Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Delrico,ek wil graag mense soos jy as 'n vriend he. As jy ooit naby Williston verbykom laat weet my asb. Die Karoo-tjops se vet sal drup op die kole
WLM, ek wil ook graag 'n vriend soos jy h

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
As daar n braai uit die draad uit gereel word, dan was die 1000'e aanhalings verseker die moeite werd. Laat weet maar waar kan ons inval en help!!!!Stefan764 wrote: Oor die braai, so iets kan ENIGE tyd gereel word. Maak n lys van manne wat so braai sal wil hou en ek reel die plek met genoeg braaiers en hout. (regte hout. doringhout. nie pine of black wattle nie)
Veiligheid eerste manne!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Dit is soos dit in Brakpan gaan. Hulle nooi my nou die aand uit vir n fight, toe breek daar n braai uit.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
ChevyChevvy SS wrote: Delrico,ek wil graag mense soos jy as 'n vriend he. As jy ooit naby Williston verbykom laat weet my asb. Die Karoo-tjops se vet sal drup op die kole
WLM, ek wil ook graag 'n vriend soos jy h?!
Jy is ook welkom maat. Die S&O-gedagte is seker beter. Ek (anders as S&O
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Het jy ook reen gehad? Sien in koerant vandag Williston het 26 mm gehad?
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Dis 'n fout. Ek meet maar 5mm. Aan die weste kant van die distrik is manne wat al sedert Nov 2011 hulle diere voer.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Hallo Manne
Ek wil ietsie met julle deel wat dalk so liggie of wat vir iemand kan laat aangaan. Met ons markskiet in Nam gebeur dit dikwils op die ruier plase waar ek deur n gaping in die plantegroei na diere se koppe skiet. Let wel dit is deur n opening in die plantegroei en nie deur die plante nie.
Nou n mens sal aanle met jou teleskoop en wag dat n dier sy verskeining maak en dan skiet. Ek het al menigte male gevind as ek nader kom dat die dier aansienlik verder agter die bos le as wat ek vermoed het. Soms verstom die afstande my en besef ek dat n mens jouself maklik misgis met hoe ver die dier agter plantegroei regtig is.
Kom ons vat nou Biltongjagter se heel eerste stelling in die verband en so ook die daaropvolende toets om sy optrede te regverdig. Van die drie GS Custom koeels wat hy geskiet het gaan ek die een wat die meeste gedeflekteer het as voorbeeld gebruik. Die feleksie wat gemeet was is twee duim op n afstand van drie meter. Kom ons vat vir hierdie voorbeeld dat die defleksie wel konstand is en die koeel wel in n reguit lyn deflekteer. Dit gee ons n sommetjie van vier duim op ses meter, ses duim op nege meter, agt duim op twaalf meter en so aan en so aan. Kom ons se jy skiet vir die middel van die vitale organe wat n tien duim horisontale deursnee het gee dit vir ons n vyf duim grasie om nog steeds effektief te kan dood. As n mens na hierdie defleksie syfers kyk sal jy op 7,5m vanaf die teiken al op hierdie grens wees. Dis nou as jy weet wat die defleksie van die koeel gaan wees vooraf.
Wat ek probeer se is dat n mens maklik n fout kan maak met die afstand wat n dier agter die opstruksie staan en net n paar meter uit maak n enorme verskil aan die trefpunt van die koeel. Ek se hierdie spesifiek vir die manne wat dink dat hy maar daai kans kan waag omdat hy dink die dier staan naby aan die bos en dat die kans vir defleksie nie van so aard sal wees dat die dier gekwes kan word nie. Hierby moet ook nog opbreek en tuimeling aan gekoppel word. Tuimeling/waggel/ bollemakiesie noem dit wat jy wil was selfs in Biltongjagter se toets te bespeur met die GS Custom koeels. Met die groter prentjie in hierdie draad kan n mens mooi die ovaal gaatjie sien.
n Klompie jare terug skiet ek na n groot bobejaan mannetjie op so 180m in die bosveld met my 375 gelaai met 260gr Nosler Partition. Na die skoot slaan die mannetjie so ent van waar ek hom geskiet het neer. Dit verbaas my so bietjie met die kaliber maar stap toe nader. By hom gekom sien ek bloed by sy bek en neus uitkom maar geen koeelgat nie. Ek loop toe terug op my skietlyn en kry so 40m terug waar ek n 6mm takkie raakgeskiet het wat ek geensins gesien het in my haastigheid om kees om te dop nie. Ek het die mannetjie afslagplek toe gevat want ek wou die skedel he sowel as om te sien wat gebeur het met die koeel. Ons kry toe n ingaan plek in die bors van n stukkie kopermantel van die koeel wat toe al was wat die teiken getref het. Die storie verdiep deur dat ons daai middag sessie nog twee bobbejane kry nie ver van waar ek hierdie een geskiet het nie so dertig meter uitmekaar. Beide ook was getref met kopermantel stukkies! Met my skoot was ek nie eers bewus van ander bobbejane in my skietlyn nie! Onthou vyftien jaar terug was Nosler Partition van die top koeels wat jy mee kon skiet en dit was skokkend dat die koeel so kon opbreek deur so n ou klein takkie. Ek weet en is bewus dat mono koeels nie sommer so sal rageer vanwee hulle konstruksie nie, maar is wel nie vrygespreek van defleksie nie. Hierdie defleksie kan dalk in hierdie senario wat ek genoem het dalk n dier gekwes het of gedood het, wie weet?
