Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post Reply
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Sarel »

Ek het nog altyd geglo dat jy nie deur takke of bosse moet skiet nie. Al my pelle and een PH het vir my gese: "Jy kan lekker deur takke skiet met die .375 en 'n bok nog steeds uithaal"
Dan het ek gese, nee ek doen dit nie. As ek nie seker is van my skoot nie, skiet ek nie!

Ek jag in die bosveld gereeld waar daar baie ruie bosse is, en al ook opgeval dat as 'n bok in die bos staan en jy kyk deur die teleskoop, dan lyk die bos minder. Het nooit so skoot gewaag nie, bang dat ek die bok sal kwes. En ek betaal nie eers vir die bokke wat ek daar skiet nie !!

Dankie vir die toetse en dat dit bewys dat nogal bewys dat die .375 die slegste gevaar het !!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Ek kyk maar so wat ander s? en stem volkome saam dat geen produk vrygespreek is nie.

Ek gaan ook geensins opkom vir Gerard nie, maar kom ons kyk ook na die volgende:

Vier motors word getoets om die topsnelheid te bepaal. Een vervaardiger kryf voor dat jy 95 oktaan brandstof gebruik, maar jy vul almal met 93 oktaan. Beslis gaan die een wat 95 moes gekry het nie sy volle potensiaal bereik nie en gaan 'n invloed h? op sy werkverrigting. Dit is dus duidelik dat hierdie voertuig benadeel word en nie die gewenste resultaat sal gee nie.

Indien Gerard se produk dus 200 v/s ekstra benodig om dit waarvoor hy ontwerp is te doen, kan hy nie presteer soos verwag word nie.

Kyk na my redenasie en die logika daaragter.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2484
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Flip Nel »

Chevvy SS

Ek het gou op GS se herlaai blad gaan kyk daar gee hulle vir beide die 375JDJ en 375 Win ladings met die selfde 200 gr koeel, die spoed in beide is 2500 fps met 'n twist van 19, wat baie stadiger is as die 2800 fps wat Oom Koos met geskiet het, beteken dit dat die koeel gaan nie reg werk nie en is eintlik nie geskik vir die kalibers nie.

En dan oor spoed hierdie statement is gemaak op 'n vorige post

Ek sien die miskonsepsie het hier ook opgeduik.  Ek wil dit onomwonde stel dat dit nie reg is nie.  GSC skryf nie die spoed voor, waarteen 'n koe?l gelanseer moet word nie.  Indien die begrip ?rens van ons webwerf af kom, sal ek dit waardeer as iemand dit asseblief kan uitwys en dat ek dan ontslae raak daarvan.

Ek wil nie 'n gestry begin nie dis net hoe ek die dinge lees
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Koos Barnard »

Dags?
Ek gaan nou maar hierdie een keer reageer op wat Gerard geskryf het. Die drie koe?ls waarna ek verwys het wat "getuimel" het, het die teiken plankdwars getref, die vorm van die gate wys duidelik die vorm/profiel van die koe?l. In my dommigheid het dit vir my soos tuimel gelyk en nie waggel of roteer nie. Dit was die eerste skote, nie die tweedes nie en dis eintlik die eerste skote wat tel. Ek sien jy sluit onder andere 'n tweede GS-koe?l by jou "goeie" resultate in.

Die GS gat wat ek toegeplak het, is nie verswyg nie, dit word duidelik in die verslag genoem, ek het net nie 'n kaartjie daarvoor geplak nie. Hierdie koe?l het van al die geskiete koe?ls die dowel die ligste getref. Eintlik het dit skaars 'n duikie gemaak en bloot 'n baie effense swart merkie gelaat. Die ander koe?ls waarna ek verwys het wat die dowels gesoen het, het duidelike happies uit die dowels gemaak. Maar ek is vreeslik jammer dat ek jou te na gekom het.

Uit my .375 se kort lopie sal dit maar bars om nog 300 tot 400vps te haal.

Ek is bereid om GS op my ignore lys te sit nadat die artikel in Magnum verskyn het maar dan moet jy groot asseblief die vorige artikel wat ek oor GS gedoen het, asook die vorige verslae en foto's van teikens, ens, wat steeds op jou website verskyn, verwyder. Gerard ja, ons ken jou al van Magnum af. Die oomblik as iemand nie oorverdowend jubel en juig oor jou koe?ls nie raak die apie op jou skouer baie groter. Ergste van alles, jy het eintlik glad nie nodig om GS-koe?ls se vermo?ns te probeer bewys nie. Dit lyk my jy kyk doelbewus mis hoe die ander koe?ls gekritiseer word ook my gunstelinge (onder andere Nosler Accu)  - wat ek self gekritiseer het.

Hierdie sal werklik my laaste reaksie wees op Gerard se aantygings.
Mooi loop

Ek sal dit aan die Forumlede oorlaat om hul eie gevolgtrekkings te maak
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Lourens Potgieter »

Selfs vir die grootste leek op die forum is dit duidelik dat die toets onpartydig was. Dankie vir die insiggewende verslag. Baie interresant!!!
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
Gerard

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Gerard »

Ek is bereid om GS op my ignore lys te sit nadat die artikel in Magnum verskyn het maar dan moet jy groot asseblief die vorige artikel wat ek oor GS gedoen het, asook die vorige verslae en foto's van teikens, ens, wat steeds op jou website verskyn, verwyder.
Dit is reeds gisteraand net voor middernag gedoen. http://www.gsgroup.co.za/08articles.html

Jy sal dan ook nie omgee as ek antwoord op jou Magnum artikel met een op die GSC website nie.
Die oomblik as iemand nie oorverdowend jubel en juig oor jou koe?ls nie raak die apie op jou skouer baie groter. Ergste van alles, jy het eintlik glad nie nodig om GS-koe?ls se vermo?ns te probeer bewys nie. Dit lyk my jy kyk doelbewus mis hoe die ander koe?ls gekritiseer word ook my gunstelinge (onder andere Nosler Accu)  - wat ek self gekritiseer het.
Dit skeel my min wat julle rapporteer oor ander fabrikate.  Ek doen gereeld my eie evaluasie van ander make en weet waarvoor ek soek.  Wat my die harnas in jaag van jou en Gregor is dat julle my voertuig neem, een plugdraad aftrek, 'n space saver band regs voor aansit en dan verkondig dat julle nie van spoed hou nie en dit is hoe julle gaan 'toets'. (Dankie vir die goeie analogie, Chevvy SS)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Beretta »

Koos Barnard
Dankie dat jy die post opgesit het en dit geplaas het soos jy dit gesien het. Steur jou min aan die kretiek wat jy ontvang het. Ons weet mos nou al dat die kretiek sal kom maak nie saak wat jy se nie. Soos hulle se vat dit met n knippie sout.  Jy het dit geplaas soos jy dit ondervind het. Nie soos vervaardigers dit wil hoor nie. Doen so voort met jou opregte mening en goeie skryf werk. Ek hoop jy kry die punte wat jou toekom met die goeie skryf werk.
Beretta
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Die .243 het bo verwagting goed gedoen. Ek het begin twyfel of die 8mm dowels die regtes was.

Weereens n bewys dat hoe kleiner die koelpunt en hoe hoer die spoed hoie beter die verrigting. hahaha, Speed kills. Wil my amper laat dink die 204 met die 32g Vmaxe sou n mooi presiese reguit pad gevat het.hahaha

Newat trek sommer so effe been.

Koos

Baie dankie vir die toetse wardeer dit baie en het sommer n paar koele slegter sien presteer as wat ek gedink het. Veral die Impalas omdat hulle solied en dus meer regied issou ek reken moes beter vaar. Seker maar die skerper skouer wat net aan eenkant weerstand vat en hom laat tuimel.

Weereens dankie vir n volledige onpartydage toets.
Last edited by BLOK on Tue Oct 16, 2012 11:22 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by tripodmvr »

Ek dink ons het hierdie perd nou mooi hol rug. Het met die vorige debat al ges? dat om iets raak te skiet op pad na die teiken nie goeie resultate sal h? nie.

Hier is nog bewyse bo dit wat ek al in Guns & Ammo gesien het. Al jou herlaaiwerk is om iets super akkuraat te maak en dan laat jy dit aan die noodlot oor om deur takke na 'n dier te skiet. Dit is mos nie 'n wiskundige of weldeurdagte metode nie. Quick Load kry kouekoors.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by FCLoretz »

Dankie Oom Koos.

