Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Waar kom hierdie skaap wild voor? Ek sien baie gras en kliprante in die agtergrond so as ek dan moet raai sou ek se Middelburg/Graaff-reinet omgewing? Ek kan helemal uit koers wees. .
Sal gaaf wees as Oom ons bietjie meer oor die skaap kan vertel? Hoe proe hy, wat slag hy uit? hoe jag mens hom?
Dink daar is dalk nog manne wat belangstel...
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Geskiet naby Van Wyksvlei in Noord-Kaap.Groot berge veld .Gekry na 2 dae se looooop en loooop. Vleis is oneetbaar taai en sleg. Gewig onbekend. Ek skat so 60 kg.Dit was nogal lekker om so iets te jag 'want vir hom moes ek werk.Nog nie eers vir koedoe so hard gewerk nie.Geen bakkie skietery nie net stap en stap. Ek het hom die oggend so 10.00 met verkyker 'gespot' en die middag so 3.00 toe klap die skoot. Ses mense met pyp oor skouers moes ons hom so 4 km dra val 'dra val.Na vele jagtogte sal ek die een beslis onthou. Groete Gous...
Dankie vir die terugvoering. Nie gedink dat sy vleis so sleg is nie, so dis maar meer vir die ondervinding en die trofee wat mens hierdie bok jag?
Is hulle heelwat volop daar soos wat jy bv koedoes in die Oos kaap of Bosbokke in die Suid kaap kry? Sal bietjie google en youtube, dalk word ek iets meer wys!
Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Daai plaasmanne het glad nie omgegee om te help nie en glo ook nie hulle sal weer omgee nie.
Hulle het immers 'n hele skaap gekry en volgende keer almal. Soos Andre genoem het daai skapie, hy issie vir eet nie. Biltong, maalvleis, wors en droewors was glad nie lekker nie.
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
GOUS
eK WEET nie of jy mail gekry het nie,
Ek skryf maar weer , ek was nie op glen nie, maar het wel gekoes vir houe wat kom in die los skrums.
Ek sien daai voete van jou lyk soos n haker sin. en die hande ook.
Ek het amper al ophou speel toe jy op Glen was.
Sommer so in die verbygaan ontmoet en gesels, Het so rukkie terug weer vir Callie Buchner gesien.
Groete
Jacques Botha
Was ek so n vark gewees. Ek is seker jy verwar my met iemand anders.Ek was n haker maar het nooit vuil gespeel nie.Grappie////Sal met jou praat want ek het so n paar bokke vir volgende jaar.Wil n koffie kom drink as ek in Bloem kom .Ek sien ons gaan nog dik stukke gesels.Groete Gous
Mooi bokke daai, ai hoe beny ek julle manne wat op die platteleamd bly, elke dag in die veld. Ons in die stad smag daarna om so bietjie in die veld te kom. Baie geluk hoop hulle maak mooi trofees.