Die uiteinde van hierdie hele storie is dat dat daar soveel veranderlikes is, en ek praat nie net van defleksie nie, dat ons moet bewus wees dat hierdie n enorme en onvoorspelbare risikos dra. Hierdie moet probeer vermy word deur etiese en konsensieuse jaters sover as moontlik.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Wouter,
Die manne het al op hierdie thread begin tjol praat, hy was op pad om (Uiteinelik) te sterf met al sy nare aanhangsels, en tossels, was dit nou regtig nodig om hom weer te bump, 'n dooie perd kan net tot sover geslaan word.
Wonder maar net

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Wouter, in die gebeure wat jy hier beskryf , sou n monokoel nie dalk vir jou n beter kans gegee het om jou teiken te dood sonder omliggende skade nie?Wouter Roets wrote: Onthou vyftien jaar terug was Nosler Partition van die top koeels wat jy mee kon skiet en dit was skokkend dat die koeel so kon opbreek deur so n ou klein takkie. Ek weet en is bewus dat mono koeels nie sommer so sal rageer vanwee hulle konstruksie nie, maar is wel nie vrygespreek van defleksie nie. Hierdie defleksie kan dalk in hierdie senario wat ek genoem het dalk n dier gekwes het of gedood het, wie weet?
Neem nou dieselfde situasie maar gestel dit was n koedoe bul waarna jy geskiet het met ongesiende koeie rondom hom.
Wat n koel doen as hy hy n obstruksie tref kan niemand voorspel nie. Somige koels doen beter as ander.
My opinie is gebruik die een wat jou die beste kans op sukses sal gee. Uit die resultate van die 2 toetse op die forum blyk dit vir my die GSC te wees, so ek sal dit gebruik.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Die topic is nou weer op die spoor sodat ek nie bang is om mense aanstoot te gee deur ook deel te neem nie.
Skiet na 'n springbok wat in 'n duikie staan se se kop uit die le-posisie op so 100m.
Ek kon slegs die bok se kop bokant die Boesmangras sien uitsteek. Toe die skoot afgaan kon ek 'n duidelike tik-geluid hoor. Die springbok het ongedeerd weggehardloop. My verklaring (of teorie want ek het geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie) is dat die 110gr. V-max (308) gras moes geraak het en gedeflekteer het. Die gras was so 60m voor my dus 40m vanaf die bok
. Die relatiewe ylheid van die obstruksie (kon nie gras waarneem deur 14x vergroting nie) het, volgens hierdie insident, nie verhoed dat defleksie wel plaas gevind het nie.

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Wouter daar was 'n hele paar jaar terug 'n forum op Magnum wat juis gegaan het oor Partitions wat selfs in vlug opgebreek het. Een ou het gepraat van 'n gemsbok wat hy geskiet het, wat twee ingangswonde gehad het. Ek onthou dit baie goed daarom dat ek tot vandag toe nie Partitions gebruik nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Bex, wat my probleem is met die aansprake wat al onder die topic gemaak is, is soos wat jy nou genoem het. gebruik die een wat die beste kans op sukses sal he. nou ek verstaan wat jy se, maar die probleem is dit wil nou al voorkom of ons, onself nou al begin "inchat" dat die skiet deur iets n gebruik kan raak. al wat die toetse my gewys het is dat geen koeel maar geen koeel konstant kan presteer nie. die toets wat Koos B gedoen het het die GSC op een manier geperform, op die toets wat Koos G gedoen het het die koeels op n ander manier perform. geen konstantheid nie, ook geen gronde om aanpsrake te maak van konstantheid nie. dit is ook nie n probleem nie ek verwag nie van my koeel vervaardiger om my konstantheid deur te takke te gee nie. dis onrealisties om dit van n vervaardiger te verwag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
+1!James Wilson wrote: Bex, wat my probleem is met die aansprake wat al onder die topic gemaak is, is soos wat jy nou genoem het. gebruik die een wat die beste kans op sukses sal he. nou ek verstaan wat jy se, maar die probleem is dit wil nou al voorkom of ons, onself nou al begin "inchat" dat die skiet deur iets n gebruik kan raak. al wat die toetse my gewys het is dat geen koeel maar geen koeel konstant kan presteer nie. die toets wat Koos B gedoen het het die GSC op een manier geperform, op die toets wat Koos G gedoen het het die koeels op n ander manier perform. geen konstantheid nie, ook geen gronde om aanpsrake te maak van konstantheid nie. dit is ook nie n probleem nie ek verwag nie van my koeel vervaardiger om my konstantheid deur te takke te gee nie. dis onrealisties om dit van n vervaardiger te verwag.
