Jagreels

Post Reply
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

Mens kan 'n kwes skoot skiet wat baie bloei en die bok kan daarvan herstel - mens kan ook 'n kwes skoot skiet wat niks bloei nie en die bok sal vrek daarvan.

Dalk moet mens se, as jy die skoot skiet is die bok joune - jy't hom klaar gekoop. 

As jy dan nie die bok doodskiet nie en hy vrek elders dan het die boer die skade ne.  Miskien sal dit maak dat die skieter so bietjie versigtiger is in teenstelling met wanneer die boer die risiko moet dra, want as dit op 'n twis uitloop is dit gewoonlik die ou wat die hardste skree wat sy sin kry en imo is daar te veel grys areas en ek kan nou net dink wat se slim redenasies hieruit gaan kom. 

Iemand moet betaal - maar dis jy wat die kwes skoot geskiet het, so laat die risiko dan joune wees.  Jy bepaal self die risiko deur onverskillig te wees of nie en die omstandighede te kies waaronder JY die skoot skiet, nie die boer nie.  AS die bok dan herstel, is jou betaling dan vir die pyn en lyding wat die dier moet deurmaak.  Ek dink dis eenvoudig genoeg.

FHM. hoe kry jy dit reg om mis skote op 'n bok te skiet ?  Ek is jammer maar ek verstaan dit nie.  Jy skiet of nie reg nie, of jou geweer is nie reg nie, of jy gebruik nie die regte ammunisie nie.  En ek vra verskoning as jy dink dis 'n aanval op jou omdat jy dit noem, maar ek is seker dit kan uigeskakel word.
Last edited by Fanie on Sun Jul 01, 2012 6:01 pm, edited 1 time in total.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jagreels

Post by FHM »

Fanie wrote:
FHM. hoe kry jy dit reg om mis skote op 'n bok te skiet ?  Ek is jammer maar ek verstaan dit nie.  Jy skiet of nie reg nie, of jou geweer is nie reg nie, of jy gebruik nie die regte ammunisie nie.  En ek vra verskoning as jy dink dis 'n aanval op jou omdat jy dit noem, maar ek is seker dit kan uigeskakel word.
Fanie,
dis die teleskoop, of die mounts, of die geweer, of die koels, of die wind of die rotasie van die aarde of-of-of....dis nie ek nie ;)
Last edited by FHM on Fri Jun 22, 2012 11:18 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Jagreels

Post by LoveHenties »

Ek het die naweek 'n Rooibok in di kuiltjie geskiet, die vel het toegeskuif, en die koe?l het on die lies gestop. GEEN bloed! Gids wou my wysmaak dit was mis. Ek het gestry en hom gedwing om aan te hou soek. 20m verder in die ruigtes l? hy. Nog steeds geen bloed. Alles intern. Gelyk of hy hom dood geskrik het.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

Net as 'n hipotetiese voorbeeld, ok.  Ek het 'n vorige keer vir iemand sam wie ek was gevra of hy flinch.  Hy se nee, maar as ek hom vra of hy sien waar die koeel tref dan het hy allerhande antwoorde.  Lang storie kort hy skiet toe 'n pens skoot op 100m op 'n rooibok, waarvoor hy moes betaal en ons kon nie die bok kry nie.

Vat die ou skietplek toe, en hy skiet die blikkie mis op 50m. Kom toe agter hy maak sy oe toe as hy die sneller trek.  Eenvoudige verstelling en klein bietjie hulp toe mis hy nie een enkele keer nie.  Hy het die volgende dag sy wille blou bees sonder insident pragtig mooi presies op die regte plek geskiet.

Wat ek se is, wat ook al die probleem is dit kan maklik reg gestel word, al wat nodig is is so bietjie toewyding en moeite.  As jy dit reg gestel het sal die skiet skielik vir jou anders voel en regtig lekker word - en die lekkerste daarvan is sekerlik dat jy jouself begin vertrou.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Jagreels

Post by Swys14 »

Wouter, ek wil op punt nr.1 'n klip in die bos gooi...

Ek en 'n vriend het gister toevallig oor misskote gepraat...dit's moeilik om iemand geld te vra vir misskote as omstandighede die risiko vir misskote AANSIENLIK verhoog...ek glo hoe minder stress en hou rustiger die jag hoe minder misskote sal mens kry natuurlik.

