VOERTUIG "RIG"

Post Reply
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Goeie dag manne & maninne!

Julle sien van dat ek saam met julle op die sleepwa geklim het en by hierdie forum aangesluit het, het ek 'n redelike klompie wyshede van die ou hande raak gelees wat veroorsaak het dat my probleem-dier- jag-visie aansienlik verbeter het en ek nou ook begin verstaan van hoe wat waar en hoekom  8).

Maar ek kry ook die idee dat my nuwe kennis groep neig in die lyn van jou meer ernstige tipe visserman wat vir die dood vas klou aan sy beste aas resep... ??? Help my reg as ek verkeerd is (ek buk solank vir die houe wat gaan val omdat ek hierdie stelling kwyt raak). Die laaste ding wat ons soek is 'n on verantwoordelike "want to be" probleem dier jagter wat roekeloos kop eerste in die "game" in storm en all wat hy in die proses vermag met sy sogenaamde eie kennis is om die jakkalase en katte net slimmer en meer skugter te maak vir "predator calling" - met ander woorde al wat hy reg kry is om gewone onkundige proombleem diere so op te lei dat hulle op die ou einde weg stap met meesters en doktors grade en later vrek van ouderdom en honger omdat al hulle tande uitgeval het.

Nou vir die van julle wat dit nog nie raak gelees het nie, ek is nuut in die "game" en ek nodig julle raad en leiding om nie onnosele voute te loop staan en maak wat ek later oor spyt gaan wees nie. Kan julle my asb. raad gee oor die volgende?

1. Het ek 'n jagraam op my voertuig nodig of kan ek maar net 'n skiet stoel op my bakkie monteer? Met ander woorde as jag raam op bakkie nodig is, hoekom is hy nodig en wat is die voordele en nadele.

2. Daai skiet stoel wat hier oor gepraat word se prys is bietjie styf vir my sak :-[ So ek beplan om my eie te bou. Kan julle my help met planne en voorstelle asb.?


Taffie, Kopskoot, Izaks, Mesemolas, Hein enige iemand... ek kyk angstig uit na julle komentaar en hulp. Dit sal opreg waardeer word. Asseblief manne kom ons breek nou die eis oordentlik en gooi hierdie sakie oop en kry duidelikheid op die tafel. Ek glo ander lede sal ook genoeg baad vind by wat hier bespreek word...

By voorbaat dank, die eerbare dienswillige - Terminar.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by JACQUES BOTHA »

terminator:
Jy moet of stoel of raam he. 
as jy n stoel self bou moet jy net asb sorg dat hy STEADY IS..soos die van Allen...bv...NB NB NB
jy moet sorg dat hy nie raas as hy draai nie...en nie drade he wat om jou ronddraai nie...
Ek self gebruik n raam bo op my tralies.. dis vinnig en maklik en gebou skuus gebuig soos ek dit wil he..
die grootste voordeel van die stoel is die feit dat jy heeltyd 'op' die jakkals is.. soos jy draai  met jou ligte op die stoel is jou geweer permanent gerig waar jy lig...heeltyd op teiken.
Die raam daarteen soek jy in die rondte met die lig  en jou geweer in sy stand....voor jou, agter jou , langs jou, kies waar jy dit wil he...
so as jy van lig na skiet gaan is dit n proses geweer optel ander lig op geweer aansit ens...
en as jy die manne en maninne vra wat al stoele gebou het en raam opgesit het.....al die veranderinge en nuwe opsies kos hulle maar net soveel soos eenkeer n ordentlike stoel koop....
dis n belegging....in jouself joue eie arbeid jou eie geduld .......ens..
maar dis net een ou se mening....laat die ander manne maar van julle laat hoor...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Caller »

Terminator

My beskeie mening;

Ek s? altyd vir die nuwe manne, as jy 80% ongelyke terrein (bergagtige terrein) jag is 'n raam 'n goeie opsie, want 'n skietstoel wat skuins staan is maar ongemaklik. Andersins ( gelyke terrein/vlaktes) is 'n skietstoel 'n plesier.

Jy sal ook sien dat die meeste nagridders maar van 'n skietstoel gebruik maak. Hy is ook lekker vinnig wanneer 'n paar jong jakkies tegelyk op jou afstorm. Vra maar vir Hein hoe vinnig kan hulle inkom. Ek het al jonges gahad wat binne sekondes na die eerste geluid tot teenaan (5 meter) van die trok ingekom het, geskrik en dan weer laat spaander het.

Dan glo ek ook dat daar baie minder beweging en moontlike geraas is wanneer jy 'n skietstoel gebruik.

