stem saam met jou, mens kan maar eintlik net jou kop skud......dis al, oor die voorgestelde wet op minimum kalibers
Jagreels
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
More Wouter,

- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Jagreels
Ludwig,
Het ou kortbroek daai wet opgestel.
Dit maak nie vir my mooi sin nie...wel, meeste van ons wette maak nie altyd sin nie!
Veral as daar onkundige mense wat nog nooit eers gejag het, die goed bepaal nie...

Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
-
Jaco Alberts
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm
Re: Jagreels
Ja nee Ludwig dit maak glad nie sin nie, dankie vir die inligting.
groete
Jaco
groete
Jaco
-
Biltongjagter
Re: Jagreels
Die mees belaglike deel van hierdie wet - sou dit ooit eendag van krag word - sal wees die toepassing daarvan.
Sou ek nou een van die volgende wou gaan jag
tweedens as die wetmakers nie die vaagste idee het wat hulle kwytraak nie, hoeveel te meer gaan die wetstoepassers nie weet met watse grein koe?l is ek besig om te jag nie?
'n Gekkeparadys as jy my vra van die eerste waters.
Sover dit my aangaan, kan hulle gaan doppies blaas daar doer anderkant die warm plek in die witgras
Groete,
Koos.

met my .222 en 'n 40gr GSCHV, wie van die amptenary daar waar die jag gaan plaasvind, gaan eerstens kontroleer dat ek wel 100gr koe?ls gaan gebruik en3. Impala, warthog, blesbuck, common reedbuck and nyala ewes = 100gr
tweedens as die wetmakers nie die vaagste idee het wat hulle kwytraak nie, hoeveel te meer gaan die wetstoepassers nie weet met watse grein koe?l is ek besig om te jag nie?
'n Gekkeparadys as jy my vra van die eerste waters.
Sover dit my aangaan, kan hulle gaan doppies blaas daar doer anderkant die warm plek in die witgras
Groete,
Koos.
-
ablm468
Re: Jagreels
Die misskote en kwesskote ding bly vir my maar nog 'n kopseer. Ek het al bokke betaal waar daar geen bewys was dat die koel hulle getref het nie, dit was in oop veld sonder bome of bosse, geen bloed is gevind nie. Ons het die trop vir twee ure lank deur die verkykers dop gehou en kon geen dier sien wat kruppel loop of deur die trop afgeskei word of enige tekens van 'n besering toon nie die boer het egter aangedring op betaling. Dit was op die Vrystaatse vlaktes nie in die bosvled nie, mens kan dus duidelik sien wanneer 'n bok raakgeskiet was.
Ek voel op misskote moet daar 'n fooi gehef word van R300 en op kwesbokke as daar bloed gekry word moet daar vol betaal word.
Soos 'n vorige spreke reeds genoem het dat niemand gaan jagveld toe met die uitsluitlik doel om mis te skiet of bokke te kwes nie, misskote moet die jagter die voordeel van die twyfel kry en kwesbokke die boer.
Minimum kalibers is altyd 'n tamaletjie want elke ou se donkiekar is 'n porsche, ek reken dit hang af van die wild wat gejag word, ek het al baie blesbokke en rooibokke met my .223 geskiet en sal graag wil dat my seun sy eerste bok ook met die .223 skiet. Sal nou nie 'n BWb of Kudu aandurf met 223 nie.
Kwesbokke en misskote is 'n realiteit en daar is 'n 50/50 kans vir beide, daarom moet die jagreels dit duidelik uitspel sodat dit nie verrassing vir enigiemand inhou nie. Die jagter kan die besluit maak of hy daarvan hou of nie.
Goeie kommunikasie help altyd om 'n moeilike situase op te los.
Hansman

Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: Jagreels
Hallo manne,
Ek weet hierdie is nou heel van julle onderwerp af, maar dit gaan ook oor n jag reel.. Ek het al gehoor dat mens geen dier mag skiet in n sekere radius van die water af nie, indien dit waar is, wat van die manne wat uit n hide uit skiet met die boog by die watergat? Ek het maar net hieroor gewonder as iemand my kan antw sal ek waardeur!
Groetnis
Herman

Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Jagreels
Herra,
Dis n snaakse ding daai. Dis net oneties om naby water met n geweer te skiet, maar nie oneties om by water met n boog te skiet nie.
Mense wat dit bepaal het beweer net oor die geweer se range, hoef jy nie by water te sit nie, en die dier MOET drink.
Die dier MOET inelkgeval drink, al skiet jy hom met n boog, dis hoekom dit vir my snaaks bly.
Groete
Peet
Dis n snaakse ding daai. Dis net oneties om naby water met n geweer te skiet, maar nie oneties om by water met n boog te skiet nie.
Mense wat dit bepaal het beweer net oor die geweer se range, hoef jy nie by water te sit nie, en die dier MOET drink.
Die dier MOET inelkgeval drink, al skiet jy hom met n boog, dis hoekom dit vir my snaaks bly.
Groete
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
-
ablm468
Re: Jagreels
Herman
Toe ek begin boogjag het 6 jaar gelede het ek dieselfde argument geopper tydens 'n gesprek sessie wat ek gehad het met die eienaar van die boogwinkel, sy redenasie is dat in die natuur word bokke in elke geval duer leeus of ander "predators"by wategate gevang, dit is hoekom bokke altyd gespanne is wanneer hulle 'n watergat nader.
Dit was sy storie, ek weet egter nie of ek dit glo nie, ek dink dit gaan meer oor die feit dat dit vrek moeilik is om te walk en stalk met 'n boog. As dit van w&s afgehang het het daar maar min bokke huis toe gekom, dit is dus gemakliker om in 'n hide te wag vir die bok.
Ek weet in Europa jag die duitsers ook uit hides(Hochsitz) uit met gewere, dit blyk nie werklik 'n praktyk te wees wat in Sa toeval vind nie, ek kan egter nie daarmee iets fout sien om uit 'n hide te jag nie.

Zack Benade
Re: Jagreels
Hallo
Ek dink nie dis oneties om te boogjag by water nie. Dis aanvaarbaar as etiese jag deur die wereld en ook in Suid Afrika. Etiese reels is ongeskrewe reels wat aanvaarbaar is vir die jagter EN sy mede jagters. Iets wat jy nie in die geheim of donker moet doen nie.
Vat bv. n rooibok wat op 20m vanaf die hide staan. Jy skiet 'n boog wat 'n pyl teen ongeveer 270ft /sec skiet. Al skiet die boog amper 90m per sek kry jy dit dat 'n bok sou snaar spring. Wat gebeur is dat die bok al begin beweeg in 'n afwaardse bewing om die aankomende pyl te brobeer vermy. Dis waarom jy hom hoog sal skiet want hy is besig om te wil spring.
Dis waarom die dier ontsapnne moet wees voor jy hom skiet. Feit: Die twang (klank)van die snar van die boog is amper 2x so vinnig by die dier as die pyl. Met voorbereiding vir 'n boogjag word daar baie meer gedoen as by 'n geweerjag. Jou voorbereiding te opsigte van net jou klere en reik is heel anders. Om nie eers van 'n drank asem te praat nie. Hier het ek baie gereel.
'n Dier se ore sny nie soos 'n mens sin af as jy water drink nie. By watergate is AL die diere die meeste gespanne en op die uitkyk vir ander diere wat hulle wil vang en eet. Dis wat boogjag moeilik maak. Diere word ook hier gekwes.
Jagorganisasie aanvaar dat boogjag by water eties en aanvaarbaar is. Dis waarom boogjag 'n onderafdeling van Jagters Verenigings is. My vraag hier is hoekom ook nie Langrange Hunting nie?
Ek is 'n Geweer en Boogjagter en het respek vir mense wat nie van boogjag by water hou nie. Dis hulle reg om so te voel. Probeer net in 'n hide sit sonder 'n wapen en sien hoe moeilik is dit om ongesiens daar te sit. Hier kom jy agter dat diere GOED deur on God geskape is.
Ek stel voor dat boogjagters hulle eerste paar bokke uit die hide op 20 m moet skiet voor hulle begin met die voet jag. Jy leer dat diere super skerp ingestel is op oorlewing en dat jy die diere moet geniet. Jy sien die borsluise op die diere, jy hoor hulle asemhaal. Jy is mou deel van hulle en die omgewing. Die jagter en die dier of prooi is nou vir die eerste keer op gelyke voet. Dis waar die Goue jag reel inkom van" Gee jou proii 'n billike kans"
Dankie vir almal se sienings.
Groete
Zack

