geweer was net nie die een wat ek beplan het om te vat nie.
Ek het 10 patrone vir die 300 gelaai om te sien hoe skiet hy met sy Jag Buddy op en dit was ook
die eerste keer met die Burris op. 5 x 180gr Hornady Interlocks met S385 en 5 x 165gr Hornady
GMX koeels ook met S385. Albei ladings is presies die middel van Somchem se data vir die gewig koeels.
Dit het die 5 Interlocks gevat om hom in te stel. Drie skote met die GMX om die verskil in POI
te sien. Toe 4 vier clicks reg en nog 2 skote om my te oortuig die 300 gaan saam op die jag….
Die loop is 'n duim korter as wat hy was en die kroon is oor gesny. Ek weet nie wat dit is nie maar dit voel vir
my die geweer skiet baie beter as wat hy geskiet het - en hy het mooi geskiet voor die tyd.
Miskien is dit net dat hy so veel meer van die S385 hou? Eerste keer wat ek dit gebruik in die 300.
Ek het nie die spoed gemeet nie maar dit behoort so hier by die 2800 - 2850fps te wees.
n Mooi groot rooibok ram het in so oop stukkie gestaan en ek was op die rant in die koelte.
Die skoot was 61m vêr gewees - ek sê mos die Predator camo werk.... Op die linker knop in
en op die regter blad uit. Die ram het 'n tree terug gegee en omgeval en nie weer beweeg nie.
(Die oor proppe gaan altyd saam - ek het so 6 jaar terug binne 'n klein kamer op 'n plaas se skietbaan
sonder beskerming geskiet en my ore so beskadig dit het vir 2 jaar gesuis....
die fotos geneem word )

