Tips vir November

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Tips vir November

Post by Gerhard »

Kom manne,

Die jonges gaan nou al begin terug antwoord...

Wat se tips het julle vir November maand?

1. Staan Plek
2. Werk die wind
3. Onthou Reel 1
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir November

Post by Louis102 »

Ek sou raai man kan maar aanhou met wat vir jou in Oktober gewerk het, vir die eerste helfte van November.  Hier in die laaste deel van November sou ek hier en daar Vlekkie D-tipe klanke 'n kansie gee om roepsessie mee af te skop.  Nou kan mens beswaarlik sonder 'n drywer jag! Kyk maar mooi of daai springhasies teen die rand nie dalk klein vlekkies is nie.  Baie goeie kans om neste nou raak te lig terwyl jy ry.  Die kinders behoort nou buite die gate te begin l?, veral op lekker warm windstil aande. Indien daar nader aan die jakkalse(ies) geskuif word, begin eerder met klein fyn kossies.

Indien jy op die gate staan, los maar eerder kosroepe en selfs jakkalsroepe.  Roep baie min, miskien net 'n klein jakkals distressie so elke 20-40 minute.  Tel maar die kleintjies terwyl jy wag vir die teef en hopelik die reun ook.

Wetie, dis hoe ek maar dink.  Sal graag hoor wat julle s?.

Mooiroep!
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Tips vir November

Post by MEERKAT »

Laat ons hoor op watter klank kleintjies die beste of altans die meeste van die tyd antwoord?
Groetnis
MEERKAT
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Om by die gate te wag vir die ouers, kan kleinjakkalsdistresse werk, maar het al tafjak 8 met reuse sukses gebruik.

Nogsteeds beter vir my om net te wag vir die teef, sy daag gewoonlik spoedig op. Jakkalshuil laat die jonges ook saam huil. Lyk nog steeds vir my dat as die ouers dood is, is dit werk om die jonges te laat antwoord in die dae daarna. Ek werk maar op ou GPS-merke en ook vanwaar die ouers reageer het.

Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Tips vir November

Post by Gerhard »

tafjak wrote:

Om by die gate te wag vir die ouers, kan kleinjakkalsdistresse werk, maar het al tafjak 8 met reuse sukses gebruik.

Nogsteeds beter vir my om net te wag vir die teef, sy daag gewoonlik spoedig op. Jakkalshuil laat die jonges ook saam huil. Lyk nog steeds vir my dat as die ouers dood is, is dit werk om die jonges te laat antwoord in die dae daarna. Ek werk maar op ou GPS-merke en ook vanwaar die ouers reageer het.

Voorspoed
Groot tip...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
JacoK
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sat Oct 22, 2011 11:07 am

Re: Tips vir November

Post by JacoK »

Ek is Jaco Kriel van Brandfort skiet al n paar jaar. Het die laaste paar weke goeie sukses gehad deur net vir 30 sekondes  n haas of bokkie in distres te speel  dan n minuut te wag jakkals baklei 1 vir daai eerste 5 tiks en dan net te wag en lig, niks fancy nie . Die ou ding vertel n storie.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Tips vir November

Post by MEERKAT »

Tip van die ou staatmaker , dankie ou Taffles, nou waars al die jong manne wat snags so rondry agter die goggas?
Groetnis
MEERKAT
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tips vir November

Post by johann »

Goeie tips oom taffie en louis! Veral die tafjak8 om neste om hul uit die gate te kry en die fyn kosklankkies om jong vlekkies skiet afstand te kry. Ek gebruik gewoontlik dassie, hasie DG1 en nou boomrot van oom louis om jongspan nader te kry as hul raakgelig word.

Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Tips vir November

Post by Freddie101 »

Louis

Het laas week n nes opgespoor met rooi d. Hulle my sommer lekker geantwoord. Kleintjies het al begin verkleur.

Grotes wou heelnag nie inkom. Maar ek dink hulle was naby. Plek was maar lelik met baie bosse en ek het maar heelnag amper op die gate gesit en kyk hoe die 2tjies rondspeel.( kon nie glo dit is net 2 nie, weet nie of daar nog iewers naby nog broers of susters is nie, maar het glad nie geantw) Soos Taffie se hulle het ook gereageer op jakhuil. Wil net weer waarsku. Ek het maar so elke uur/ uur en n half roepe probeer. Was heeltyd bang hulle verdwyn na grotes, want hulle het ook gereageer.  Hier teen 4 uur weer jakhuil geroep. klieintjies antwoord. Ma antwoord een skree en skielik trek die 2tjies weg dat klippe spat en weg is hulle. Uur later nog nie terug. Roep elsneus- 1kleintjie antwoord en kom teruggehol en ek sien hy wil weer pad vat en toe skiet ek hom. Het nogal die stukkie roep voor hulle weghol op selfoon opgeneem. Hoop die storie maak sin. Lyk maar deurmekaar vir my.