Vra maar vir die ou hande, gedult is een van die geheime van nagroep. Hein s? dit elke dag vir die ouens, maar hulle bly vra sy geheim. So daar het julle dit nou. Sorry Hein!!! ek kon nie die versoekking weerstaan nie. 'n Skietstoel soos myne is selfgebou (ek het hom ge?rf en toe verander om my geite en giere te pas) en het 'n materiaal kar sitplek (nogal 'n Toyota Corrola S'N) wat lekkerrrrrrrrrrrrr sit en in daai sub zero diep winter nagte is hy lekker warm, wat veroorsaak dat ek lekker geduldig vir jakkie kan sit en wag. 'n Yster planter sitplek sal nie vir my deug nie.

Nee myne sal maar altyd 'n skietstoel met 'n materiaal kar sitplek wees.

Ek stuur vir jou 'n paar foto's per email van my tuisgemaakte stoel sodat jy 'n idee kan kry.

Caller
 
   
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Dawie »

Terminator
Op Heinrich se Roep video daar 'n stuk oor die skietstoel waar hy wys oor die sleepringe ens.  Jy kan die skietarm van daai fancy stoel los koop vir so R2k.  Dis wat ek nou "aftermarket" op my stoel aangesit het het.  Wat ek ook aan my stoel het wat oulik is 'n handbriek wat ek kan werk terwyl ek op die stoel sit en "Friction" kan verander na behoefte soos wanneer ek rondlig maak ek hom heel los en as ek wil skiet trek ek hom effe op,  maak ou bietjie meet steady in wind waai of as die bakkie skeef staan.  As ek ry en niemand is in die stoel trek ek hom vas.

Kyk ook as jy 'n stoel self maak dat hy gebalanseer is,  daar is niks so sleg soos waneer die bakkie skeef staan en die ding beur na een kant toe nie of as jy ry op 'n ongelyk pad en hy neuk die kant toe en daaikant toe.

As jy die skietarm bestel meet die breedte van jou kolf voor waar hy vasknyp in die klamp,  hulle maak hom daarvolgens as jou geweer breed is voor soos myne.

Hoop jy kom r?g

Pasop net hierdie soort jag is verslawend

Cheers Dawie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Mesomelas, Caller, Dawie, baie dankie vir die terug voering dit is goeie punte wat julle uitlig. Caller, ek het jou foto's gekry ek moet se daai "seat" lyk gemaklik - goeie patent wat jy daar beet het.  :o Ek is soos 'n spons wat elke bietjie inligting opsuig wat julle die kant toe gooi, weereens dankie manne! Dit sal my regtig help met die ontwerp en beplanning van my rig. Sal vir julle fotos stuur sodra die joppie klaar is.  :)

Enige iemand anders wat iets wil by voeg, moet asb nie huiwer nie.  ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by jaracal »

Terminator.
'n belangrike aspek van die stoel is dat dit 'n rem moet he. As dit te los draai pla wind en enige beweging jou. 'n "Tapered bearing" wat vas draai werk goed. Die buiteste rand kraak net so nou en dan en dan moet jy 'n nuwe bearing insit. Anders moet jy die tipe van rem insit wat Allen op sy stoele het.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Hein, ek neem notas  8). Hat Saterdag my stoel/sitplek se raam gebou, hy sit lekker gemaklik. Werk nog aan die beplanning vir die roeterende basis eenheid met handbriek en krag toevoer waarop die stoel gemonteer gaan word... Ons vorder.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by JACQUES BOTHA »

sterkte terminator...
mens kan nooit aan alles dink nie  as ek kan raad gee ..moet nie die wiel probeer herontwerp nie...
kyk mooi na daai stoel van allen van pe en 'look and learn' beginsel help nogal..
groete en sterkte .. 
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Jy's 100% reg oom Mes, hoekom nou gaan loop staan en probeer verander aan 'n ding wat werk. Ervaring het my geleer jy keer in elke geval met 'n lang slap draai weer terug na die basiese oorspronklike konsep - so hoekom nou jouself so straf?  ;) Ek wil nie skool geld betaal wat julle alreeds gedoen het nie. Daarom glo ek jy maak jou bek oop en vra, hier is manne wat klaar skool geld betaal het, en baie belangrik luister en leer by die ou hande. ;D Ek probeer geen nuwe truuks m.b.t. die her ontwerp van 'n goeie konsep op 'n skiet stoel of wiel nie. Julle ken my rede hoekom ek die ding self bou en die ander minder/ meer belangrike rede is natuurlik dit is lekker om iets met jou eie hande aan te pak en aanmekaar te sit die opwinding word net al hoe meer en meer hoe nader jy aan die finale voltooide produk kom, en natuurlik die klimaks is wanneeer jy hom uit toets en hy werk... :o

So ek span al my inisiatiewe in wat baaaaaie fyn saam geweef is met die planne en oorsigte wat julle manne hier vir my gee om op die ou einde van die dag 'n meesterstuk agter op my bakkie te kan monteer wat werk. 'n Man probeer die ding so perfek as moontlik bou maar ons almal weet dat ons bly nie in 'n perfekte wereld nie so daar sal altyd 'n ding wees wat jy voel jy beter kon doen. Vir my gaan dit oor prakties en produktief, en ek kan julle waarborg hy sal stewig staan en so geluidloos soos 'n kalm poep walm in die rondte draai.  8) Die enigste geluid wat jakkalas gaan hoor is waaneer  daai blouboontjie hom op die blad tref.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Caller »

Terminator

Passop vir te veel verstelbare goed op jou stoel. Maak die stoel vir jou eie liggaams afmetings, want jy gaan hom self gebruik. Te veel verstelbare goeters maak dat hy later nie meer so stewig is nie. En dan is daar die ewigdurende "gadgets".

Hou alles so eenvoudig as moontlik sodat jy op jakkie kan kosentreer en nie sal skarrel met jou gadgets as hy inkom nie.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Dankie Caller, ek neem notas ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Hier is 'n paar kiekies van my skietstoel in wording.

Image

Image

Image

Image

Image
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Manne, my gedagte is om 'n voorste "rifle rest"(gedeelte waarop die voorste gedeelte van geweer kolf rus) asook die back rest(gedeelte waarop agterste gedeelte van geweer kolf rus) in te bou. Ek het julle kundige advies hier nodig. Moet ek die goed bou dat hulle verstelbaar is? Die rede hoekom ek hierdie vraag vra is hoofsaaklik omdat die dier wat jy na skiet nie op een spesifieke afstand bly staan nie, somtyds skiet jy ver ander kere weer heelwat nader. As jy naby skiet moet die geweer effe vorentoe kan tilt en anders om met ver skote. Hoe gemaak?

"Julle mag my maar uitrap as julle dink ek's op die verkeerde pad met die ontwerp van die stoel gedeelte, ek sit die foto's spesifiek om julle opinies te kry of ek op die regte pad is en of ek besig is om honde poefie aan te jaag..." Dis makliker om die foute nou reg te maak as wanneer ek daar in die jagveld is. ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Nou wat nou, wil niemand gedagtes en idees uit ruil nie? :'(
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by JACQUES BOTHA »

MM FREEK
EK IS MOSSIE NIE N MAN WAT UIT SO TOEL UIT SKIET NIE, OMDAT EK DIT NIE KAN BEKOSTIG NIE. MAAR DAAI TAFEL SE BLAD SAL MOET KAN OP EN AF .....
EK DINK JYS NOU BY DIE MAKLIKE GEDEELTE.. AS JY EERS BY DIE DRAAI DEEL KOM EN BY DIE DEEL WAAR DIE STOEL NIE "WAGGEL" NIE ...,DALK KAN JY EERS MOOI KYK NA DIE ARM VAN HEINRICH EN DIE EEN WAT ALLEN MAAAK... JOUNE KAN DALK MET KLEIN BIKI ALTERASIE OOK SO DOEN..
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

AAAAH Jaques, nie sleg gedagte daai nie... ek maak notas.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Hier is waarmee ek myself besig gehou het oor die naweek, die stoeltjie moet nou klaar dat mens hom kan gaan toets... ;)

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Kruger »

Hallo Freek
Ek ken die gevoel van satisfaksie om self iets te doen. So het ek ook self 'n stoel gebou, dit agterna verander, weer probeer en so voort. Dan is hierdie gedeelte verstelbaar, dan iets anders en glo my al daardie stoele het gewerk, maar daar het altyd iets gekort, totdat ek Allan se stoel ontdek het. R5000 klink baie, maar my pogings was duurder as dit as ek my tyd inreken. Indien jy dit werklik self wil doen sal ek voorstel dat jy na sy ontwerp kyk. Dit is werklik 'n stoel wat werk, praktiese ontwerp sonder tierlanteintjies.