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2153
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagreels
Dags?
Zack
Ek wil nie baklei nie, maar ek sit baie by water om foto's te neem en meestal nie in die tipe hides wat by boogjagplekke gevind word nie (hulle verberg jou heeltemal) en dis vrek maklik om diere te flous as die wind reg is. Van gelyke voet is daar nie sprake nie.

- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Jagreels
DAGSE,
Ek het al langs so n watergat onder digte bosse gesit (nie n hide nie) met n video kamera en glo my die groot geheim is om doodstil te sit en as jy moet roer, doen dit baie stadig. Die fisante het onder my stoel deurgeloop en tarentale wat gewoonlik baie wakker is het so 5 meter voor my verby geloop. n Duiker ooi het kom water drink reg voor my seker 10 meter en as sy haar kop oplig het dit gevoel of sy reg deur my kyk. Ek was te bang om asem te haal maar die belangrikste van alles is dat die wind aan my kant was. Is nie n voel kenner nie maar so klein blou voeltjie so groot soos n suisie het langs my kop seker n liniaal lengte kom sit. Dit is sulke tye wat jy regtig stil raak en een word met die natuur en dit kan net eenvoudig nie uitgedruk word in woorde nie. Dit gaan nie altyd oor die jag nie..... net om daar te wees . Ek het ook n boog en as ek hom daai dag by my gehad het sou ek nie geskiet het nie. Sulke dinge maak van n mens n jagter, OF hoe??? Sorry, so biekie afgedwaal!!!!
GROETNIS
GERT

.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
Zack Benade
Re: Jagreels
Koos
Dankie vir jou brief. Om me te begin Dankie vir jou onmisbare bydra to jag in die algemeen. Jy is deel van 'n generasie wat aan die uitsterf is en onder die bedreigde spesie moet val.
Ek stem saam met jou. Boogjag het my oe laat oopgaan. Ek het baie geleer en het meer respek vir diere gekry en op die ou end is ek nou ook soos Gert. As 'n dier vol engergie en selfagting in sy eie glorie voor my staan geniet ek dit baie en het al vele kere besluit om die volgende diere te skiet. Ek het begin "soft" raak.
'n Jagter se eerste verpligting is om die natuur te geniet en dan kom die jag.
Ek is 'n voorstaander van jag te voet. Nuwe skuts en veral juniors het nie die ondervinding om naby diere te kom en "stil en ongesiens " in die veld te wees. Hy moet deel wees en nie uitstaan nie. Dis waarom ek altyd se" Geniet jou sport, Hetsy geweer of boogjag, maar doen volgende keer iets beter" Kry kennis en leer by ou jagters om 'n beter mens en jagter te word. Alles vat tyd.
My wens is dat elke jagter 'n kamera moet aanskaf en meer foto's te neem van die natuur en alles daarin. ( Nie net die braai foto's nie)
Dankie vir almal se terugvoer.

Ludwig, Zack en ander
Ek stem saam met julle dat etiek 'n baie persoonlike kwessie en ek wil nie met enige jagters baklei nie. Ek het my miskien 'n bietjie kras uitgedruk oor die langafstandjagters. Skuus manne. Ek persoonlik voel maar net nie dis reg om op sulke geweldige langafstande soos 1km na diere te skiet nie - gaan nou nie weer alles herhaal wat verkeerd kan loop met so 'n skoot nie. Ek wil glad nie met die boogjagtes wat by water skiet baklei nie, my persoonlike mening is maar net: As ek myself wil beperk met 'n boog sal ek ook die uitdaging aanvaar om te voet te jag, dan voel ek jy kan werklik spog oor enige bok wat jy geskiet het. Terloops, ek besit 'n boog en skiet tog te lekker daarmee teiken. Die goed is baie akkuraat. My siening oor water skiet is verder dat dit is soos om wild te oes met 'n geweer; nie iets waarmee jy behoort te spog nie want dis nie 'n kuns nie. Ek vra om verskoning aan almal op wie se tone ek nou trap. Onthou my stelling is nie reg of verkeerd nie, net maar my eie siening. En ek erken reguit, ek is maar 'n pyn in die gat as dit by jag kom. Ek hou nie van staanvure en 'n lawaai in die veld nie, jag nie met groepe saam nie, ens. ens
Ek besef dat ek dalk 'n "outsider" is wat by baie jaggroepe nie sal inpas nie, maar sou tog soos Zack genoem het wou h? dat meer mense die ander dinge in die jagveld raaksien as bloot kalibers, horinglengtes en Da k@ kyyyy! gille as die bok val.

