Pappa se 20 min aandete

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Pappa se 20 min aandete

Post by Marc »

So wat eet julle vanaand  ???

Mamma mag bietjie terug sit terwyl pappa die potte stook, wie weet wat is op die lappe  ???

Sal later die reseppie opsit  ;)

Image


Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Sun Feb 10, 2013 6:50 pm, edited 2 times in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Gerhard »

Nee man...

Ek eet uit vanaand...

Beans en viennas uit n blikkie uit.  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by vlakvark1 »

Hoe laat eet julle  ???------ sal nou-nou daar wees ;D ;D
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Reggie Gerber »

Ons braai vanaand cuta by i pel se huis.
LEKKER
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Marc »

Lekker Reggie  8)

Sorry Gerhard, jy wou mos daai vark tjoppies opsit  ;D ;D ;D

Tuna fillet somme innie pan, met gegeurde rys  8)

Tjuff Tjaff dissie, niks grand nie, maar baie lekker  :P

Neem een redelike +- 8kg tot 12kg Tuna fillet vir so vier tot ses mense. {Dit is nogal vullend  ;)} Verkieslik moet jy die Tunatjie self gaan uithaal, net om seker te wees hy IS vars  ;D ;D ;D

Image

Sny hom mooi skoon soos rooivleis ook maar, senings en ander los stukkies af. Nou kan jy kies of jy hom butterfly of medalions gaan sny, hulle moet net ten minste so duim en 'n half of 4cm duk wees, "gaar" Tuna proe soos die in blikkies en is 'n totale mors van geld, los daai maar vir die groenes, hulle hou daarvan om aan plakkies te kou  ;D ;D ;D

Kry een lekker groot suurlemoen, "fish spice", olyf olie en 'n "zest" dingetjie, om die skil mee af te sny in sulke klein repies.

Die rys

Kook die ketel, maak seker hy het minstens so vier koppies water in. Sit plaat een aan en maak hom warm, gooi bietjie olyf olie in en braai die rys tot mooi bruin, Moet dit nie brand nie, skroei hulle net, sal sien hy kry so wit lagie op as hulle mooi kom. Haal uit en sit eenkant neer. Braai nou uie tot mooi gekarameliseer en voeg bietjie groenper en sampioene by.{Gebruik sommer die gekaptes uit die blik}. Die bogenoemde goedtjies gooi jy by soos smaak verlang, ek hou van groenper ander wil hom net net proe  ;D Vir vier mense voeg ek nou so twee groot tamaties by wat in klein blokkies gekerf is by. Braai vinnig en voeg die reis weer by. Gooi water oor tot die hele spul mooi toe is en sit die deksel op. Dit behoort hewig te kook as jy die ketel water byvoeg, nou kan jy die plaat afdraai dat die spulletjie lekker met mekaar ges?ls. {prut}

Image

{Maggies ek kon teen die tyd al kos gemaak het en gee?t het, voel skoon uit asem}

Die Tuna

Image

Soos ges? shy in medalions of buttefly hom lekker duk. Sit plaat twee aan en maak seker hy is goed warm. Sit Tuna in en gooi fish spice oor, kan maar baie gooi, dit is 'n duk stukkie vis  ;) Vat die suurlemoen en "zest" die skul in die pan in, druk die sap uit oor die vis en as dit 'n klein suurlemoen was kan jy bietjie 100% sap uit 'n bottel byvoeg. Kan sien hoe dit lyk in die volgende foto. Gee hom so net net wit lagie en draai dan om. Seker so 4mm.

Image

Image

Spice die ander kant dieselfde en haal uit sodra die buitekant wit is. MOET HOM NIE DEUR GAAR MAAK NIE, HY WORD DROOG SOOS DIE SAHARA en proe dan na niks  :'( Onthou ook solank hy in die bord sit en wag vir jou om die rys op te skep word hy verder gaar en vinnig vinnig is hy dwarsdeur wit en begin droog word.

Image

Skep op en wees maar seker die mense sit aan, hy wil nie staan en koud word nie.

Image

Daar's hy, dit het my langer gevat om die te tik as wat die hele proses my gevat het om te doen, seker ek sou die skottelgoed wasser ook al aan gehad het teen die tyd  ;D

Die foto's is sommer so uit die heup met die foon geneem, so jammer oor die kwaliteit, maar ek dink julle kry die idee.

Die is natuurlik die nommer twee manier om Tuna {Game fish} te eet, die manne wat weet sal stem dat die HEEL BETSE manier is met die see se sout water sproei in jou neus, daar op die diep blou, en super vars Tuna met Soya sousie in jou mond ..... mmmm...... 8)

Lekker smul manne.

Mooiloop
Marc
Last edited by Marc on Sun Feb 10, 2013 6:56 pm, edited 2 times in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Marc »

Jammer vir die skewe foto's foto bucket het hulle eerste keer so gelaai en nou wil hy niks weet van hulle draai en save nie  >:(
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Gerhard »

Ek eet darm nie uit n blilkie uit nie.

Een vd Brands het n ete so ek eet bietjie oppi huis en di brand betaal.

Starters is n prawn skewer met mango en sweet chillie.

Hoof gereg sal bietjie volstruis wees...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Marc »

Gerhard wrote: Ek eet darm nie uit n blilkie uit nie.

Een vd Brands het n ete so ek eet bietjie oppi huis en di brand betaal.

Starters is n prawn skewer met mango en sweet chillie.

Hoof gereg sal bietjie volstruis wees...
Daai is 'n cheap rib skoot, DANKIE  :'(

Hoe stel 'n man nou vis bo vleis .... wat het julle die naweek gedoen....is sopas gehalt deur daai KFC laatie  :'( :'( :'(
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Gerhard »

Kyk daai volstruis fillet saam met die rooiwyn en by geregte het mooi geloop gister aand...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Marc »

Elke hond kry sy dag  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by douw »

Ek eet vanaand blouwieliebies sosaties, gisteraand ingele. (bokke laasweek nog asem gehaal)

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by Marc »

douw wrote: Ek eet vanaand blouwieliebies sosaties, gisteraand ingele. (bokke laasweek nog asem gehaal)

Groetnis
Douw
Lekker lekker, beter as daai taai kraal gevoerde volstruis wat Gerhard gisteraand moes afwurg met wyn nogal  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Pappa se 20 min aandete

Post by vlakvark1 »

Marc
Daai lyk na n wenresep 8) . Het nou gou vir vroulief gewys en sal maar probeer ;)
vlakvark en bosvark Bvk
Post Reply