Ek het die Verslag geniet op die Toetse wat gedoen is,

Dit bevestig weereens wat almal van die begin af gese het. GEEN KOEEL IS VRYGESPREEK VAN DEFLEKSIE.

Dit laat my terug dink aan my jag tog van die afgelope jaar.

Ek het agter 'n blouwilde bees aangeloop en uiteindelik een in 'n ou rivierbedding gekry. Die enigste skoot wat ek gehad het was deur gras. My beter wete het vir my gese dit was 'n groot risiko om die skoot te neem. Ek het begin beweeg om in 'n beter posisie in te kom. saodat ek 'n "oop" skoot kon kry. Maar die bwb het my gehoor. te ver te vinnig beweeg.

na die toetse is ek baie bly ek het nie die skoot geneem nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Piet Breedt »

Jy kan maar die spoed opjaag soos jy wil, as jy iets oppad na die teiken raakskiet, gaan dit n impak op die koe?lbaan h?. Dit help nie jy wil die resultate verwyder h? slegs omdat jou of enige van die koe?ls nie teen n presiese bepaalde spoed gelanseer was nie. Ek is bereid om presies dieselfde toets oor te doen met koe?ls wat jy self laai tot jou gegewe spoed Gerard, om my standpunt te staaf.

Kyk mooi wat Koos probeer doen het. Hy het geensins op enige fabrikaat probeer pik nie, net die feite geur gegee, selfs op sy eie self erkende "favorites"

Ek sal graag die toets wil laat herhaal waar jy dit self doen onder toesig van onafhanklikke skuts en Jagters wat ons self op die forum kan aanstel.

Dan kan daar mos geen twyfel wees nie, en Magnum of Koos hoef nie eers naby te wees.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Beretta »

Piet
Ek nominate vir Grumpy  ;D ;D ;D.
Beretta
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Marc »

Beretta wrote: Piet
Ek nominate vir Grumpy  ;D ;D ;D.
Beretta
Ek sekondeer  ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jean Marais »

Piet

Dis 'n goeie voorstel wat ek sal sekondeer.

Ek sal egter 'n stappie verder wil gaan as dit prakties moontlik is, en dit is om te kyk wat die koe?l sal doen as die dowel in die middel getref word, en wat gebeur as die koe?l dit net skrams tref. Die dowels moet ook min of meer ewe hard wees.

Ek is van mening dat koe?ls wat die dowels in die middel tref, meer in 'n reguit lyn behoort voort te beweeg (ongeag die stabiliteit), as 'n koe?l wat die dowel skrams tref. Die ogief van die koe?l gaan hier 'n invloed h?, of maak ek 'n foutiewe afleiding. Verder, is ek van mening dat die rotasiespoed van die koe?l wat die dowel in die middel tref aansienlik meer be?nvloed sal word as die een wat die dowel net skrams tref, derhalwe sal die stabiliteit van die middeltref koe?l aansienlik hierdeur be?nvloed word as die skramstref ene. Dit verduidelik dalk die dwars profiele van sommige van Koos se skote op die teiken.

Ek stem egter met Wouter en andere saam dat ongeag die fabrikaat, spoed, gewig, profiel van die koe?l, enige objek wat getref word 'n invloed op die koe?lbaan SAL h?, en ook op die stabiliteit van die koe?l, in 'n mindere of meerdere mate.

Ek hou die draad met aandag dop. Bly baie interessant.

Groetnis
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Beretta »

Vlakvark
Dit is nou n goeie punt van jou. Hulle moet net punts gewys verslag doen. ;D ;D ;D
Beretta
Danie Lombard .243

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Danie Lombard .243 »

12 Jaar gelede jag en my skoonpa in die bosveld daar doer bo in die Steenbokpan ditrik. Ek met my .300 Win Mag gelaai met 165gr Sierra Gameking @ by die 3400fps (ek weet dit is 'n verkeerde koeel en spoed vir bos maar ek was jonk, rof, weet alles en jag net kop skote) en my skoonpa jag met sy 30-06 gelaai met 180gr Nosler Partition (die beste koeel wat dwarsdeur alles skiet en nog wat daar in die bos)