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Jagreels
Manne
Net die volgende vraag ek kom by die boer betaal konant/transfer die geld ek is happy hy is happy nou wil ek die bok van die bakkie af skiet dit is mos nou myne wat nou

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jagreels
Dagse,
Ek het blykbaar bietjie laat aangessluit, aangesien die onderwerp nou al heelwat "gevorder" het.
Wil net ook graag my bydrae maak tot die oorspronklike vrae. Ek het die gespreke hierbo gevolg en wil nie te veel dupliseer nie. Hier is eers bietjie agtergrond.
Ek is grootliks 'n biltong jagter, alhoewel ek bevooreg genoeg is om al 'n trofee of twee te kon ontmoet op my pad. Ek is die tiepies jagter wat saam met sy vier of vyf jare lange vriende op die plaas gaan opdaag om bokke te jag{te voet verkieslik} maar ook 'n bietjie van die gejaag te kom afpak. Ek stap al lank genoeg in die veld om te weet dat 'n ware monster bul nie elke dag voor my gaan inloop nie en as ek dalk bevooreg genoeg is om hom te ontmoet gaan ek nie te lank dink oor die prys nie. So as ek of enigeen wat ek ken wat jag op die plaas opdaag sou ons graag die volgende wou h?.
1. Daar moet 'n manier wees om "cowboys"bietjie te tem. Ons groep het ook een van hulle, glo my maar hy's nie bang om lood in die lug te hou nie. R100 'n miskoot is billik en mens kan die prys aanpas as die man regtig 'n ware "cowboy" is. As jy gaan % vra van koop prys weet maar dat almal foute maak en ek gaan my kudu bulle se begrooting op iemand anders se grond bel?. Die eienaar sal bepaal of die heffing van toepasing gaan wees of nie as ons die rekening betaal, en hy voel dat ons menslik was of onverantwoordelik. As jy kwes betaal jy volprys en klaar, maak nie saak of dit net 'n vleiswond hoog in die nek is!
2. Soos reeds ges? is, as jy BTW gaan bysit, s? so voor ons veld toe gaan. Ek wil verseker 'n faktuur h? as BTW ingesluit gaan word en 14% afslag op kontant klink baie aantreklik. Sluit asseblief alle kostes in op die pryslys, ek wil nie staan sommetjies maak as die bokke bly staan nie.
3. Ons sal waardeer as vuurmaak hout ingesluit is by die dagfooi, as ons mors is jy welkom om ons ekstra te vra vir nog hout. Ek sou net graag 'n mooi kuier vuur wil behou vir so vier ure, sonder om die plaas te probeer afbrand. Soos hier bo genoem is 'n kuier vuur is veronderstel om ons nader te trek en nie uit te stoot nie.
4. Die eienaar behoort vinnig te kan bepaal of die groep nuwelinge in het en wie die ouer garde is wat darm self sal kan horings skat. As daar onsekerheid is moet die eienaar maar prontuit vra as hy nie glipse op sy grond wil h? nie. Die een wat die sneller trek bly verantwoordelik, nuwelinge moet maar verkieslik vergesel word deur iemand wat weet.
5. Die einaar of PH is welkom om saam te kuier. Hy of sy sal mos vinnig agter kom as on nie click nie. Soos ook gese was los ons dan maar die kuier vir later en jag lekker.
6. Betaal voor jy die plaas verlaat. Met internet, tjek of kontant, wat ook al die partye almal gelukkig maak. Maak tog seker die aspek word voledig bespreek voor ons begin lood gooi. Wil nie later suur verhoudings h? nie.
Dis my 2c, voel ook gidse behoort net te observeer en dat alle ekstra kostes soos koelkamers, slag, voertuie, gidse, ens liefs by die dagfooi ingereken moet word. Dit veroorsaak net nog kwel punte as dit kom by betaal.
Die jagter en die eienaar het alby groot verantwoordelikheid om met mekaar eerlik en opreg te wees.
Groete,
Marc