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Mac
Dit is geensins my intensie om verdere argumente uit te lok nie maar ek het gedink dat my bydrae so bietjie lig kan werp op n paar verwarrings wat wel geskep was in hierdie hele draad. Mense uit PM's wat ek ontvang het, sukkel blykbaar om te verstaan dat die koeel bly verder deflekteer namate die afstand toeneem vanwaar defleksie eerstens plaasgevind het, so ek het maar net van hierdie geleentheid gebruik gemaak om dit wel te probeer verduidelik aan ander lesers. Ek was onder die indruk dat ek wel iets nuut byvoeg deur die misskatting van afstand van die dier agter die obtruksie.
Mac ek se weereens dat ek geensins beoog het om hierdie hele ding weer aan die gang te sit nie en indien dit so oorkom vra ek onomwonde onverskoning daarvoor. Mac ek moet ook dalk noem dat ons almal dalk maar kan doen met n mind reset hierop Jaracal. As gevolg van hierdie afgelope tyd se gebeure sien almal net die ergste in enige skrywe raak gegrond of nie. Dit is tyd dat ons almal dalk net so bietjie die "benefit of the doubt" vir sy mede lid weer begin gee om sodoende te herwin wat die norm hier n ruk terug was. Mac ek sonder nou geensins jou uit nie maar praat sommer met almal in die algemeen oor hierdie.
Bex dit is verseker waar dat n mono nie sou optree soos wat ek bevind het met die Nosler Partition in die geval van vragmentasie/opbreek met die tref van die takkie nie. Hulle ontwerp en konstruksie gee dat hierdie nie een van hulle probleme is in die algemeen nie. Ek moet eerlik wees ek is bietjie huiwerig om dieper aflydings te maak oor die res van die resultate met hierdie toetse. Kom ek se jou hoekom. Wanneer n mens verdere resutate wil bekyk sal jy sien dat n mens gewoonlik n groter en meer gekontroleerde toets wil he. Dit is gewoonlik wat groot instansies wat hierdie toetse doen verlang en verkies voordat hulle afleidings begin maak. Dit sal nogal interssant wees indien hierdie tipe van toetse eendag wel gedoen en beskikbaar gestel word aan die bree skietwereld.
Ek wil net wel se dat die toetse wat wel hier gedoen was perfek was volgens my vir wat n persoon wou sien en dit is of enige koeel vrygespreek was van defleksie van n voorwerp.

Last edited by Wouter Roets on Mon Oct 22, 2012 1:51 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
30-06
Ek onthou ook die artikel. Ek het vir n lang ruk met hulle gejag uit my 375 Ackley Improved teen 2900ft/sek. Dit was 200ft/sek vinniger as wat hulle voor ontwerp was en ek het vir lank dit as verskoning gebruik vir die enorme vleisskade wat ek ervaar het. Ek het ook in hierdie spesifieke voorval gedink dat dit n bydraennde faktor kon wees vir die optrede van die koeel. Ek het op baie diere, veral die kleiner spesies, doelbewus die diere baie ver terug geskiet op die blad om vleisskade te probeer voorkom. Dit het my baie beperk met die gebruik van die kaliber. Een ding kan ek wel se en dit was dat as n dier geskiet was met die kombinasie hy verseker deeglik bewus was daarvan!

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Ek kan ongelukkig nie hiermee saamstem nie.bex wrote: Wat n koel doen as hy hy n obstruksie tref kan niemand voorspel nie. Somige koels doen beter as ander.
My opinie is gebruik die een wat jou die beste kans op sukses sal gee. Uit die resultate van die 2 toetse op die forum blyk dit vir my die GSC te wees, so ek sal dit gebruik.
Daar is geen manier om hierdie tipe van toets suksesvol te herhaal en te dupliseer nie. Dus sukkel ek nog om die "feit" te glo dat sommiges presteer beter as ander.... Ek se nie iemand lieg nie, ek se net ek sukkel om dit te glo...
James, 100% met jou post daar.
SHARKS-groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Julle verstaan vir Wouter verkeerd...... hy s? duidelik as jy drie bobbejane met een skoot wil plattrek, dan moet jy juis swak konstruksie koeels gebruik as jy deur die takke skiet........ hy het dit self bewys met sy .375!