Skep gou die scenario en laat weet my wat jy dink...

Jy skiet in die suide van SUid-wes van 'n bakkie af, die afstande is wyd want die bokke laat jou nie toe om nader as 250m op hulle te skiet nie, dis die laaste dag van jag en die wind kom effens op en jy't nog geen wild gekry nie en die boer jaag jou aan om te skiet...maw jy vat nie jou tyd om seker te maak jou skoot plasing is 100% nie. En dan vra die boer jou x-bedrag vir 'n misskoot. Ek weet dis 'n rowwe scenario maar dis wel moontlik.

Ek luister graag.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Jagreels

Post by Problem Animal Control »

Swys
Ek verstaan al te goed wat jy se in die scenario. Ek weier soos n steeks donkie om te skiet as ek aangejaag word en/of ongemaklik is met die skoot. Net my 1 Zim dollar
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jagreels

Post by Frederik »

Ek aanvaar 'n kwesbok op die volgende en sal betaal word op die volgende enige bloed, haar, pens, horing, been, hare of selfs stert wat gevind word. Hoe weet mens daardie gaatjie in die oor gaan nie in 'n infeksie ontaard nie en die bok later laat vrek aan baie seer dood?

Stert wat afgeskiet word dieselfde en nog 'n ding as dit by bloed kom diere wat bloed op hulleself het word uitgedruk uit 'n trop uit meeste van die tyd. So ek aanvaar volle verantwoordelik heid vir 'n bok/dier as daar enige tekens van 'n skoot gevind word wat raak is.

Lovehenties, die gids wat met jou gestry het is seker een van die grootse oorsakke dat boere jagters nie vertrou nie as daar skoot afgegaan het moet daar seker gemaak word dit was mis tensy jy die stof sien opspring onder die bok se bene of so iets. As jy vir die gids geluister het was jy daar weg en een week later is jou bok daar gevind dink jy die boer sou die gids blameer ???
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Fanie

Re: Jagreels

Post by Fanie »

dit's moeilik om iemand geld te vra vir misskote as omstandighede die risiko vir misskote AANSIENLIK verhoog...ek glo hoe minder stress en hou rustiger die jag hoe minder misskote sal mens kry natuurlik.
Hoe weet jy as dit  -

'n Raak skoot is,
'n Kwes skoot,
'n Mis skoot ?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Hallo Swys

Ek het al voorheen gese dat oop gebied plase waar daar van n jagvoertuig gejag word ek nie die nut van misskootfooi sien nie. Daar kan gewoonlik in die omstandighede baie mooi gesien word of die dier wel raakgeskiet is of nie. Daar is ook gewoonlik op die jagtogte genoeg oe om waar te neem en diere word nie sommer verloor indien hulle gewes is nie.

Vir my kom n kwesskootfooi in waar die habitat nie n mens altyd die kans gee om te sien of die bok wel raak geskiet is of mis is nie. Daar is hoefeel voorbeelde van waar daar geskiet is op die dier waar hy eers baie laat bloed gooi of soms selfs geensins nie. Spore van die spesifieke dier veral as daar in tropverband gejag word kan nie altyd met sekerheid opgevolg word nie. Menigte diere word so verloor met net die plaaseienaar as verloorder.

Die algemene jagter moet deesdae meer verantwoordelikheid op homself neem om sekerder te wees van sy skoot as hy dit neem. Meer tyd moet ingaan in jou voorbereiding vir n jag wat dan uiteindelik lei tot groter sukses in die veld. Dit is waar wat die ander manne hier se en dit is dat jy as jagter net die besluit kan maak of jy gaan skiet of nie en enige inmenging van n ander party moet nie geduld word nie. Net die jagter moet pa staan vir sy dade en hom daarby berus.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jagreels

Post by Beretta »

Manne
Dit kan dalk ook amper mis of amper raak wees  ???
Beretta
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Jagreels

Post by Swys14 »

Fanie wrote:
dit's moeilik om iemand geld te vra vir misskote as omstandighede die risiko vir misskote AANSIENLIK verhoog...ek glo hoe minder stress en hou rustiger die jag hoe minder misskote sal mens kry natuurlik.
Hoe weet jy as dit  -

'n Raak skoot is,
'n Kwes skoot,
'n Mis skoot ?
ja jy sien dis die ding as jy daai sneller getrek hetm het jy hom getrek...of jy nou aangejaag was of nie...
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Jagreels

Post by Swys14 »

Wouter Roets wrote: Hallo Swys

Ek het al voorheen gese dat oop gebied plase waar daar van n jagvoertuig gejag word ek nie die nut van misskootfooi sien nie. Daar kan gewoonlik in die omstandighede baie mooi gesien word of die dier wel raakgeskiet is of nie. Daar is ook gewoonlik op die jagtogte genoeg oe om waar te neem en diere word nie sommer verloor indien hulle gewes is nie.

Vir my kom n kwesskootfooi in waar die habitat nie n mens altyd die kans gee om te sien of die bok wel raak geskiet is of mis is nie. Daar is hoefeel voorbeelde van waar daar geskiet is op die dier waar hy eers baie laat bloed gooi of soms selfs geensins nie. Spore van die spesifieke dier veral as daar in tropverband gejag word kan nie altyd met sekerheid opgevolg word nie. Menigte diere word so verloor met net die plaaseienaar as verloorder.

Die algemene jagter moet deesdae meer verantwoordelikheid op homself neem om sekerder te wees van sy skoot as hy dit neem. Meer tyd moet ingaan in jou voorbereiding vir n jag wat dan uiteindelik lei tot groter sukses in die veld. Dit is waar wat die ander manne hier se en dit is dat jy as jagter net die besluit kan maak of jy gaan skiet of nie en enige inmenging van n ander party moet nie geduld word nie. Net die jagter moet pa staan vir sy dade en hom daarby berus.

Groetnis
Wouter
moet met jou saamstem 100%...selfs al maak omstandighede dinge rof, as ek die sneller getrek het moet ek pa staan vir wat ookal gebeur daarna...en mens het darrem tof altyd n keuse. Maar dis 'n lekker thread om te lees die, baie dankie.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Ek aanvaar 'n kwesbok op die volgende en sal betaal word op die volgende enige bloed, haar, pens, horing, been, hare of selfs stert wat gevind word. Hoe weet mens daardie gaatjie in die oor gaan nie in 'n infeksie ontaard nie en die bok later laat vrek aan baie seer dood?

Stert wat afgeskiet word dieselfde en nog 'n ding as dit by bloed kom diere wat bloed op hulleself het word uitgedruk uit 'n trop uit meeste van die tyd. So ek aanvaar volle verantwoordelik heid vir 'n bok/dier as daar enige tekens van 'n skoot gevind word wat raak is.

Lovehenties, die gids wat met jou gestry het is seker een van die grootse oorsakke dat boere jagters nie vertrou nie as daar skoot afgegaan het moet daar seker gemaak word dit was mis tensy jy die stof sien opspring onder die bok se bene of so iets. As jy vir die gids geluister het was jy daar weg en een week later is jou bok daar gevind dink jy die boer sou die gids blameer ???
Frederik, ek stem saam oor jou siening van 'n kwesbok.
Te veel boere stuur onbevoegde sogenaamde gidse saam met 'n jagter die veld in.  Hulle sukkel met spoorsny en vat altyd die maklikste pad of uitweg wat in baie gevalle teen die boer tel.
As jagtyd verby is word die bobaas gids nou ewe skielik 'n skaap opppasser of 'n ploegman.
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: Jagreels

Post by Greyghost »

Zack hang af of dit net a wildsplaas is of a gemengde plaas is. Ek het hierdiejaar 5 rooibokke en 3 wildebeeste wat op die plaas gekwes is (daar is bloed gevind) en hulle is nie gevind nie , daar is ook a klomp miss skote te minste 20 en ja van hulle is miskien mis maar ander is miskien raak ??? Wat nou  ???

Ek will volgende jaar die volgende reel inbring

1 R50 vir eerste miss skoot
2 10% van bok op tweede miss skoot
3 25% van bok op derde miss skoot
4 50% van bok op vierde miss skoot en daarna volprys op verdere miss skote

Kwesbok met bloed is volprys.