Taffie en Louis of wie ook al.
Dink julle daar is n spesifieke tyd in die nag wat beter is om kleintjies te laat antwoord.  Laat ek dit so stel is dit beter hier van 8 uur af of is net na son sak ook reg. Wonder maar net of die teef  nie dan nog naby is en hulle dan nie sal antwoord nie of sal hulle steeds antwoord as teef daar is. Dit is tog so dat die kleintjies baiekeer eers antwoord as ma/ pa gesing het.

Kan ook beaam dat Tafjak 8 kleintjies lekker laat uit gate kom om te kom kyk.

Groetnis Freddie
yol bolsun
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tips vir November

Post by johann »

Reun teef en jongspan het lekker geantwoord op vlekkie 3a, net jammer hul was langsaan by die buurman, kon nie ingaan nie. En ouers wou niks weet van inkom met die windjie wat heeltyd swaai nie.
25-06 Remington
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir November

Post by Louis102 »

Ou Freddie, ek sal nooit Tomcat se storie vergeet waar hy vertel het hoe hy, terwyl hy vir die teef op 'n duintjie sit en wag het, begin somme maak het nie.  Die kleintjies wat so tussen die klossie 3dorings voor hom gespeel, was elkeen R 500 plus die teef R 500 plus die Reun as hy gelukkig is, nog 'n R 500.  Dink hy het pas klaar sy kar paaiement so met die som makery afgelos, toe die teef daai kleintjies onder sy neus wegroep.  Daai's hartseer!  As daai kleintjies verkleur het, moet man versigtig wees alla Tomcat.

Moet s?, hier waar ek jag, kry ek dit heelwat reg om minstens 1 van die stel ouers weg van die gate te skiet.  Nogal heel partykeer altwee ook.  Dit is maar gewoonlik my plan van aksie, ek probeer eers my bes (sonder om totaal te oorroep) om die ouers eers weg van die gate te klop, voor ek gate toe skuif.

Het nie regtig vir jou 'n antwoord oor wanneer die beste tyd vir die kleintjies is om te antwoord nie.  Jag maar bitter laat namiddag en roep nie sommer voor heel donker nie.  Raai dis vroeg aand, maar sal eerder hoor wat die meer ervare manne daaroor te s? het.  Dink wel die weer speel 'n groot rol in hoe maklik hulle sal antwoord.

Mooiloop
Louis

Ns. Het iemand al so stukkie van Jakkies Worstel op die gate probeer om die oorblywende grotes in te kry?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Freddie

Ek dink ook dat as die ouers naby is(kleintjies weet dit) sal hulle makliker reageer.

Miskien moet ons meer Tafjak41/4/5 gekombineer met kombinasiebakleie gebruik in sulke gevalle waar die ouers eerder as die jonges gelok moet word, net nie te naby aan die gate nie(eerder op goeie staanplek). Het dit ook al met goeie sukses gebbruik, selfs in die tye nou waar die jonges gou hasepad kies en of hulle(jonges) reeds geskiet is.

Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Louis

Sorrie, het gou eers 50/50 gekyk en was halfpad met die antwoord en nie gesien wat jy antwoord nie. 'n Kombinasie baklei(bakoorjakkals, jakkie worstel/katjakkals) werk lekker op gate en hou ek net meer van oop gate om die jakkalsroepkombinasies te gebruik.

Het die week 2stelle(nie hul gate gesoek of gesien nie) weg van die gate geskiet met sulke tipe klanke. Hat hulle nie aan kos gestuur nie, maar as die paniek button gedruk word is vlekkie daar. Gisteraand(ja, op die heilige sondag) 'n stelletjie geskiet waar ek noodwendig eers in die kern moes inskuif. Die inskuif was net 682meter nader as vorige staanplek en was die 2 ou siele daar in 'n japtrap.
Moral of the story: "'n Datsun het wiele en 'n jakkals het voete".


Wat verblydend(vir my eie beeld natuurlik) was is dat ek 'n stel kon "intercept" met 'n kombinasie baklei en jakkalsbaklei1 gekombineer. Hulle was besig om na mekaar te roep(seker 400meter weg van mekaar) en was ek toe reg om hulle die roeper te wys met genoemde klanke, en dit was nogal teen tempo hewig. Dink ook nie ek was spesifiek in die kern nie, maar naby genoeg.

Nog 'n interresante een was dat ek op Jakkalshuil geen reaksie kry nie, maar 6minute later daag 'n jakkals op so 350meter van my staanplek en die ou gaan sit en kyk die storie eers mooi uit. Later(met steenbok op die roeper) het hy dwars voor my verby beweeg en later op sy spoor weer terug tot by sy sitplek. Na so 30minute(ek maar besig om aandag te trek met die roeper, jakbaklei4, tafjak 8 steenbok ens) begin hy weer skuif voor my verby en op die volgende jakkalsbaklei4 begin hy te roep, ek antwoord so liggies met jakkalsantwoord en toe was daar nie brieke nie.

