Ek probeer vandag ons plaaslike polisiestasie (Willowmore) bel om deurgeskakel te kan word na die vuurwapenaansoeke-afdeling, sodat ek my Pa se 308 op my eie naam kan sit, maar in 'n tydperk van 2 ure wat ek 4 keer gebel het, het hulle nie eenkeer die telefoon geantwoord nie!!!
Ek sal hulle seker by die Ooskaap se hoofkantoor of die distrikskantoor bietjie kan aangee? Enige van julle ook al so ondervinding gehad en my dalk kan se wat die regte pad is om te stap? Dis nie die eerste keer wat dit gebeur nie, so ek wil dit maar onder die aandag van iemand bring wat hulle net bietjie kan gas gee, so kan mens darem nie op die staat se rug ry nie!!
Groetnis
Ponkie