Wat dink julle ?
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Jagreels

Post by Vlakvark »

Wil jy my se punt 3 en 4 is nodig. Was daar al iemand wat soveel mis skote gehad het. Ek dink as ek 'n plaas het en iemand skiet 2 mis skote gaan ek hom vra om verder eerder by die kamp te bly
Image
Image
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Greyghost wrote: Zack hang af of dit net a wildsplaas is of a gemengde plaas is. Ek het hierdiejaar 5 rooibokke en 3 wildebeeste wat op die plaas gekwes is (daar is bloed gevind) en hulle is nie gevind nie , daar is ook a klomp miss skote te minste 20 en ja van hulle is miskien mis maar ander is miskien raak ??? Wat nou  ???

Ek will volgende jaar die volgende reel inbring

1 R50 vir eerste miss skoot
2 10% van bok op tweede miss skoot
3 25% van bok op derde miss skoot
4 50% van bok op vierde miss skoot en daarna volprys op verdere miss skote

Kwesbok met bloed is volprys.

Wat dink julle ?
Die betaling van "mis skote" is 'n netelige kwessie. Ek dink nie daar is 'n ou op hierdie forum wat nog nooit mis geskiet het nie. Erens gaan dit ongelukkig gebeur...

Om egter twee keer na mekaar op dieselfde bok mis te skiet, is darem iets wat iemand wat behoorlik voorberei is, nie maklik sal tref nie.

Wat van geen "boete" vir die eerste mis skoot nie, maar daarna soos jy voorgestel het?

Ek dink maar uit my perspektief, ek is 'n jagter en nie 'n wildsboer nie, hou dit maar ingedagte.... :angel: :angel: :angel:
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Fanie wrote: Ek kan dink die rekord houery van wie het hoeveel geskiet gaan net soveel probleme bydra.

Ek wil weer vra wat ek voorheen gevra het.

Hoe skiet iemand en skiet so mis ?  Ek verstaan dit nie.  Of die ouens se gewere is nie nie reg nie, in welke geval die ou nie moet jag nie, of die ou kan nie skiet nie in welke geval hy ook nie moet jag nie.

Op een van die plekke waar on gaan jag het het die boer dat elke ou eers inskiet.  As jy nie die blikkie se onderkant op 50m kan skiet nie dan word die probleem eers reggestel voor jy onder die bokke invaar.  Een van die ouens, 'n nuweling, het sy oe toegemaak as hy skiet (soos in flinch), dit het hom gehelp om nie die fout op 'n bok te maak nie.  Net so bietjie help toe is die probleem uitgesorteer.

Weet die ouens waar moet jy die bok skiet... en hoekom daar ??

Eugene, daar is waarskynlik altyd 'n moontlikheid, maar ek kry die idee van die ouens vat onnodig kanse en hoop hy tref iets in stede van seker te maak hy doen dit reg.  Beter dat die skoot verby gaan en maak eerder een wat seker is, dit sal mos al die probleme uitskakel.
Fanie, ek stem saam! Ek en 'n paar vriende praat gisteraand weer daaroor, nadat daar die naweek 'n paar ouens by hom kom jag het, waarvan 3 met "geleende gewere" (darem by die ander ouens wat ook daarwas!). Die perde weet nie waar die geweer gezero is nie, het verlede jaar laas 'n skoot getrek en kon nie 'n koffieblik op 100m raakskiet nie...

Ek was gelukkig (of dalk ongelukkig!) dat ek nog nooit 'n bok tydens 'n jag, heeltemal mis geskiet het nie, ek moet darem bys? dat ek nie baie goed met lang skote is nie, so ek het al mooi geleer bekruip... En my twee kwesbokke was darem van so aard geskiet dat ek albei voor sononder kon kry (natuurlik altwee BWB'e en altwee te hoog geskiet! Die een het nogal soos 'n os neergeslaan en nadat ek die geweer veilig gemaak het en oor my skouer gehang het, tot my bittere skok en teleurstelling, skielik opgestaan en weggehardloop het...). 

Ek dink maar daaraan dat daar soms, weens 'n sameloop van omstandighede, iets met enige iemand kan gebeur wat tot 'n totale misskoot lei en dan wil ek darem nie 50% van die bok betaal nie...
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Fanie, jy praat die heilige waarheid en dit is net so!

Party van ons leer maar ongelukkig op die harde manier jong!