Ek skiet so min jakkalse dat sulke insidente  aandag by my trek, en oja, my lig was nooit af vir die volle 55minute nie.

Mooiloop
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Tips vir November

Post by Freddie101 »

Louis en Taffie
Ja dit is maar n taaierige stel jakkalse en ek kon nie hond haaraf maak verder van die gate nie en het gehoop die kleintjies kan my help en toe ontdek ek hulle op baie moeilike plek. Maar dit is seker maar baie keer die geval. Ten minste het ek n paar goed oor hulle geleer en miskien kan die slagysters iets regkry.
mooiloop 
yol bolsun
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Tips vir November

Post by Freddie101 »

tafjak wrote: Ek dink ook dat as die ouers naby is(kleintjies weet dit) sal hulle makliker reageer.
Taffie
Ek leer al weer lekker. Hoekom sou jy se weet die kleintjies as ouers naby is. Maak hulle n geluid wat ons nie hoor of wat?

Terwyl jy nou op die lug is, moet ek maar n paar vrae vra. ;)
yol bolsun
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Freddie

Ek weet nie regtig hoe om jou te antwoord nie, maar klink tog of hulle die gebrom van die ouers ve^r kan hoor en daar is verseker 'n band tussen die lotjie.

Sien dit met hierdie lot van my. Hulle is rustig en ewe skierlik sal hulle opstaan en in 'n rigting kyk(sonder dat ek iets kan hoor) en minute later weergalm dit. Wetie, maar hulle weet van mekaar. Klink ook of jakkalse eers waarsku voordat hulle nie iets of iemand soek wat"daar moet wees" en kan ek baie keer eers die brom hoor voordat jakkalse antwoord(tot sove^r as 500meter) en ek dink hulle sal beter onder mekaar doen.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Tips vir November

Post by Dawie »

Laasweek het kleintjies tog te mooi geantwoord op Mooihuil...een keer.  Ouers was nerens
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Dawie

Ja, baie keer hoor ek net die jonges en glad nie die ouers nie(of so dink ek). Klanke soos Mooihuil, Elsneus en laaste deel van Vlekkied praat die jonges tog makliker om.

Rukkie gelede antwoord die jonges(so op 1km) my te lekker en geen ouers nie, net om te sien die 2 stoomtreine is al besig om die roeper te omsingel(binne 10mintute by roeper sonder enige geluid).

Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Tips vir November

Post by Dawie »

Taffie

Die spannetjie was so150-170m van my af. 
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Dawie

Ja, as 'n man so naby is werk dit lekker, veral as die roeper so bietjie sag is en die voorperd draai darie kop so heen-en-weer en sit die noot in. :D

Ek is nogal bang om hulle op te charge as dit reeds laat Oktober is, hulle raak weg tussen neus en ore.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Tips vir November

Post by Arno Pienaar »

Dankie vir die klomp tips oom Taf
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tips vir November

Post by Louis102 »

Taffie

Jakkals Antwoord (ek neem aan dis nr. 10 op Heinrich se gevorderde CD?): 

Kan jy so bietjie uitbrei oor die gebruik van hierdie klank.  Wanneer antwoord 'n mens 'n jakkals met jou roeper en wanneer is dit beter om maar in stilte te wag?

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Tips vir November

Post by tafjak »

Louis


Jakkalse wat self begin roep voordat jy met roeper 'n jakkalsroep op die staanplek gebruik het. Gewoonlik ook die soort jakkalse wat soek na reaksie(skrou-stilte-skrou-stilte-skrou..........). Hulle is gewoonlik alleen(of nee, altyd alleen) en sal Jakkals antwoord(#10), Vlekkie 2 of 3(#'s 7 en 8) en ook kan jakkalsbaklei4 werk. Nou al 'n paar gesien terwyl hulle roep en was dit nogal insiggewend om te sien die reaksie as jy hulle antwoord. Ek het dit ook al reggekry met Mooihuil, maar die genoemde klanke werk verseker beter.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Tips vir November

Post by johann »

Oom taffie kan 'n klankie soo reaksie jason ook in daardie opsig werk? Ek het al tafjak1 ook gebruik in die bo genoemde situasie waar ek die jak antwoord wat dit gewerk het en hy roeper toe gestorm het.

Groete Johann
25-06 Remington
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Tips vir November

Post by Dawie Malan »

Taffie

Ek dog dis net ek wat op die Sondag gaan skiet het. :) (Net buite Pretoria.)

Ek het 'n teef geskiet met kleinjakdistress. Daarna het ek twee jakkalse ingeroep met Elsneus en toe ek hulle stop is staan hulle in lyn met die boer se huis.  En ek wou nie 'n 88gr Berger deur sy blikbeker jaag nie. Toe los ek hulle maar vir slimmer word.

Groete

Dawie
Post Reply