Lekker Reggie
Sorry Gerhard, jy wou mos daai vark tjoppies opsit
Tuna fillet somme innie pan, met gegeurde rys
Tjuff Tjaff dissie, niks grand nie, maar baie lekker
Neem een redelike +- 8kg tot 12kg Tuna fillet vir so vier tot ses mense. {Dit is nogal vullend

} Verkieslik moet jy die Tunatjie self gaan uithaal, net om seker te wees hy IS vars
Sny hom mooi skoon soos rooivleis ook maar, senings en ander los stukkies af. Nou kan jy kies of jy hom butterfly of medalions gaan sny, hulle moet net ten minste so duim en 'n half of 4cm duk wees, "gaar" Tuna proe soos die in blikkies en is 'n totale mors van geld, los daai maar vir die groenes, hulle hou daarvan om aan plakkies te kou
Kry een lekker groot suurlemoen, "fish spice", olyf olie en 'n "zest" dingetjie, om die skil mee af te sny in sulke klein repies.
Die rys
Kook die ketel, maak seker hy het minstens so vier koppies water in. Sit plaat een aan en maak hom warm, gooi bietjie olyf olie in en braai die rys tot mooi bruin, Moet dit nie brand nie, skroei hulle net, sal sien hy kry so wit lagie op as hulle mooi kom. Haal uit en sit eenkant neer. Braai nou uie tot mooi gekarameliseer en voeg bietjie groenper en sampioene by.{Gebruik sommer die gekaptes uit die blik}. Die bogenoemde goedtjies gooi jy by soos smaak verlang, ek hou van groenper ander wil hom net net proe

Vir vier mense voeg ek nou so twee groot tamaties by wat in klein blokkies gekerf is by. Braai vinnig en voeg die reis weer by. Gooi water oor tot die hele spul mooi toe is en sit die deksel op. Dit behoort hewig te kook as jy die ketel water byvoeg, nou kan jy die plaat afdraai dat die spulletjie lekker met mekaar ges?ls. {prut}
{Maggies ek kon teen die tyd al kos gemaak het en gee?t het, voel skoon uit asem}
Die Tuna
Soos ges? shy in medalions of buttefly hom lekker duk. Sit plaat twee aan en maak seker hy is goed warm. Sit Tuna in en gooi fish spice oor, kan maar baie gooi, dit is 'n duk stukkie vis

Vat die suurlemoen en "zest" die skul in die pan in, druk die sap uit oor die vis en as dit 'n klein suurlemoen was kan jy bietjie 100% sap uit 'n bottel byvoeg. Kan sien hoe dit lyk in die volgende foto. Gee hom so net net wit lagie en draai dan om. Seker so 4mm.
Spice die ander kant dieselfde en haal uit sodra die buitekant wit is. MOET HOM NIE DEUR GAAR MAAK NIE, HY WORD DROOG SOOS DIE SAHARA en proe dan na niks

Onthou ook solank hy in die bord sit en wag vir jou om die rys op te skep word hy verder gaar en vinnig vinnig is hy dwarsdeur wit en begin droog word.
Skep op en wees maar seker die mense sit aan, hy wil nie staan en koud word nie.
Daar's hy, dit het my langer gevat om die te tik as wat die hele proses my gevat het om te doen, seker ek sou die skottelgoed wasser ook al aan gehad het teen die tyd
Die foto's is sommer so uit die heup met die foon geneem, so jammer oor die kwaliteit, maar ek dink julle kry die idee.
Die is natuurlik die nommer twee manier om Tuna {Game fish} te eet, die manne wat weet sal stem dat die HEEL BETSE manier is met die see se sout water sproei in jou neus, daar op die diep blou, en super vars Tuna met Soya sousie in jou mond ..... mmmm......
Lekker smul manne.
Mooiloop
Marc