Brandsiek Jakkals

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

Ek het Vrydagmiddag hierdie jakkalsteef tydens 'n dagroep geskiet. Kyk bietjie mooi hoe is haar hare af en let op hoe is die ore sulke korste van die siekte. Sy was nog heel op en wakker en het op 'n lekker drafstappie ingekom. Sy was uiterlik so gehawend dat ek eers gewonder het of dit 'n rooijakkals kan wees, van ver het sy amper soos 'n aardwolf gelyk. Ek moes mooi kyk na die kop en bek vorm om seker te maak dis jakkals se kind.
Groetnis
Johan

NS: Geno was so gaaf om vir my die foto's hier by te las.........dankie Geno!!
Where He leads me I shall follow!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Stefan764 »

Geno kom in Geno kom in  :angel:
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13642
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13642
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Geno »

Lyk hierdie jakkals nie vir julle ook bransiek nie?

Image
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

Dit lyk verseker ook na 'n sieke daardie Geno.
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Jakkalsgat »

Prohunt en Geno

Se nou net vir my, as jakkals so lyk laai jy hom op jou bakkie of los jy die teef net daar?

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13642
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Geno »

Oom Johan,
In watse area is die teef geskiet?
Jakkalsgat wrote: Prohunt en Geno

Se nou net vir my, as jakkals so lyk laai jy hom op jou bakkie of los jy die teef net daar?

Groete
Jaco
Jakes,
Ek sal die brakkie maar net daar los, en re?l dat die plaasvolk hom kom brand.



Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

Hallo Jaco,
Ek het die teef met 'n tou agter aan die bakkie gehang en by 'n asgat gaan weggooi. Die hoofrede was omdat ek haar naby 'n wildsuiping geskiet het en ek haar nie daar wou los om dalk nog diere met die siekte aan te steek nie.
Groetnis
Where He leads me I shall follow!
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

Geno,
So 40km anderkant Mafikeng na Stella se kant.
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Jakkalsgat »

Dankie vir die antwoord manne.

Wou net se ek vat nie met my hanne aan hom nie en hy ry nie op my bakkie nie, miskien nog met die drywer sin en dan sal hy self ma moet loop tot by die naaste stort ook. Ek is seker van daai goed kan op 'n man klim :o.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

Jaco,
Ek wou nog noem dat ek die pote met my mes gesny het en toe ek netnou so sit en biltong eet onthou ek dat ek nog nie die mes gewas het nie... :P :P ;D ;D
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Jakkalsgat »

Pro

Hoe gril ek nou!

Kook die mes vir 2 dae in dettol water en maak seker jy vat 10 druppels Dettol saam met Coke om jou ingewande ook skoon te kry :P

Stuur die res van al jou biltong na my toe sodat ek dit kan ontleet ;D

Groete en sterkte

Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

Jaco,
Lyk my jou leuse onderaan jou profiel byt jou hierdie keer

"SKIET WAT JY EET EN EET WAT JY SKIET"  ;D ;D
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Jakkalsgat »

Johan

Moet vir jou se jy kan dalk reg wees. ;D

Groete
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Jakkalsgat »

Johan

Ek het dit so pas verander ;)

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by prohunt »

;D ;D
Where He leads me I shall follow!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Gerhard »

Brandsiek word veroorsaak deur n meit wat op die vel voorkom.

As die dier onder stress is begin die simptome.

Brandsiek of Mange is een van die  natuur se maniere van beheer.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Jakkalsgat »

Dankie Gerhard
Gerhard wrote: Brandsiek word veroorsaak deur n meit wat op die vel voorkom.

As die dier onder stress is begin die simptome.

Brandsiek of Mange is een van die  natuur se maniere van beheer.
Ek het dit ook so maar nou wonder ek net behalwe vir 'n bakkie met skietstoel op wat laat jakkals nog stres ???

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Brandsiek Jakkals

Post by Gerhard »

Jakkalsgat wrote: Dankie Gerhard
Gerhard wrote: Brandsiek word veroorsaak deur n meit wat op die vel voorkom.

As die dier onder stress is begin die simptome.

Brandsiek of Mange is een van die  natuur se maniere van beheer.
Ek het dit ook so maar nou wonder ek net behalwe vir 'n bakkie met skietstoel op wat laat jakkals nog stres ???

Groete
Jaco
Meskien die volgende...

Hoe jakkalse populasie + Min kos = Stress op die dier.

Ek het n ruk terug met Mpumalanga Nat Con gesels oor Brandsiek en hulle is nie gepla oor een of twee nie...

Maar as daar wel eweskielik n klomp geskiet word in n distrik wat brandsiek is moet hulle in kennis gestel word.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply