Keel afsny en Trofees

Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Keel afsny en Trofees

Post by DWB »

Hallo Manne,

Ek wou hierdie vraag al lankal vra, en het dit maar gelos en toe moes dit my nou in die dinges byt voor ek vra.

Hoe gemaak as jy 'n bok of iets skiet wat jy graag sal wil laat monteer en jy kan nie die keel afsny nie?

Is daar ander metodes vir hierdie spesifieke gevalle?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Cobus(Cobb) »

Ek dink Pitsmit(verskoning as ek dit verkeerd het Pitsmit) het eendag gepost dat jy die are op die rug, naby die boude ook kan sny...of was dit nou in die lieste?, ek kannie onthou nie...maar niemand het daaroor uitgebry nie...ek sal ook baie graag wil weet.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Gerhard »

Trofee word net so gelos.

Van die jag veld en na die fotos gaan die karkas reguit slag plek toe waar die trofee ge slag en ge cape word.

Dan kan jy hom reguit in die sout kas sit met baie growe sout.

Of jy kan n op gelosde sout water en detol mengsel maak en die cape daar in sit vir n uur of 2 en dan sout kas toe.

Baie sout beteken as jy klaar is met die sout kan jy nie die vel sien nie jy sien net die sout...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by jl1904 »

Dag se manne,

Ek het al 'n Swart wildebees geskiet wat ek die mes saam met die haarlyn in die nek gedruk het om die slag are af te sny en hom te laat uitbloei. Nadat hy opgestop is kan jy dit nie sien nie.

Ek het ook al gehoor van die are in die lieste afsny maar het dit nog nie probeer nie.

Met my ander trofee het ek hulle maar onmiddelik slag kamer toe gevat soos Gerhard se.

Groete
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Dirkie »

Hallo manne,

die are sit teen die rugbiltong,so as jy die bok se pens uitgehaal het dan sal jy sien agter teen sy rugstring is daar n aar wat jy kan syukkend sny. Hy bloei baie lekker. Ek sny nooit n ding se keel af nie net daai aar agter by sy rugbiltong.

Groete Dirkie
Ou honde loop laat...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Cobus(Cobb) »

Dirkie, kan 'n ou dit in die veld doen of is dit iets wat jy eers kan sny na die pens uit is??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by tripodmvr »

1.) Kopskoot - teiken vir vleisjagter en dan kan keel gesny word. Hart pomp nog en bloed vloei uit nekare.
2.) Bladskoot - teiken vir trofeerjagter en dan is daar enorme inwendige bloeding - die soek van are ens is gewoonlik nie nodig nie. Hart het ophou klop en gravitasie help met die res van die bloed wat nog vloei.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2153
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Koos Barnard »

Dags?
Sluit by Tripod aan, as jy bladskote skiet is dit nie nodig om die dier te bloei nie, hy't basies klaar gebloei. Ek haal dadelik die pens uit as vervoer nie onmiddellik beskikbaar is nie en sny ook die aar net onder die rugstring. As jy die nek MOET sny, maak 'n klein snit onder die oor maar lengtegewys met die nek, nooit dwars nie, 'n taksidermis kan so 'n sny kamoefleer.
Mooi loop
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by molopohunter »

Het hom ook so, trofee dier, blad skoot, hoef jy nie te bloei nie.
Klient sal my ook m#$r as ek dit moet doen, want baie vat half cape en back rug(mat).

Groete,
Peet
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by tripodmvr »

molopohunter wrote: Het hom ook so, trofee dier, blad skoot, hoef jy nie te bloei nie.
Klient sal my ook m#$r as ek dit moet doen, want baie vat half cape en back rug(mat).

Groete,
Peet
Dankie, jy stel dit met die regte aksente.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Marc »

Koos Barnard wrote: Dags?
Sluit by Tripod aan, as jy bladskote skiet is dit nie nodig om die dier te bloei nie, hy't basies klaar gebloei. Ek haal dadelik die pens uit as vervoer nie onmiddellik beskikbaar is nie en sny ook die aar net onder die rugstring. As jy die nek MOET sny, maak 'n klein snit onder die oor maar lengtegewys met die nek, nooit dwars nie, 'n taksidermis kan so 'n sny kamoefleer.
Mooi loop
Naands?

Sluit by Tripod en Koos aan, bloei genoeg met 'n mooi soliede blad skoot. As jy regtig die vleis wil bewaar moet mens aanleer om die pens in die veld al uit alle bokke te haal, maak 'n groot verskil an die smaak. Dink die oes manne kan hier inval.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Dirkie »

Middag cobb,
nee jy kan dit doen net as die pens uit is.

Groete Dirkie
Ou honde loop laat...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Cobus(Cobb) »

ha manne,raai wat doen ek volgende keer as die bok val?ha ha.... .Peet,lyk my dit sal daar by jou wees....jy sal my maar moet wys hoe mens pens uithaal...

cheers.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by molopohunter »

Cobb wrote: ha manne,raai wat doen ek volgende keer as die bok val?ha ha.... .Peet,lyk my dit sal daar by jou wees....jy sal my maar moet wys hoe mens pens uithaal...

cheers.
Hys reg so, maar as jy skiet stop ek langs jou om daai ding in die slag kamer te kry. Dan hoef jy nie pens uit te haal nie.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by Cobus(Cobb) »

molopohunter wrote:
Cobb wrote: ha manne,raai wat doen ek volgende keer as die bok val?ha ha.... .Peet,lyk my dit sal daar by jou wees....jy sal my maar moet wys hoe mens pens uithaal...

cheers.
Hys reg so, maar as jy skiet stop ek langs jou om daai ding in die slag kamer te kry. Dan hoef jy nie pens uit te haal nie.
Peet, jy sien, dis nou sommer goeie diens....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Keel afsny en Trofees

Post by molopohunter »

Cobb wrote:
molopohunter wrote:
Cobb wrote: ha manne,raai wat doen ek volgende keer as die bok val?ha ha.... .Peet,lyk my dit sal daar by jou wees....jy sal my maar moet wys hoe mens pens uithaal...

cheers.
Hys reg so, maar as jy skiet stop ek langs jou om daai ding in die slag kamer te kry. Dan hoef jy nie pens uit te haal nie.
Peet, jy sien, dis nou sommer goeie diens....

Cheers
Hehe, en n moet. Ek het n vermoede april gaan deur die dag nogal warm wees. Was die naweek gou daar en wou vrek van die hitte.