Alles wat jy ges? het, doen ek nou en dit is 'n wenresep! Maar almal moet erens begin en in die begin (sonder behoorlike leermeesters) is dit nie altyd so maklik nie...
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jagreels

Post by BLOK »

Fanie wrote: Kyk, as daar nou rerig iets verkeerd gaan en 'n skoot is heeltemal mis of verkeerd is dit weens onvoorsiene omstandighede dan kan dit vergewe en waarskynlik vergeet word.  Maar as jy mik op 'n bok en jy skiet hom dan het jy mos die bok gekoop.

As jy 'n swak skoot skiet en die hele boud is weggeskiet dan se jy mos nie vir die boer jy betaal nie vir die boud nie.  Jy koop mos die bok wat jy skiet.  So as jy skiet dan koop jy mos die hele ding, jy koop nie net wat jy per ongeluk raakskiet of per geluk raakskiet nie.

Ook al gesien die ou wil nie inskiet nie want hy het net genoeg koele gebring vir die hoeveelheid bokke wat hy wil skiet na hy 'n jaar laas geskiet het, en dan skiet hy misskote.  Werk mos nie so nie.

Soos ek geleer is -

Maak seker jy skiet die regte skoot, dit is jou verantwoordelikheid en dus betaal jy daarvoor.
As die skoot geklap het herlaai jy dadelik.
Moenie direk na die skoot die bok bestorm nie.  Kyk as die bok le dat hy bly le, as hy opstaan skiet jy hom weer.  In meeste gevalle hardloop die bok, as jy hom reg geskiet het is hy binne 10 tot 50m dood, dis net adrenalien wat hom die entjie aan die gang hou.
As jy te voet is, wag vir 5 minute ten minste voor jy jou bok gaan soek.  Daar was iewers in 'n tydskrif 'n mooi rediese uiteensetting waarom jy dit so doen.

Dis beter om 'n halfuur te neem om die regte skoot te kry as om ure te spaandeer om die verkeerde skoot reg te gaan maak.  Dis mos waaroor jag gaan, die ondervinding om dit reg te doen, die tyd wat spaandeer word om dit reg te doen en die beloning van dat jy het dit reg gedoen.  Jag is mos nie gekwesde diere opspoor en uitsit nie.

Netso!, mooi uiteen gesit. Ek wat jaggids is is ook nie gepla as man sy bokke se vleis wil opmors nie hy betaal mos vir sy bok so kan maak met hom wat hy wil as hy die rugbiltonge wil weg skiet sy saak. Ek het ook in my pryslys die reel van as die skoot klap is die bok betaal raak of nie. Maar vra maar hier is heelwat manne op die forum wat al by my geskiet het en self ook al n paar keer mis geskiet het. Vra maar of een van hulle al vir n misskoot betaal het nog nie een nie, kwesbokke ja.

Haal ek nou daai reel uit my reel lys en die man kwes n bok maar daar is nie bloed nie kan hy nie stry nie die reels se betaal. Dit cover my bloot in n moeilike situasie as iemand moeilik is om te betaal.

Oor jou reel van direk na die skoot klap na die bok gaan stem ek 100% saam, se altyd vir die manne kom ons wag net so twee minute na hy val voor ons nader ry. Gebruik altyd daai tyd om die man se blad te skud en die skoot oor te vertel dan voel dit nie hy wag so lank nie. N bok wat geskiet is is vol adrenalien en as jy te vinnag nader beweeg spring hy maklik op en raak weg. Gee kans dat hy rustag raak, styf word en sy bloeddruk val.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Blok, toe daai BWB opstaan nadat ek gedink het hy is plat... terwyl hy vol adrenalien word, word ek al hoe lee?r, en daai le? gevoel het daar gebly totdat ek hom laat middag met die tweede en finale skoot kon doodskiet...

Dit was 'n harde les, maar hy is goed geleer! Ek gaan my nooit weer laat aanjaag of laat voors? oor hoe ver die bok staan nie. Ek is verantwoordelik vir die skoot wat ek skiet en ek gaan self besluit wanneer en hoe ek skiet!

En dis eintlik maar wat ek probeer s?, Fanie: Nie almal is so bevoorreg om van kleins af by ons Pa's te leer van jag en gewere nie. Party van ons het nie die beste leermeesters gehad nie en op die harde manier geleer!

Gelukkig is daar baie kennis hier op die forum en ouens soos ek, kan nie vir meer vra nie!