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: Jagreels
Manne,
Hou aan met die gesprek dit raak al hoe meer interesant.
Hier is baie manne waarmee ek saam stem maar n hele paar wat sal maak dat ek my roere se lope sal laat toe roes.
Marc ek sien jy het sommer namens my ook gepraat.
Groete
Hou aan met die gesprek dit raak al hoe meer interesant.
Hier is baie manne waarmee ek saam stem maar n hele paar wat sal maak dat ek my roere se lope sal laat toe roes.
Marc ek sien jy het sommer namens my ook gepraat.
Groete
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Jagreels
Op n meer ligter trant. Eenmaal op n plaas gejag waar soos gewoonlik met aankoms die jagreels eers uitgespel word. Die een reel natuurlik geen jag (skiet) van die bakkie af nie en soos gewoonlik het ek nie n probleem daarmee nie. So om en by die derde dag ry ons toe veld toe die middag, lekker dik geeet en nog so half deur die slaap van die siesta en toe ons so om die voet van die berg kom , slaan die gids amper n gat in die bakkie se dak en die oom stop. Daar staan toe teen die pad n masiewe koedoe bul vir ons en kyk. Se toe vir die gids ons moet hier afklim en die spoor vat. Volgende oomblik klim die oom uit daai isuzu uit en trap my uit van n kant af omdat ek nou nie geskiet het nie. Ek bly toe nou maar heel kalm en se toe maar dat dit mos nou die reels van die plaas is en dat ek in elk geval nie daarvan hou om van die bakkie af te jag nie, waarop di oom toe antwoord: " MAN, N KOEDOE IS N DONNERSE WILDE DING EN AS JY HOM SIEN SKIET JY HOM, MAAK NIE SAAK WAAR, HOE EN WANNEER NIE'"
Nou ja, ek stem nie saam met daai een nie!!!
GROETNIS
GERT
Nou ja, ek stem nie saam met daai een nie!!!
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Jagreels
Gert, ek het nou half lekker gelag vir daai 1.
Ek sal nie eers geweet het wat hom terug te antwoord in daai geval nie.
Ek sal nie eers geweet het wat hom terug te antwoord in daai geval nie.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jagreels
Gert
Ek het sommer trane in my o? van lekker lag, ek sien al "daardie" Oom voor my. Ek het ook al 'n paar sulke Oomies op my pad ontmoet, spesiaal daar in die vaaler sanderiger deel van ons land. Hulle is voorwaar mense van hulle eie kultuur en karakter, op daai oomblik wil jy terug vloek, maar as jy by die huis kom en terug dink aan daai oomblikke is dit "classic".
Sal dit nooit vergeet...maar net nog 'n voorbeeld hoe bevooreg ons is om te mag jag. Dit gaan nie net alles oor die bok dood nie.
Ek het sommer trane in my o? van lekker lag, ek sien al "daardie" Oom voor my. Ek het ook al 'n paar sulke Oomies op my pad ontmoet, spesiaal daar in die vaaler sanderiger deel van ons land. Hulle is voorwaar mense van hulle eie kultuur en karakter, op daai oomblik wil jy terug vloek, maar as jy by die huis kom en terug dink aan daai oomblikke is dit "classic".
Sal dit nooit vergeet...maar net nog 'n voorbeeld hoe bevooreg ons is om te mag jag. Dit gaan nie net alles oor die bok dood nie.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Jagreels
Dagse,
Ja, ek geniet nogal die meeste mense by wie ek jag, alhoewel daar is uitsonderings en n mens moet maar partykeer vas staan in jou beginsels.
Ander een waaraan ek nou dink. Ons het op die plaas aangekom en nadat ons ontmoet het en al die nodige rituele en seremonies afgehandel was, het ons begin gesels.
Nou ja dit is vir my nie altyd maklik om n geselsie te begin nie, toe val my een pel maar voor in en vra toe vir die oom of daar darem nog aasvoels opdie plaas voorkom, waarop die oom toe heel droog en ernstig antwoord: "AG NEE WAT BOET ONS SKIET NOU NIE MEER DIE AASVOELS DOOD NIE...... Nou ja, dit was op die punt van my tong om hom te vra of hulle dan voorheen die aasvoels geskiet(jag) het maar ek was te dik van die lag... Wys jou nou net wat party mense van ander mense(jagters) dink
SKUUS, maar dit gaan ook mos oor jagreels en etiek
GROETNIS
GERT
Ja, ek geniet nogal die meeste mense by wie ek jag, alhoewel daar is uitsonderings en n mens moet maar partykeer vas staan in jou beginsels.
Ander een waaraan ek nou dink. Ons het op die plaas aangekom en nadat ons ontmoet het en al die nodige rituele en seremonies afgehandel was, het ons begin gesels.
Nou ja dit is vir my nie altyd maklik om n geselsie te begin nie, toe val my een pel maar voor in en vra toe vir die oom of daar darem nog aasvoels opdie plaas voorkom, waarop die oom toe heel droog en ernstig antwoord: "AG NEE WAT BOET ONS SKIET NOU NIE MEER DIE AASVOELS DOOD NIE...... Nou ja, dit was op die punt van my tong om hom te vra of hulle dan voorheen die aasvoels geskiet(jag) het maar ek was te dik van die lag... Wys jou nou net wat party mense van ander mense(jagters) dink
SKUUS, maar dit gaan ook mos oor jagreels en etiek
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: Jagreels
hallo span
Ek hou nie van die miskiet betaal ding nie. Dis baie soos die kinders se, is , is nie, is , is nie. Gaan soek jy nou die misskoot of of los jy die misskoot(wat n kwesskoot kon wees)
Was so 6 jaar terug op n plaas in Stockpoort. Ph wys my n mooi waterbok bokbul en ek skiet net agter die voorpoot op die ribbes deur. Bok skrik en loop draf verder dieper in bos in, ek wil spoor vat maar slim ph se dis mis. Heel dag verder niks.
Volgende dag weer saam ph skiet rooibok... kop, skiet vlakkie....kop skiet jakals...nek. Ph se ons moet terug gaan na waterbok pleken so wrinty daar le hy ...oe uitgevreet, lippe afgevreet, ore afgevreet. Nodeloos om te se daar was woorde maar nie geld nie. vir die ander bokke ja... maar nie vir die waterbok nie.
Ek wil graag finale prys sien
Gee genoeg hout vir braai en gesellig kuier sonder om vark van jouself te maak.
As n persoon die volgende jaar weer glips op n jong koedoebul.. en hy se hy dog dis n koei , mmoet hy maar hoes.
Ek was een maal in so groot groep. Die een ou se toe ons moet hom almal betaal dan sal hy eft doen . Stupid wat ons was betaal ons toe die vent(jakkals). Nodeloos om te se hy het nooit die finale betaling gedoen nie.
trofee is soos roland ward. Die manne hou mos van op die edge leef. is dit nou een of nie, sal ek of sal ek nie
fooitjies het ek gesien , n oom waar ek jag in warmbad. vat al die fooitjies en betaal dit oor kerfees as n groot kersbonus uit.
was op plase waar jy eers kamer toe gaan en jou geweer in kluis sit voor jy iets anders doen, gidse so geleer.
Perogatief van plaaseienaar of ph om te besluit of jy gaan skiet die oggend as jy hard gevat het vorige aand. As jy nog lekker vet babbie het, is jy gevaar vir jouself, en gidse, en gaste rondom jou.
Sis lekker om saam eienaar te kuier, maar onthou, van sy kant af, hy kan nie 365 dae van jaar net kuier nie , so as hy nie daar is nie , hulle het ook privaatheid.
Dink dit is ook net goeie verhoudin as boer nou en da net oe wys en verneem van probleeme of nie, breekasies kom op rekening.
Daar is nog n miljoen dinge

moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Hallo Johan
Ek dink jou kop is op die regte plek!
Jy vat die meeste goed mooi raak.
Net n senario. n Jagter kom in skiet op 5 diere en almal mis. Dis die een verskoning op die ander. Hoe hanteer mens dit? Deur n misskoot fooi daar te sit keer mens darem die tipe optrede tot n grotere mate. n Plaaseienaar/PH kan altyd die fooi oorsien by n persoon wat sy kant gebring het en n fout op n enkele dier begaan het maar kan nooit dit bysit as dit nie van dag een gevra is nie.
Ek skiet op baie plase waar die reel wel van toepassing is en het nog nooit daarvoor betaal nie, al het ek ook n glipsie gehad, alhoewel persone in ons groep al wel moes opdok want hy het droog gemaak. Die probleem kom wel in dat diere gekwes word( jou voorbeeld is een van vele) en indien daar nie misskoot fooi is nie verloor die boer net. Ek dink as plaaseienaar sowel as jagter dat dit wel n regverdige sisteem is.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
Re: Jagreels
Oom Wouter
Ek stem vir die misskootfooi,dan weet die boer dat daar nie onnodig rond en bont en mal geskiet sal word nie. Ek self is ook al oorgesien oor so n glipsie en ander moes betaal. Nodeloos om te se dat die spesifieke ou nie meer saam met my jag nie want as ek die boer vra vir jagplek is sy eerste vraag;kom daai ander boks saam?
PAC

