Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Die is seker nie DIE swakste taxidermy werk onder die son nie, maar as dit myne was het ek hom summier terug gestuur.
Die was 'n masiewe ou bul met 58 iets duim horings en so lekker spek nek, hy lyk nou vir my soos 'n brandsiek donkie. Sy gesig is heel buite preporsie en daai nek lyk soos die van 'n koei en nie 'n bul nie
Hulle kan bly wees dit was nie myne nie, my broer is tevrede maar dit is sy eerste trofee so hy het nie 'n idee nie
Is ek te vol bollie of stem julle saam, vir my is dit bitter hartseer dat so mooi dier so verneder moes word
Daai koedoe lyk soos 'n Vrystaatse steenbokkie met koedoe hoerings op. (Grap net)
Op 'n ernstige noot:
"n Groter nek sou die eindproduk heel anders laat lyk het. Die mount is uit verhouding met die horings. My vraag is kan die taxidermie dit nie gesien het nie of wil hy dit nie sien nie?
Jaag hy kwaliteit of jaaghy net geld ?
Ek was ook al so ingeloop en ek glo daar is baie jagters wat ook ingedoen is en stilbly daaroor.. Ek staan by standpunt---Dis 'n skande dat jagters so uitgebuit word met sulke werk. Ek was so negatief dat ek opgehou het met die trofees.
Kry 'n prokureer en vra vir skadevergoeding. Alles vir die taxidermi se kostes.
Dit is jammer oor die koedoekie nou so lyk maar dit is gedoen.
n Groot probleem is dat dit was n groot opwagting om die eindproduk te sien en dan kry mens dit. Dan is ons ook geneig om maar stil te bly
as dit gebeur want ons wil nie moeilik wees nie . Eintlik moet daar gekla word want dit is hardverdiende geld wat n onervare persoon in die water
gegooi het
Vlakvark wrote:
uit ondervinding op 'n ander post van iemand se werk of plaas afkraak sal ek eerder se
Dis 'n mooi baie mooi stukie werk
10:4 Vlakkie
Manne darm is die nie myne nie, ek weet wat ek sou doen met daai "troefee".
Laat ek net s? dis gedoen by 'n ".....game lodge", Naboomspruit. Wees maar op julle hoede in daai w?reld. Ek kan nie s? hoe hulle ander "molds" lyk nie, maar 'n kudu bul kry hulle verseker nie by my nie Tensy dit eintlik 'n mooi groot koei was
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Alles goed en wel en die geld is terug in die sak.DIE GROOTSTE HERINNERING WAT JY VAN DAARDIE JAG KON GEHAAT HET IS VERWOES.Wens daai manne loop kramp kramp rond vir n lang tyd en elke keer as hulle n koedoe sien,hoor of eet kramp daai gat so dat hulle op hulle kniee beland.
Ek voel vir jou!!
Al wat ek se is gaan jag en maak n nuwe herinnering.
Kerels, ek sou hoogs die black-sam in gewees het as daai myne was. Maar in dieselfde asem moet ek dankie s? vir die lekker lag
Glock G26 Gen4
Smith & Wesson M&P 15-22
Smith & Wesson M&P 15 Sport .223
6.5 x 55 Howa
30-06 Musgrave
30-378 Weatherby Accumark mark V
Mossberg 12 boor
Ek sal n prokureur gaan ek daai man dagvaar vir nog n jag en hy sal betaal vir alles maar ek sal die mount laat doen by n ander taxi! Hy sal net weer k-k aanjaag so hy betaal vir sy fout en skoolgelde!!!!
Gaan kyk bietjie verder en gebruik maar ons mede jagters, AFIKAN TANNING is een van ons eie manne en ek sal beslis na hom gaan.
Ek het reeds my vrou gewaarsku sy moet maar spaar vir n vroee of laat geskenks soos sy wil vir my verjaarsdag maar ek wil n groot Koedoe bul trofee skiet. Ek moet seker maar begin soek vir pryse en plekke ne?
As julle weet van goeie prys en plek pm my maar asb.
Baie dankie manne!
Grumpy
Last edited by grumpy on Wed Aug 08, 2012 9:34 am, edited 1 time in total.
Hierdie is gelukkig nie my trofee nie, maar toe ek hom sien het ek dadelik n foto geneem om met my pelle hier op die forum te deel. Dit is egter verseker een van daai trofees wat sommer dadelik in die man wat die werk gedoen het se hol sou opgaan.