Derms vir wors maak
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Derms vir wors maak
Goeie dag mede forum lede.
Wil graag hoor wat sê die mense van watter derms om te gebruik vir wors maak.
Ek persoonlik hou nie baie van sintetiese derms nie maar hulle kan seker werk.
Dit is nou vir braai wors en om in die pan te braai of sommer in die oond gaar te maak.
Ek laaik self 'n duk droee wors dan het mens meer vleis om te hap.
Sê ook watter dikte derms verkies word.

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Derms vir wors maak
Hennie
Ek gebruik maar die gewone skaapderm grootte 24 - 26 vir droog en braai. Ekself nou weer nie baie lief vir daardie dik worse nie.
As ek nie koop nie is ek bevoorreg om skaap wat ek slag vir eie gebruik se derms self te skraap en te gebruik, dan weet ek darem wat ek gebruik, want partykeer koop mens ook maar derms wat nie wel is nie.

-
Hleroux
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Dec 30, 2012 7:52 pm
Re: Derms vir wors maak
Hi,
Vir boerewors en braaiwors, 28/32 hog casings,
Vir dun droëwors : Can 18, Can 22
Vir dik droëwors : Can 26, Can 28
Bly weg van sintetiese casings, werk nie goed op droëwors nie.
Vir boerewors en braaiwors, 28/32 hog casings,
Vir dun droëwors : Can 18, Can 22
Vir dik droëwors : Can 26, Can 28
Bly weg van sintetiese casings, werk nie goed op droëwors nie.
- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Derms vir wors maak
More HennieC
Ek het vanjaar vir die eerste keer sintetiese derms probeer aangesien ons taamlik baie wors gemaak het en dit baie tyd spaar. Ek moet se ek is baie verras met die eindproduk.
Vir die droewors werk dit baie lekker en solank jy nie jou braaiwors te warm of droog braai nie bars hy nie oop soos mense my gewaarsku het nie. Ek het hulle by Crown gekoop, dink dit was 22mm.
Net my 2c
Groetnis

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Derms vir wors maak
More Hennie
Vir dik Braaiwors is dit maklik, Can 32 of "factory" Hog casings. Die sintetiese derms bars as dit vinnig hitte kry.
Vir droewors is dit een van 2 dinge: Sinteties stop vreeslik maklik, ten minste 70% vinniger, maar dan sit jy met 'n taai velletjie as die wors droog is. CAN 22/long is maar 'n gesukkel om te stop, maar die wors eet darem net lekkerder.
Met die stop van natuurlike derms help dit om so 10-20ml water by die opening van die derm te spuit voor dit oor die stopper se tuit gevoer word, dan voer hy makliker op.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
bertie
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 18, 2013 6:50 pm
Re: Derms vir wors maak
Ek moet se ek is verbaas om te hoor meeste mense verkies die natuurlike derm, ek hou baie meer van die kunsmatige derms, maar so het elke man maar sy dinge wat hy van hou!
Groete
Bertie
Groete
Bertie
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Derms vir wors maak
kalahari vertel bietjie hoe mens die skaap derms self skraap om dit vir wors te kan gebruik ASB 
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Derms vir wors maak
K gebrui, net sintetiese derm vir droewors, maar nie Cutizen of Devro nie, Edi-Cass is so na aan skaap derm as ek jou nie se dis sinteties nie, gaan jy wragties nie weet nie.
Vir boerewors is mees bekostigbare konstante derm die Factory Russian van Freddy Hirsch. N mooi lang derm en kos net so rondom R90.00 per bondel.
Vir boerewors is mees bekostigbare konstante derm die Factory Russian van Freddy Hirsch. N mooi lang derm en kos net so rondom R90.00 per bondel.
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Derms vir wors maak
Robbie, waarom sal die 22 skaapderms so duur wees, ek het R194.40 vir een pak droee wors derms betaal wat vir my nogal baie is? Ek kon presies 15 kg vleis stop met die derms , so nou het ek te minste `n spesifieke mate/hoeveelheid waarvolgens ek in die toekoms kan werk...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Derms vir wors maak
Ek persoonlik hou nie van die sintetiese derms nie,moet die droewors baie droeer laat word voor die derm breuk as die wors gebuig word.
My twee dogtertjies eet glad nie die wors met die derms nie,hulle se dis taai.
So nou moet ek elke keer die velletjie afhaal voordat hulle dit eet.
Persoonlik betaal ek eerder meer vir die skaapderms.
My twee dogtertjies eet glad nie die wors met die derms nie,hulle se dis taai.
So nou moet ek elke keer die velletjie afhaal voordat hulle dit eet.
Persoonlik betaal ek eerder meer vir die skaapderms.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Derms vir wors maak
Sako google Deli spices in midrand, hulle is die verspryder van die EdiCass derm, hys nie taai nie, n spier wit dermpie, werk soos n bom belowe jou!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Derms vir wors maak
WillieWillie wrote:kalahari vertel bietjie hoe mens die skaap derms self skraap om dit vir wors te kan gebruik ASB
Jy vat maar die ingewande soos dit uit die skaap kom en haal die derms van die pens af. Begin by die dun kant (laaste deel van spysvertering) en kyk hoe die derm daar lyk (dikte) en dan waar die dikte vir reg begin lyk sny jy af en dan stroop jy maar die inhoud uit die derm tussen duim en wysvinger, sorg maar dat die derms nat bly, werk net makliker. Soos jy stroop gaan die meeste van die inhoud weer terug in die kleinpens in.
As jy nou alles tot teen die klein (melk)pens gestroop het, vat 'n mes (ek gebruik sommer my slag/knipmes) se stomp rugkant. Plaas die derm tussen jou duim en die rugkant van die mes en dan "skraap" jy die derm deur. Daar kom nog klomp "slym" uit/van die derm af.
As die derm breek soos jy skraap dan gooi ek maar weg, eerder as om te sukkel by die stoppery van die wors.
As al die derms geskraap is gooi so 2 - 3 teelepels koeksoda en sout oor die derms in bakkie met water en laat staan oornag. Volgende dag dan skraap jy maar so een of 2 keer weer deur en daar is jou derms gereed. As jy wil stoor, gooi sommer in plastiek bottel (chutney) mooi klompie sout oor en vries net so.
Met gebruik ontdooi die derms in warm water en as jy stop hou die derms in bakkie lou warm water.
Ek gebruik meer die middel slag skaap 4 tot 6 tand vir die derms, jonger skaap se derms geneig om te dun te wees en ouer (baie vet) skaap se derms is baie keer swak. Ek slag vir my eie vleis gebruik maar damara/karakoel/dorper kruisings. Jy gooi baie keer meer as die helfte van die derms weg, maar ek reken maar elke meter wat ek self skraap die hoef ek nie te koop nie, omrede dit so duur is.
Bek vol, maar dit is die lot. Makliker om dit te wys as om op die internet te verduidelik.
-
Brombeer
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Fri May 24, 2013 1:00 pm
Re: Derms vir wors maak
Stem met Robbie daai derms werk soos n bom. Ook skepties gewees maar kan stem.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Derms vir wors maak
Gert dan het jy seker ook nog die short mediums gekry, die Can 22 longs is nou R214.00 per bondel en jys veronderstel om 18kg te stop. Maak die som, dan werk net jou derm jou R11.88 per kg droewors uit, dis mal duur!!!!
Sit jou vet en spices by dan kyk jy waar kom jy uit.
Sit jou vet en spices by dan kyk jy waar kom jy uit.
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Derms vir wors maak
Kalahari
Ek dink ek verstaan die skraap proses van die derms redelik soos jy daar verduidelik het. Ek het dit nog nooit gedoen nie. Ek gooi daardie gedeelte gewoonlik weg en moet dan ten duurste natuurlik ander gaan koop as ek wors maak.
Net om te bevestig. Die geskraapte derms word net oornag in die koeksoda/sout en water gesit en jy spoel nooit die binnekant op een af ander stadium nie ?
Ek wil ook daardie Edicas derms probeer wat Robbie so aanbeveel. Ek is egter maar skepties en daarom soek ek net 'n kort stukkie vir die proef. So ver kry ek net bokse vol hier in die Kaap en daarvoor is ek nie braaf genoeg nie.

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Derms vir wors maak
Hallo RobbieROBBIE1 wrote:Sako google Deli spices in midrand, hulle is die verspryder van die EdiCass derm, hys nie taai nie, n spier wit dermpie, werk soos n bom belowe jou!