Soos ek s?, ek ken die selfdoen ding en daar is niks fout daarmee nie. Nog iets wat lekker is van Allan se stoel is jy sit jou geweer op die stoel en indien jy nie 'n drywer het vir die aand nie, los jy jou geweer daar, spring voor in en skuif na die volgende roepplek sonder die moeite van geweer afhaal en opsit. Alles bly net so en as jy weer agterop klim is jy dadelik reg vir aksie. Dit is iets wat nie moontlik sou wees met die skiettafel idee nie, maar almal se omstandighede is anders en iets wat ek as voordeel sien sal nie noodwendig vir jou ook tot voordeel strek nie. Ek was eers half skepties oor die idee om my geweer op die stoel te los, maar Allan het my verkeerd bewys. Groete
Winners never quit - Quitters never win.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Kruger, jy is reg ek glo daai ontwerp van Allen is seker die beste wat nou beskikbaar is, die man bou dan al stoele vir jare so ek aanvaar hy weet wat hy doen. Die rede hoekom ek besluit het op die skiet tafel ontwerp is dat ek die stoel nie net in die jag veld kan gebruik nie maar ook as ek skiet baan toe gaan en met ladings en aller hande ander gadgets wil eksperimenteer. Daar is genoeg plek vir alles wat ek gaan nodig kry om my.

Die voordeel van die tafel ontwerp is dat hy gebou is volgens my mates en vir die eerste keer in my lewe het ek 'n skiet-stoel-tafel waarin ek gemaklik en lekker sit. As ek in hom sit, word ons een... ;D So as ek by die skiet baan kom "reverse" ek my bakkie, parkeer en begin skiet. Nie nodig om alles af te laai en te probeer om die beton/yster skietbaan-tafel min of meer gemaklik te probeer kry ens. nie. As ek klaar is pak ek my tools terug en ry, nie nodig vir 'n ge-op en aflaaiery nie.

Wat die vasmaak van die geweer aan betref as mens wil skuif van roep plek tot roep plek, ek hou dit in gedagte aangesien die "back rest" vir die kolf nog gebou word. Sal hom so ontwerp dat die geweer op sy plek bly as ek wil ry. ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Mountainman »

Baie smart ou Swaer. Wel gedaan.  8)
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Caller »

Freek

Ek het mos ook 'n tuisgemaakte stoel, en daarom vervoer ek my geweer in die veld, in "brackets" wat aan my tralies, agter die bakkie se kajuit gemonteer is.

Dit is veiliger om jou geweer in die brackets te vervoer as om met hom in en uit die voertuig te klim (ek jag baiemaal alleen/geen drywer). So, maak jou skiettafel soos jy hom laaik man.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Freek »

Dankie Swaer.

Caller, hierdie model sal bekend staan as die "F Senekal conversion" aangesien hier 'n paar manne gehelp het met idees en gedagtes wat ek besig is om te convert in 'n eind produk - wat hopelik gaan werk :)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Louis102 »

Freek

Wanneer kry ons weer 'n "update"/kiekies?  Ek glo 'n hele paar manne sit en wag.  Persoonlik hou ek van manne wat die ding self doen en nie met ander manne se kallers ploeg nie - so my geld was op jou om met oorspronklike idees vorendag te kom.  Hoop nie jy het jou te veel gesteur aan die doemprofete van selfbou nie!

Sien uit na die volgende stoelbou-episode!

Louis

Ns.  Ek hou ook daarvan om alleen te jag.  Behalwe vir my stoel het ook 'n patent waarmee ek vir myself kan lig en skiet vooruit die bakkie wanneer dit nodig sou wees. Seker nie 100% effektief nie,  maar het al genoeg sukses gehad sodat ek vertroue het om sonder 'n drywer die ding aan te pak.  Dryf, lig en skiet - dan s? die vrouens ons kan nie "multi task" nie.  My geweer ry dus voor in die bakkie by my.  Moet by s? dat my terein dit toelaat en dat ek met oefening al hoe beter raak.

Die voordeel is dat ek nie na 'n drywer soek as die weer ewe skielik in my guns draai en ek wil gaan jag nie.  Tweedens is my werkers uitgerus vir hul dagtaak!  As een van hulle bestuur of lig het hulle die verskoning dat hulle moeg is vir werk die volgende dag!

Groetnis
Goeie dade oortref goeie woorde.
projag

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by projag »

Sou dit wel oorweeg om die stoel met 'n matverf ( nie blink/weerkaats ) te sprei.
Ek het 'n lig aan my stoel wat saam met my stoel draai, sowel as een op geweer. Wanneer ek dus soek l? my geweer in sy mikke, reg vir net aan die skouer oplig.
Lyk baie goed --- die baas moet net nie aan die slaap raak op die stoel nie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: VOERTUIG "RIG"

Post by Christo »

Freek

Wys ons daai klaar stoel asb.



Het iemand 'n foto van Allan se stoel. Seker maar agter die tyd maar ek het dit nog nie gesien nie.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply