Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Lekker man. Sit bietjie groter foto op as jy kan. Hoeveel het die varke uitgeslag weet jy?
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
In die somer jag ons in mielie lande. Die varke bly sommer daar as die mielie begin kop. In die winter durf ons maar die plantasies en bosse aan. Ons het 'n groep wat by die honde bly en dan die bakkie jagters wat ons vooruit kan stuur as die varke begin hardloop.
Ek sal vanaand nog fotos opsit het nie nou by my nie (besig om hard te werk vandag)
Ons weeg nie die varke na hulle geslag is nie maar jy kan werk op 50% van die gewig.
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Andy
Iets lyk vir my anders as waaraan ek gewoond is. Al die varke se gesiggies is vir my baie wit. Lyk ook nie vir my na 'ou' varke nie, daarvoor is die gesiggies te 'mak'. Het 'n hele paar op Frankfort ( Sabie ) geklop wat meer na ons tipe varkies gelyk het. Rooierig met 'n wit skof met baie min wit in die gesig . Gaan nou 'n baie wilde raaiskoot waag en verwag om pak te kry op my stelling. Die vorm van die gesiggies en die grootte van die varke laat my baie wonder of daar nie miskien Europese varkies in die geskiedenis betrokke geraak het nie. Jag nou al van 1969 af die ou eetgoedjies vanaf Sabie, George, Tsitsikama, Lydenbuerg en Tzaneen omgewing en het baie selde die tipe varkies gesien. Kry dieselfde gevoel omtrent varkies van KZN.
Varke wat groter as 60Kg uitslag is uiters skaars. Die varkies op die foto's is almal, na my mening in die 60Kg plus klas. Nie om die manne te na te kom nie - sal graag die mening van nog manne wil hoor !!
Moet eerlik wees dat die varkies op die foto's seker glad nie te sleg op die tong sou afgaan nie !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Jy sal sien dat hoe ouer die varke word hoe witter is hulle gesigte. Al die varke is tussen Barberton en Piet Retief geskiet. Die ou mense op die fotos jag al oor die dertig jaar varke in die omgewing en hulle oudste fotos van varke lyk dieselfde as hierdie. Ons het egter al varke geskiet wat net rooi gesigte het maar dis bitter selde. Van die europese varke is ek nie seker nie want die wat ek al gesien het lyk vir my heeltemal anders as die bosvarke, sal egter 'n foto neem as ek weer in Badplaas kom van 'n europese vark. Daar is 'n boer wat hulle op hok het.
Groete Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Hi Andy
Het self 'n paar op Nelshoogte ( Havelock omgewing ) en Sudwala in die plantasies geskiet. Wat my egter opval is die grootte van die varke. Daai goete is m@@@rse varke. Het nog nooit die voorreg gehad om met honde te jag nie. Skiet maar op die voer en voorsit manier.
Die kleur van die varke verskil baie van die kleure waaraan ek gewoond is. Die Tsitsikama varke is baie swaar ( stewig ) vir hul groote terwyl die varkies hier in Tzaneen weer relatief lig is in verhouding tot hul grootte.
Moral of the story - bly die lekkerste wilskossie beskikbaar !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Daar is n paar Scheuers in die area, Oom Hentie en sy seun Andre (hulle was geweersmede maar het toe gemaak) hulle is so 40km van my af. Daar is ook Riem hulle wat in daai area boer.
Nou begin die dinge loop.
Dis nes jy dit het. Stuur sommer vir hulle groete as jy hulle sien.
O ja hulle sal nie weet wie Wielie Waps is nie - my ma ken my as Willem Grabe.
Cheers
Eina daai lyk nie lekker nie. Het ook al saam daai oom hulle by Lydenburg gejag. Hulle bring altyd babelas worsies van Barberton af erg lekker.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
Rasmus wrote:
Eina daai lyk nie lekker nie. Het ook al saam daai oom hulle by Lydenburg gejag. Hulle bring altyd babelas worsies van Barberton af erg lekker.
Ek is bly ek is nie die PH van daai Duitse jagter wat moes verduidelik hoekom sy klient bloei nie...