Dankie daarvoor!
Aim small, miss small
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Fanie wrote: Eugene, my pa het glad nie gejag nie, al het hy 'n geweer gehad !  Ek dink almal het in die ou dae gewere gehad, dis net deesdae wat die' poef aan die gang is van sommiges wat oor alles van ander wil beheer he.

Ek moes ook maar leer by ander, een iets wat ek altyd doen is om nabetragting te doen en te herevalueer wat voorheen gebeur het, en hoe kon dit verbeter gewees het.  Ek hou ook daarvan om voorbereid te wees, soos om weer te gaan kyk waar skiet jy wat, al weet ek, en al het ek dit tien keer voorheen gesien. 

My eerste skiet ondervinding was maar toe ek weermag toe is en in basies was dit nie so aangenaam nie, maar ek het ook later daar gesien hoe mens kan skiet as jy die moeite wil doen om dit reg te leer.  Jy kry ouens wat darrem waragtag kan skiet, maar net omdat hulle die moeite gedoen het, en seker so bietjie talent ook.  Dis soos enige iets anders wat ons doen, jy word vaardig in dit wat jy graag wil goed doen.
My pa was dieselfde, alhoewel ons op 'n saaiplaas gebly en ek daar groot geword het. Ek het 2 gewere geken, die windbuks en die .22. Altwee se koele het jy in boksies gekoop en daar was net twee opsies: Dit wat op die rak was, of wag totdat daar weer op die rak was!

Ek het met ander woorde niks geweet van verskillende koeelgewigte en trajekte en point of aim en watter afstand gezero en daai goete af nie. Altwee het oop visiere gehad, jy het grof gevat of jy het fyn gevat, klaar. 'n Teleskoop is 'n ding waarvan ek net in die Landbouweekblad gelees het.

Toe ek vir die eerste keer genooi word om te gaan jag, was dit ongelukkig saam met "slagters". Die manne se gunne was in 'n toestand en hulle het nie juis veel meer as ek geweet nie. Die een ou het sommer 'n sak patrone saamgebring van verskillende make en gewigte en het alles deurmekaar gelaai en geskiet. As dit mis was, was dit die wind of die bok wat nie stilgestaan het nie.

Daar is nie kwesbokke gesoek of eers daaroor gepraat nie, as 'n bok geval het, is hy opgetel, as hy nie geval het nie, was dit mis en is die volgende bok gesoek.

Geen oefenskote is geskiet nie en geen instel is gedoen nie, aan die begin van die tweede dag, is ek (wat nog nooit met iets groter as 'n .22 geskiet het nie) 'n 300WM in die hand gestop en ges?: "Daar staan hy, skiet dat ons sien!" Toe die teleskoop my oogbank mooi oopkloof, was dit vrek snaaks vir die ander manne en is daar baie grappies daaroor gemaak... Natuurlik met genoeg vloeistof tussenin!

Nou as jy nie van beter weet nie, dink jy dis maar hoe jag is. Ek was gelukkig dat 'n ou omie en klient van my, my een naweek saamgenooi het na 'n vriend van hom se plaas om daar te gaan jag. Ons het in tente onder 'n boom gebly en ek het in een naweek, meer van jag en die natuur geleer as in 2 jaar saam met die vorige manne. Daar het skielik 'n nuwe wereld vir my oopgegaan en ek was gretig om te leer. So het ek agtergekom daar is skiet en jag en daar is jagters en slagters.

Ek weet nie nou skielik alles nie, inteendeel, toe ek die eerste keer 'n njala sien, dog ek dit is 'n siek koedoe... Maar ek is bereid om te leer en wanneer die slim ouens praat, luister ek en ek vra vrae.

My probleem is, jy kan die beste reels op papier opstel, maar as die jagter dit nie verstaan nie, gaan hy 'n negatiewe indruk kry en op 'n ander plaas gaan jag, waar die boer nie so "streng" is nie. Dan verloor jy miskien 'n leerling wat 'n goeie en etiese jagter kon word.

Toe ek begin jag het en baie baie onkundig was, is ek male sonder tal saam met 'n "gids" in die veld in gestuur. My "gids" was buite seisoen die tuinwerker, saam het ons f@k#l geweet...  Hoekom doen die boer dit? Hy kan mos sien ek kan nie 'n blesbok van 'n rooibok onderskeie nie en die "gids" kan nie eers Afrikaans of Engels praat nie!

So, my punt weereens, almal moet erens begin, as jy die regte leiding kry en gevorm en getemper word, gaan jy die reels verstaan en jy gaan nie verstaan hoe iemand 'n bok totaal en al kan misskiet nie, of 'n bok in die boude op 50m skiet nie. Daar is dus tog 'n leemte vir ervare jagters om nuwelinge onder hulle vrek te neem en te help. Ek lees Blok help graag nuwe ouens, maar daar is net een Blok... 

Plaaseienaars kan baie doen om nuwelinge te help. Ek wee dus nie hulle plig nie en as jy wil jag, moet jy kan skiet, maar in die praktyk werk dit ongelukkig nie altyd so nie!

Nou gaan ek eers my vingers in lou water sit.... ;D ;D
Groete
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jagreels

Post by FHM »

Eugene wrote:
Toe die teleskoop my oogbank mooi oopkloof, was dit vrek snaaks vir die ander manne en is daar baie grappies daaroor gemaak...
Groete
[/quote]

Welkom by die HALFMAAN-BENDE...ek is met ereklere ingsweer toe ek so 10 of 11 was. Halfmaan letsel sit vandag nog op my regter oogbank. Pa en ooms en 303 en ek.
Last edited by FHM on Thu Jul 12, 2012 2:56 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagreels

Post by ROBBIE1 »

Ek vra deesdae dat die reels en pryslys vir my ge-mail word voor ek boek.  Ja, dit is die boer se besigheid, hy moet ook wins maak en oorleef, maar moet nie die jagter uitbyt nie, ons wil ook oorleef en ons wegbreek geniet.

Daar is boere wat erger as die grondwet raak, veral oor misskote, soos ons almal weet. Ek het nog nooit en sal ook nie betaal vir n misskoot in die bosveld nie, so boer kan maar weet ek gaan nie op sy plaas jag nie.  Jy kry seker jagters wat n kwes as n mis sal deurgee, maar daar is maniere wat jy as jagter mos kan bepaal of dit heeltemal mis was of n kwes was.  Die gids is by jou, werk vir die boer, en moet opgelei wees om ook sy besluit te kan maak.  Ek glo jy as jagter moet eties genoeg wees om as jy nie seker is nie, die boer in te lig, sodat hy of nog gidse kan kom help kyk of daar dalk elders bloed of mis ens is. 

Jy sien nie die tak deur die scope nie, maar hy gooi die patroon af, en jy mis, veral as jy in die bos vir n kopskoot gaan. Mens kan mos sien as jy n dier raakskiet, lyf trek, pluk sy kop, lig voorvoete ens ens. n Kwes is n kwes, en moet betaal word. Ek was vroeg in die seisoen op n plaas waar ons tot vir hout moes betaal, maar dit was nerens op die voorwaardes en pryslys nie - ek was baie opgewarm daaroor, en het op die ou end op n rusie met die boer uitgeloop, so by so dat ons groep die volgende oggend ons tassies en gewere gepak het, en gery het.  Gelukkig kon ek by een van my ander ou kontakte vir ons plek kry vir die res van die naweek.

Drank op jagvoertuie is by die meeste plase nie toelaatbaar nie - geen probleem daarmee, ons kan lekker kuier as ons trug by die kamp is.  Ander manne weer, se niks vir jou vooruit nie, as jy daar kom, wil hy weet waars jou knaldemper? Dit het ook met my gebeur die jaar, gelukkig het die ou 303 een in die tas, maar moes die ander manne toe met die oom se .22 uit die hides skiet, nodeloos om te se, 3 rooibokke vir die naweek gekwes deur jagter, en moes die stomme manne dit betaal!!! Waarom nie vooraf se op jou plaas word daar net met knaldempers gejag nie? Ek het daar ook my poppe uit die kot gegooi, en sal nooit weer terug gaan nie. 

Vriende van my het weer gaan jag by n boer, wat glad nie n skietbaan het nie, en ook nie toelaat dat jy jou geweer toets nie, want "n scope kan nie uitstel van ry nie"! Gelukkig skiet Albert toe die eerste skoot met sy 308 op n vlakvark, en daar is dit toe ook n long - pensskoot, geweer links uitgestel.  Die vark gekry ja, maar na n groot gesoek. Ek persoonlik skiet nie as ek nie seker is my wapen is nog reg nie, veral as ek n lang stuk grondpad gery het.

Ek val nie die boere aan nie, maar hulle moet ook onthou dis ons jagters se geld, ons wil net so min as hulle n bok wil verloor, onnodig geld betaal vir misskote en "kwes"....

Vir my is dit belangrik dat ons mekaar moet verstaan, mekaar moet respekteer, en ook onthou dat ons in effek nie sonder mekaar kan klaarkom nie. Dit is die boer se grond, so dit is sy reg om reels te maak, maar hou dit binne perke en billik, en hy sal altyd jagters he. 

Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Robbie dankie dat jy weer iets hier geskryf het want n rukkie terug wou ek al iets kom se maar die ou breintjie het my al weer in die steek gelaat soos so baie kere van te vore.

Die aspek van misskote bly maar n moeilike een. Ons het dit in die begin goedgedink om wel een in te stel by ons en na ons eerste jagsysoen agter die blad kan ek terug rapporteer dat ons wel voel dat dit die regte besluit was. Ek het al in hierdie draad geskryf wat ons redes daarvoor was so wil dit nie graag weer deurgaan nie. Ja daar was n paar misskote die jaar en die manne het hulle wel betaal sonder enige teensinnigheid want ek glo dit was duidelik van dag een so aangebring op die reellys. In n paar gevalle was jagters wel vrygespreek daarvan waar dit n duidelike misskoot was. Ons het diere gekry na die tyd wat gekwes/dood was al was daar nie n kwesskoot geroep gedurende die duur van die jag nie. Hierdie sou verseker net ons skade gewees het indien daar nie n kwesskoot fooi gehef was nie.

Niemand van ons wil kwes of mis skiet nie maar dit gebeur. Mense kan se wat hulle wil maar diere word wel gekwes of dood geskiet sonder dat hulle of die gids bewus is daarvan. In my beroepsjag dae was daar verseker diere wat raak geskiet was al het ek dit nie met die skoot gesien nie. Verskeie redes kan aangevoer word vir die oorsaak daarvan. In gebiede waar dit moeilik is om spoor te vat en waar groot troppe ter sprake is by die skiet van n dier is dit bitter moeilik om een dier se spoor te volg tussen almal sin. Selfs bloedspore word nie maklik opgetel nie op die manier nie. Hierdie jaar was daar weer verskeie gevalle by ons waar die dier baie ver beweeg het voordat bloed gevind is.

Met hierdie in ag geneem voel ek net dat n plaas, veral bosveldplase, hulleself erg kortwiek deur nie n misskootfooi implementeer nie. Die rede vir hierdie stelling is dat net die plaaseienaar kan verloor in die geval. Ek moet ook se dat die meeste mense hierdie jaar ook n bietjie sekerder van hulle skote gemaak het voor die sneller gedruk was. Ek is seker daarvan dat baie minder tyd gespandeer was op kwesbokke juis agv die optrede. n Persoon kan seker redeneer dat daar dalk meer bokke geskiet sou gewees het as dit nie hiervoor was nie, heel moontlik, maar dan is die etiese gedeelte van my weer meer tevrede met die resutate.

Met my persoonlike jagte die jaar was dit weereens ook weer meer opmerklik dat die plase waar daar wel misskootvooie betrokke was daar beter geskiet was deur ons jaggeselsskap met amper geen kwesbokke nie. Dit was nie die geval by die plase waar daar nie misskote gevra was nie. Daar was sonder uitsondering kwesbokke en misskote aanwesig. Ek weet daar is baie mense wat soos n steekse donkie nie by n plaas kom waar daar misskote gevra word nie, maar doen jouself net die guns om so bietjie te dink oor wat ek hier gese het. Die jagbedryf moet n simbiose wees tussen die boer en die jagter en dit sal nooit werk of oorleef as die mes net na een kant toe sny nie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Wouter, dis baie goed gestel en het my ook laat dink!

Ek was altyd onder die indruk dat hierdie betaal vir misskote (wat totaal en al mis was en niks getref het nie), net 'n geldmaak scheme was en het self sulke plase vermy waar moontlik. Ek is nog nie 100% oortuig dat dit kwesskote gaan verminder nie, maar kan ten minste nou die boer se oogpunt insien.

Groete
Aim small, miss small
Post Reply