Ek het nou-net met Deli gepraat in Midrand oor die EdiCass. Ek is nie seker of ek die regte pryse by die girl gekry het nie, maar as dit wel was, is die goed flippen duur.
#18 derm = R1,121-50 + BTW
#26 derm = R 869-89 + BTW
Daar is 6 stokkies per pakkie, en die #18 is ongeveer 90meter.
Lyk die pryse vir jou reg?
Groetnis.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Derms vir wors maak
Willie, skuus. Ja, jy kan maar soos jy die derms skraap net oopmaak en dan stoot jy die water (lou) deur die derm.Willie wrote:Net om te bevestig. Die geskraapte derms word net oornag in die koeksoda/sout en water gesit en jy spoel nooit die binnekant op een af ander stadium nie ?
Voor ek die derm oortrek skep ek ook bietjie water, trek net makliker oor.
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Derms vir wors maak
Ek stem Jean. Dit klink vir my ook maar duur.
Seker Robbie sal kan aanraai hoeveel kg se vleis kan met een stokkie se derm gestop word. Sal beter indikasie gee
Seker Robbie sal kan aanraai hoeveel kg se vleis kan met een stokkie se derm gestop word. Sal beter indikasie gee
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Derms vir wors maak
Ek het met een pakkie nr22 derms presies 15kg gestop...12 kg vleis /3kg vet, dit is die lang derms, R194-00 vir `n pakkie derms...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Derms vir wors maak
Jean ek koop die 19s, daars 40 stokkies in n box en kos so rondom R1k, werk jou R26 per stokkie uit, stop 4.5kg vleis so kos jou R5.80 per kg, waar regte derm jou R11/kg kos.
Dit maak n taamlike verskil van R6pkg.
Dit maak n taamlike verskil van R6pkg.
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Derms vir wors maak
Iemand verneuk iemand hier.Jean Marais wrote:ROBBIE1 wrote: Hallo Robbie
Ek het nou-net met Deli gepraat in Midrand oor die EdiCass. Ek is nie seker of ek die regte pryse by die girl gekry het nie, maar as dit wel was, is die goed flippen duur.
#18 derm = R1,121-50 + BTW
#26 derm = R 869-89 + BTW
Daar is 6 stokkies per pakkie, en die #18 is ongeveer 90meter.
Lyk die pryse vir jou reg?
Groetnis.ROBBIE1 wrote:Jean ek koop die 19s, daars 40 stokkies in n box en kos so rondom R1k, werk jou R26 per stokkie uit, stop 4.5kg vleis so kos jou R5.80 per kg, waar regte derm jou R11/kg kos.
Dit maak n taamlike verskil van R6pkg.
Miskien moet ons vir Robbie dan vra ons nie dan eerder direk by hom kan koop nie, want selfs met 'n 100% markup gaan hy nog goekoper wees.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Derms vir wors maak
Julle is welkom manne, ek kry dit darm teen groothandel prys omdat ek bitter baie van die koop, maar die prys kan nie so rof verskil nie!!
Praat gerus as julle soek ek kry elke week voorraad.
Praat gerus as julle soek ek kry elke week voorraad.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Derms vir wors maak
Miskien het die girlie 'n hele boks bedoel, wat in lyn sal wees met wat Robbie sê met 40 stokkies per boks.
Dan werk die sakie darem nie te duur uit nie.
Dan werk die sakie darem nie te duur uit nie.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Re: Derms vir wors maak
As iemand edicas #24 of #26 koop sal ek 'n paar stokkies by hom oor neem
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Derms vir wors maak
Kalahari, ek het vandag twee hammels geslag en more moet ek nog drie hammels slag, ek gaan probeer om die derms te herwin en dit vir wors stop gebruik...kan ek die derms wat ek uitslag met `n tuinslang en dun pypie deurspoel om vinniger van die maagsappe uit te spoel en dan skraap?Kalahari wrote:Willie, skuus. Ja, jy kan maar soos jy die derms skraap net oopmaak en dan stoot jy die water (lou) deur die derm.Willie wrote:Net om te bevestig. Die geskraapte derms word net oornag in die koeksoda/sout en water gesit en jy spoel nooit die binnekant op een af ander stadium nie ?
Voor ek die derm oortrek skep ek ook bietjie water, trek net makliker oor.
Ek hoor graag van jou..
Gert