Ek het eerste my gat gesien. Gemsbok te laag voor die kop geskiet met my kanon en daar gaaaat hy. KWES!!  Toe is dit my skoonpa wat 'n kudu koei skiet net anderkant een van die binne drade van die plaas. Staal draad. Blad skoot. Perfekte kaliber, perfekte koeel en perfekte skoot plasing vir die bos jag. Boem!,doep!, en daar gaan die kudu koeitjie. Die koeel het die draad getref, draad is afgeskiet, kudu is gekwes en draf op drie bene die bos in. Later kudu dood geskiet. Ek het die koeel gat op die blad goed beloer. Die areme koeel het nie 2 duim gepenetreer nie. lyk of die koeel die blad dwars getref het.

Alweer 'n lang storie net om te se dat geen koeel, maak nie saak die kaliber of die spoed suksesvol sal presteer as daar iets getref word oppad teiken toe nie. Koeel is nie ontwerp om eers 'n voorwerp te tref, homself te stabiliseer en dan suksevol verder sy vlugbaan te volg nie.

Laastens, vinnige platskiet kalibers met sagte loodkern koeels werk nie so lekker vir kopskote daar in die bos nie. En as jy gou gou jou gat wil sien en vinnig wil terug kom aarde toe, gaan probeer daai resep van my en gaan kwes 'n bok in die bos.

My haastige koeel het nie 'n takkie getref oppad gemsbok toe nie.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Ek is van mening dat koe?ls wat die dowels in die middel tref, meer in 'n reguit lyn behoort voort te beweeg (ongeag die stabiliteit), as 'n koe?l wat die dowel skrams tref. Die ogief van die koe?l gaan hier 'n invloed h?, of maak ek 'n foutiewe afleiding. Verder, is ek van mening dat die rotasiespoed van die koe?l wat die dowel in die middel tref aansienlik meer be?nvloed sal word as die een wat die dowel net skrams tref, derhalwe sal die stabiliteit van die middeltref koe?l aansienlik hierdeur be?nvloed word as die skramstref ene. Dit verduidelik dalk die dwars profiele van sommige van Koos se skote op die teiken.


Hierdie maak sin Jean.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jean Marais »

Vlakvark wrote: Ek wonder as Gerard nou die toets doen of hy nie sy krony agter die dowels kan sit nie dit sal intresant wees om te sien hoeveel spoed die punt verloor as hy iets tref
HAHAHA

Ek dink as hy 'n vlakvark gaan tref, die net nog 'n knop op sy kop gaan bykry.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Louis Kriel »

Dankie aan Koos. Baie goed gedoen. Alles in ag genome moet ek net 'n 243 kry vir volgende jaar se bosveld jag!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Chevvy SS »

Daar behoort tog 'n verskil te weesvan in die middel of op die kant "kiss".

Dis op jou moer of nie, nie waar nie?
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Jean Marais »

Gepraat van koe?l defleksie

Kyk na die video op hierdie skakel wat 'n Baret 50Cal doen as hy deflekteer.

http://www.youtube.com/watch?v=oPgC10Hsz9w
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by tripodmvr »

Sela. Amen......
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Boertjie »

Ek bly so 200km van Gerard af en sal met graagte n getuie by sy toets wil wees.As ek n datum en n plek van die toets kan uitvind, sal ek verseker daar wees.

Grumpy, ek dink ons flieg jou ook in as n getuie.

Boertjie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by tripodmvr »

Hou nou op krap aan Oom Leeu se klote. Julle kan hoeveel toetse doen as wat julle wil. Geen koe?l trek op dieselfde pad na hy 'n harde voorwerp getref het nie. Jy gaan ook nie 'n wiskundige formule kry waarvolgens jy dit kan bereken nie. Moet nou nie die kameel se jets tune nie. Gee hom 'n blommetjie vir sy ter aarde bestelling.

Wat s? ek - niemand gaan wen met die naverkragting nie en meer skade word daardeur gedoen. Die goeie bydraes van mense word nou oorskadu deur die "w? ek het gewen". Daar is meer voordeel te kry uit die deelneem van Gerard en al die ander mense op Jaracal as die wengevoel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard

Post by Carl »

Dankie stem saam M, ek het op 'n tyd baie geleer maar nou raak van die goed soos die ponie koerante of die beeld se berigte. Hou dit af van die Forum.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply