my jag sover vd 2012 seisoen

Enigeiets wat die jongklomp interresant mag vind/Anything wich might be worth mentioning among teenagers
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

my jag sover vd 2012 seisoen

Post by BLOUVALKIE »

hallo al die ooms

jis ek was lanklaas hier  vrek besig met die skool, rugby ens maar dis nie belangrik nie.  JAG is belangrik en skyfskiet hahaha

ek wil gou so paar fotos wys vir almal van die bokke wat al geskiet het die jaar

die ram het ek geskiet op 120m met die 308 en 155gr nosler cc koeels toe ons takbokke gesoek het om te oes
ek was amper dood gevries daai aand  die ryp le in die veld party plekke toe ons skiet  ons het eers half drie gaan slaap na ons klaar was
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120615-00163.jpg

hier le ek aan op n ram
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120709-00304.jpg

en hier is die ramek het hom op 183m met die 308 geskiet met 125gr nos baltips  die wind het kwaai gewaai daai dag so ek moes maar agter die blad skiet
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120709-00305.jpg

later die week toe skiet ek die ram net onder die oog op 130m ook met 308 en 125gr nos baltips
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120712-00327.jpg

ek en my pa het n week en n half lank gejag en dit was vrek lekker  dankie pa vd lekker skiet 

hier is pa pit met n jak wat hy geskiet het met die 270 op 411m
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120702-00258.jpg

dit was n reun en het 13kg geweeg

al wat ek nou nog moet gaan skiet is my takbok einde september en dan moet ek nog my blesbok by oom taffie gaan skiet wat hy gese het ek kan daar kom skiet

lekker aand al die ooms

moet al amper weer gaan slaap

toetsreeks is aan die gang :'( :'(

groete
BLOUVALKIE
Last edited by BLOUVALKIE on Thu Mar 06, 2014 4:42 pm, edited 2 times in total.
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by GreyGhostGear »

Lekker ou Valkie, baie mooi geskiet ou maat!
Sterkte met die toetse en mooi leer ;)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by Beretta »

Ja boetie mooi geskiet daar ou seun hou van jou skoen veters mooi man mag daar nog baie wees
Beretta
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by Frederik »

Netjies Netjies baie Netjies.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by KalahariKlong »

Baie mooi ou bul. Daar is sommer so paar yster skote.
Jy en daai 308 verstaan mekaar al mooi.
Baie geluk.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by FHM »

Ou Blouvalkie, jy kan nou maar jou naam opgradeer na Witkruisarend  ;) toe ou seun.
Allemintag man dis darrem n paar mooi bokke wat jy daar geskiet het. Pragtig ou seun en baie geluk. ;D
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by SV MAD (Henk) »

Baie mooi Valkie.

Sterkte met toetse
ek soek nog wapens...
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by johnny »

Blouvalkie

Baie mooi en mooi storie vertel ook, baie beter as jou pa, jy moet tog vir die manne se dat jy net so n bars hou daar op die skietbaan ook skiet, gaan een van die dae in n skietpan vir jou moet plek maak

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by G-force »

Mooi so Blouvalkie,skiet soveel ammo uit as wat jy kan en leer baie.
Jou Pa leer jou reg.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by FCLoretz »

Mooi geskiet Valkie,

Hou so aan.

Sterkte met die toets reeks
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by PITSMIT »

is n plesier ou bulperd

bly jy geniet dit

manne dis ons heel eerste "lang" jag saam gewees  week en n half van skiet braai en vleiswerk op die plaas 

ek kan net se ek is trots op die klein bogger  luister mooi in die veld en loop nie en raas en klippe skop soos baie grootmense saam wie ek jag nie

luister ook mooi vd skootplasing en afstand as ek hom se maar dit vat niks van sy skietkuns weg nie  hyself druk daai skoot af so al die mooi skote behoort aan hom

ons maak nog baie so as ons gespaar word seun
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by Geno »

Jacque,
Mooi geskiet matertjie! Jy skiet verseker baie beter as daai dik pa van jou! :D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by PITSMIT »

;D ;D  geno    ..I.. 

ten minste lyk ek nie soos n teerpaal wat mos op het nie soos jy wanneer jy jou hemp uittrek nie met daai woljas aan hahahahaha
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2488
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by Flip Nel »

Baie mooi Valkie
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by BLOUVALKIE »

Baie dankie al die ooms vir die mooi boodskappe!! en ek hoop al die toets reeks is al verby!!

Dis reg oom Johnny!! s? net watse span ek moet skiet!!

Dankie oom FHM!!

Dis reg oom G-force oom moet net die patrone stuur!!ek sal die doppies maak!!

groete
VALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by SmitH »

Baie mooi geskiet dit is darem lekker om te sien as die jong manne die bokke laat val

Groete
Smit
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom Smit

dankie vir die mooi boodskap oom!!

groete
VALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by Marc »

Lekker man Valkie

Sien jy gooi al lekker vir die kop  ;D ;D ;D ;D

Jy beter en s? vir jou Pa baie dankie vir daai mooie roer, ek moes my eerste geweer self koop en het dit eers in my twintiger jare kon doen. Jy is baie bevooreg, mag jy en jou pa nog diep spore in die veld trap  ;)

Hahahaa dink nou net daaraan, dis darem net koud as jy van punt a na punt b ry, as die bok eers geval het vergeet mens sommer gou van al die ander goeters wat jou gepla het  ;D en daai biltong proe mos gewoonlik die lekkerste  8)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom Mrac

hahahhahahahahhahahaha ja ons het vanmiddag so paar van daai s/bokke se biltonge afgehaal.
dis reg oom ek sal altyd my gewer oppas!!
hoop als gaan goed met oom se dogtertjie!!!

hallo oom kalahariklong

dankie vir die mooi boodskap!!
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by johnny »

Valkie

Is jy klaar met daai eksamen?  Tyd vir daai varkie ne.
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom johnny,

ja oom maar die oom wat my moet vat se al vir 'n jaar ek moet kom maar hyt nie tyd nie.

groete
VALKIE.
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by Francois Marais »

Valkie

Baie mooi gegooi, sterkte me die eksamens.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by tripodmvr »

Kyk nou so na julle fotos en dit laat my dink aan die Jansenville omgewing. Waar is daardie jakkals geskiet? Die uitsig agter is uitsonderlik.

'n Tweede vraag is oor die 125gr Sierras. Hoe maak hulle met vleisskade op die bladskote en werk hulle oor langer afstande (200-300). Het hulle in my 30-06 gelaai en het spoggerig op papier geskiet (100m) maar weet nie hoe hulle verder gaan presteer nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom driepoot

oom my pa het daai jakkals in steytlerville geskiet!!!!

dit is 125gr nosler bal tips.oom ons het nog nie daai afstand geskiet met hulle nie maar daai koeels het daai s/bok redelik seer gemaak.dis eintelik jakkals koeels maar mens kan net  kop skote skiet eintelik want dis goeie oes koeels

groete
VALKIE.
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: my jag sover vd 2012 seisoen

Post by tripodmvr »

BLOUVALKIE wrote: hallo oom driepoot

oom my pa het daai jakkals in steytlerville geskiet!!!!

dit is 125gr nosler bal tips.oom ons het nog nie daai afstand geskiet met hulle nie maar daai koeels het daai s/bok redelik seer gemaak.dis eintelik jakkals koeels maar mens kan net  kop skote skiet eintelik want dis goeie oes koeels

groete
VALKIE.
Dankie vir die inligting. Kon sien dit is iewers in die karroo - baie mooi wereld as mens in die berge inbeweeg.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply