Julle sien van dat ek saam met julle op die sleepwa geklim het en by hierdie forum aangesluit het, het ek 'n redelike klompie wyshede van die ou hande raak gelees wat veroorsaak het dat my probleem-dier- jag-visie aansienlik verbeter het en ek nou ook begin verstaan van hoe wat waar en hoekom
Maar ek kry ook die idee dat my nuwe kennis groep neig in die lyn van jou meer ernstige tipe visserman wat vir die dood vas klou aan sy beste aas resep...
Nou vir die van julle wat dit nog nie raak gelees het nie, ek is nuut in die "game" en ek nodig julle raad en leiding om nie onnosele voute te loop staan en maak wat ek later oor spyt gaan wees nie. Kan julle my asb. raad gee oor die volgende?
1. Het ek 'n jagraam op my voertuig nodig of kan ek maar net 'n skiet stoel op my bakkie monteer? Met ander woorde as jag raam op bakkie nodig is, hoekom is hy nodig en wat is die voordele en nadele.
2. Daai skiet stoel wat hier oor gepraat word se prys is bietjie styf vir my sak
Taffie, Kopskoot, Izaks, Mesemolas, Hein enige iemand... ek kyk angstig uit na julle komentaar en hulp. Dit sal opreg waardeer word. Asseblief manne kom ons breek nou die eis oordentlik en gooi hierdie sakie oop en kry duidelikheid op die tafel. Ek glo ander lede sal ook genoeg baad vind by wat hier bespreek word...
By voorbaat dank, die eerbare dienswillige - Terminar.