.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Ek sal dan gaan vir 'n 416 Rigby. 4 bojane met 1 skoot!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Ja-Ja julle wetters!
Gedink die storie moes ek maar eerder gelos het!
Dit is verseker een van die snaakser en eienaardiger dinge wat met my al gebeur het in die veld. Ons verbasing was bitter groot toe ons die twee later so na aan mekaar kry. Ek het darem met n gids gejag wat gelukkig dieselfde storie as ek gehad het. n Vinnige veld outopsie het ook gewys dat nie een van die twee deur n "heel" 375 koeel getref was nie.
Ons sal nou nooit weet nie maar ek wonder soms hoeveel gekweste of dooie diere rondloop/le waarvan die jagter salig onbewus is?
Groetnis
Wouter
Gedink die storie moes ek maar eerder gelos het!
Ons sal nou nooit weet nie maar ek wonder soms hoeveel gekweste of dooie diere rondloop/le waarvan die jagter salig onbewus is?
Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Mon Oct 22, 2012 8:06 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Wouter,
As jy nie die PARTITIONS gebruik het nie, het jy nie 'n storie gehad vir die braai nie. Stel voor jy gebruik hulle net op Bojaane. Kan dalk duur raak op ander wild.
Al was die post van tyd tot tyd so effe van die pad af, het ek heelwat geleer uit dit. Baie intresante goed het uitgekom.
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Stem saam Henk.
Ek was een van ape wat oortuig was dat 'n .375 jag en ontbosting gelyktydig kan doen. Ook dat groter swaarder kalibers noodwendig minder sal deflekteer as ligte koeels uit klein kalibers.....
Nou-ja, na dese weet ek nou beter.
Sorry Wout, moes maar bietjie been trek!
Ek was een van ape wat oortuig was dat 'n .375 jag en ontbosting gelyktydig kan doen. Ook dat groter swaarder kalibers noodwendig minder sal deflekteer as ligte koeels uit klein kalibers.....
Nou-ja, na dese weet ek nou beter.
Sorry Wout, moes maar bietjie been trek!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Ek het heelwat Partitions by my pa gekry en ook gekoop dog dis 'n premium koe?l, ai wat bly oor net Barnes en Swift?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Carl
Onthou Nosler Partion is basies die oupa grootjie as dit kom by premuim koeels. Hulle het die weg gebaan daardie tyd en die koeel moet nog steeds n ere plek kry. Spoed vang hulle maar baie uit so indien jy hulle nie te hard jaag nie sal hulle jou nie sommer drop nie. Dit is die voorste gedeelte wat die moeilikheid en baie vleisskade gee. Gewigretensie het ek basies gevind op n konstante 60% van die oorspronklike gewig.
Ek is maar n groot mono man en kry bitter goeie resutate met hulle. Loodkern koeel het hulle plek gehad in die evolisie van koeels maar om eerlik te wees is daar maar min van die ontwerpe wat kan kers vashou by die voordele van mono's vir algemene jag.
Groetnis
Wouter
Onthou Nosler Partion is basies die oupa grootjie as dit kom by premuim koeels. Hulle het die weg gebaan daardie tyd en die koeel moet nog steeds n ere plek kry. Spoed vang hulle maar baie uit so indien jy hulle nie te hard jaag nie sal hulle jou nie sommer drop nie. Dit is die voorste gedeelte wat die moeilikheid en baie vleisskade gee. Gewigretensie het ek basies gevind op n konstante 60% van die oorspronklike gewig.
Ek is maar n groot mono man en kry bitter goeie resutate met hulle. Loodkern koeel het hulle plek gehad in die evolisie van koeels maar om eerlik te wees is daar maar min van die ontwerpe wat kan kers vashou by die voordele van mono's vir algemene jag.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
Dankie Wouter, ja darem beter as philemon s'n. Ek toets ook GMX en GSCustom HV, dis nog net ladings maar hulle begin mooi langs mekaar hardloop en sal binne kort n vleisie huis toe bring.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Koe?l Defleksie Toets Resultate - deur Koos Barnard
James
Niks uit die lang gesprekke oor die onderwerp het my laat dink dat ek nou deur bosse sal kan jag nie, ek het ook nie ervaar dat enigeiemand wat in die gesprekke deelgeneem het tot daai gevolgtrekking gekom het nie.
Soos Wouter se , die toetse was dalk nie wyd genoeg gedoen om te bewys dat een fabrikaat beter sal doen as n ander nie, maar wat ek wel vir myself uit die resultaat van die toets neem is dat terwyl die GSC dalk nie noodwendig beter as n ander gaan doen nie lyk dit wel of hy ten minste nie swakker sal doen nie. Daarom is die ander voordele wat die mono my bied bo die ander nogsteeds genoeg om my by my keuse te laat bly.