Vir vlaktes gelaai} op 104 tre? op die skouer neergesit. Hy het so 20 tre? gevorder voor hy gaan l? het.
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4288.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4294.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4302.jpg[/img]
Die bonus is dat hy RW gemaak het en my 'n skamele 3k uit die sak gejaag het. Daar is 'n donker kant ook aan die storie. Die eerste dag het het ek 'n bietjie kleiner bul gekwes en ons kon hom vir die dood nie kry nie. Het twee dae hard spoor gevat en self 'n hondtjie laat kom wat sy storie ken, maar heellaas niks
Vleis skade was redelik, maar ek het die skouer been en drie ribbes getref met die ingang so dit was te verwagte
Ingangs wond
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4312.jpg[/img]
Skade aan die binnekant van ingangs blad. Die skouer been is getref.
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4318.jpg[/img]
In en uitgangs wonde in die borskas. Let die drie af ribbe aan die ingang en minimum skade aan die uitgang kant.
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4315.jpg[/img]
Die uitgangs wond in die nek.
[img width=360 height=480]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4311.jpg[/img]
So lyk van die ander bokke wat geval het.
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4328.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4226.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4236.jpg[/img]
Tot volgende jaar, ek gaan verseker weer terug, daar wag 'n monster Kudu vir my in daai bosveld
[img width=560 height=420]http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... GP4334.jpg[/img]