9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223
Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
PAC
Net Wouter asb! Jong so gepraat oor jagmaats. Hel dit is moeilik om n persoon te kry wat dieselfde oor jag en al die dingetjies daarom voel. Ek het great pelle wat geleentheidsjagters is en n mens probeer hulle akkomodeer op n mens se jagtrips maar die vet weet alleen hulle kan my irriteer op n jagtrip! Daar wil nie geloop word nie, net van die bakkie geskiet word. Die manne voel as hulle met n blou pakkie PMP daar aangekom is alles dood dollies. Solank daar lood in die lug is, is daar n kans! Die teendeel is weer die manne wat dieselfde oor jag voel is baie keer mooiweersvriende. Die aand om die kampvuur smaak die Johnny net nie dieselfde in hulle teenwoordigheid nie! Seker maar hoekom n mens so baie hier op die Forum rondhang! Darem regtig lekker om met jou dam se eende te kan gesels!
Groetnis
Wouter
Net Wouter asb! Jong so gepraat oor jagmaats. Hel dit is moeilik om n persoon te kry wat dieselfde oor jag en al die dingetjies daarom voel. Ek het great pelle wat geleentheidsjagters is en n mens probeer hulle akkomodeer op n mens se jagtrips maar die vet weet alleen hulle kan my irriteer op n jagtrip! Daar wil nie geloop word nie, net van die bakkie geskiet word. Die manne voel as hulle met n blou pakkie PMP daar aangekom is alles dood dollies. Solank daar lood in die lug is, is daar n kans! Die teendeel is weer die manne wat dieselfde oor jag voel is baie keer mooiweersvriende. Die aand om die kampvuur smaak die Johnny net nie dieselfde in hulle teenwoordigheid nie! Seker maar hoekom n mens so baie hier op die Forum rondhang! Darem regtig lekker om met jou dam se eende te kan gesels!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Problem Animal Control
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm
Re: Jagreels
Wouter
Is dit nou beter? My probleem is dat die pelle wil suip op n jagtrip en in my boekke is dit n GROOT NEE! Nou is ek onpopuler maar who gives????????? Ek is nie op aarde om n 'popularity contest' te wen nie. Daar is enkeles wat ek sal saam nooi anders is dit net ek en die gesin wat gaan jag. O ja,moenie my verkeerd verstaan nie,ek het niks teen n ou wat drink nie,net teen die wat die bottel se prop plat trap dan spring my moermeter in die rooi en ek pak my goed en ry,dis ook hoekom ek selde vir n eerste jagtrip saam met iemand ry.