Tips vir November
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Tips vir November
Kom manne,
Die jonges gaan nou al begin terug antwoord...
Wat se tips het julle vir November maand?
1. Staan Plek
2. Werk die wind
3. Onthou Reel 1

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir November
Ek sou raai man kan maar aanhou met wat vir jou in Oktober gewerk het, vir die eerste helfte van November. Hier in die laaste deel van November sou ek hier en daar Vlekkie D-tipe klanke 'n kansie gee om roepsessie mee af te skop. Nou kan mens beswaarlik sonder 'n drywer jag! Kyk maar mooi of daai springhasies teen die rand nie dalk klein vlekkies is nie. Baie goeie kans om neste nou raak te lig terwyl jy ry. Die kinders behoort nou buite die gate te begin l?, veral op lekker warm windstil aande. Indien daar nader aan die jakkalse(ies) geskuif word, begin eerder met klein fyn kossies.
Indien jy op die gate staan, los maar eerder kosroepe en selfs jakkalsroepe. Roep baie min, miskien net 'n klein jakkals distressie so elke 20-40 minute. Tel maar die kleintjies terwyl jy wag vir die teef en hopelik die reun ook.
Wetie, dis hoe ek maar dink. Sal graag hoor wat julle s?.
Mooiroep!

Goeie dade oortref goeie woorde.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Tips vir November
Laat ons hoor op watter klank kleintjies die beste of altans die meeste van die tyd antwoord?
Groetnis
MEERKAT
Groetnis
MEERKAT
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir November
Om by die gate te wag vir die ouers, kan kleinjakkalsdistresse werk, maar het al tafjak 8 met reuse sukses gebruik.
Nogsteeds beter vir my om net te wag vir die teef, sy daag gewoonlik spoedig op. Jakkalshuil laat die jonges ook saam huil. Lyk nog steeds vir my dat as die ouers dood is, is dit werk om die jonges te laat antwoord in die dae daarna. Ek werk maar op ou GPS-merke en ook vanwaar die ouers reageer het.
Voorspoed

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Tips vir November
Groot tip...tafjak wrote:
Om by die gate te wag vir die ouers, kan kleinjakkalsdistresse werk, maar het al tafjak 8 met reuse sukses gebruik.
Nogsteeds beter vir my om net te wag vir die teef, sy daag gewoonlik spoedig op. Jakkalshuil laat die jonges ook saam huil. Lyk nog steeds vir my dat as die ouers dood is, is dit werk om die jonges te laat antwoord in die dae daarna. Ek werk maar op ou GPS-merke en ook vanwaar die ouers reageer het.
Voorspoed
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
JacoK
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Sat Oct 22, 2011 11:07 am
Re: Tips vir November
Ek is Jaco Kriel van Brandfort skiet al n paar jaar. Het die laaste paar weke goeie sukses gehad deur net vir 30 sekondes n haas of bokkie in distres te speel dan n minuut te wag jakkals baklei 1 vir daai eerste 5 tiks en dan net te wag en lig, niks fancy nie . Die ou ding vertel n storie.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Tips vir November
Tip van die ou staatmaker , dankie ou Taffles, nou waars al die jong manne wat snags so rondry agter die goggas?
Groetnis
MEERKAT
Groetnis
MEERKAT
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Tips vir November
Goeie tips oom taffie en louis! Veral die tafjak8 om neste om hul uit die gate te kry en die fyn kosklankkies om jong vlekkies skiet afstand te kry. Ek gebruik gewoontlik dassie, hasie DG1 en nou boomrot van oom louis om jongspan nader te kry as hul raakgelig word.
Groete Johann
Groete Johann
25-06 Remington
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Tips vir November
Louis
Het laas week n nes opgespoor met rooi d. Hulle my sommer lekker geantwoord. Kleintjies het al begin verkleur.
Grotes wou heelnag nie inkom. Maar ek dink hulle was naby. Plek was maar lelik met baie bosse en ek het maar heelnag amper op die gate gesit en kyk hoe die 2tjies rondspeel.( kon nie glo dit is net 2 nie, weet nie of daar nog iewers naby nog broers of susters is nie, maar het glad nie geantw) Soos Taffie se hulle het ook gereageer op jakhuil. Wil net weer waarsku. Ek het maar so elke uur/ uur en n half roepe probeer. Was heeltyd bang hulle verdwyn na grotes, want hulle het ook gereageer. Hier teen 4 uur weer jakhuil geroep. klieintjies antwoord. Ma antwoord een skree en skielik trek die 2tjies weg dat klippe spat en weg is hulle. Uur later nog nie terug. Roep elsneus- 1kleintjie antwoord en kom teruggehol en ek sien hy wil weer pad vat en toe skiet ek hom. Het nogal die stukkie roep voor hulle weghol op selfoon opgeneem. Hoop die storie maak sin. Lyk maar deurmekaar vir my.
Taffie en Louis of wie ook al.
Dink julle daar is n spesifieke tyd in die nag wat beter is om kleintjies te laat antwoord. Laat ek dit so stel is dit beter hier van 8 uur af of is net na son sak ook reg. Wonder maar net of die teef nie dan nog naby is en hulle dan nie sal antwoord nie of sal hulle steeds antwoord as teef daar is. Dit is tog so dat die kleintjies baiekeer eers antwoord as ma/ pa gesing het.
Kan ook beaam dat Tafjak 8 kleintjies lekker laat uit gate kom om te kom kyk.
Groetnis Freddie

yol bolsun
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Tips vir November
Reun teef en jongspan het lekker geantwoord op vlekkie 3a, net jammer hul was langsaan by die buurman, kon nie ingaan nie. En ouers wou niks weet van inkom met die windjie wat heeltyd swaai nie.
25-06 Remington
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir November
Ou Freddie, ek sal nooit Tomcat se storie vergeet waar hy vertel het hoe hy, terwyl hy vir die teef op 'n duintjie sit en wag het, begin somme maak het nie. Die kleintjies wat so tussen die klossie 3dorings voor hom gespeel, was elkeen R 500 plus die teef R 500 plus die Reun as hy gelukkig is, nog 'n R 500. Dink hy het pas klaar sy kar paaiement so met die som makery afgelos, toe die teef daai kleintjies onder sy neus wegroep. Daai's hartseer! As daai kleintjies verkleur het, moet man versigtig wees alla Tomcat.
Moet s?, hier waar ek jag, kry ek dit heelwat reg om minstens 1 van die stel ouers weg van die gate te skiet. Nogal heel partykeer altwee ook. Dit is maar gewoonlik my plan van aksie, ek probeer eers my bes (sonder om totaal te oorroep) om die ouers eers weg van die gate te klop, voor ek gate toe skuif.
Het nie regtig vir jou 'n antwoord oor wanneer die beste tyd vir die kleintjies is om te antwoord nie. Jag maar bitter laat namiddag en roep nie sommer voor heel donker nie. Raai dis vroeg aand, maar sal eerder hoor wat die meer ervare manne daaroor te s? het. Dink wel die weer speel 'n groot rol in hoe maklik hulle sal antwoord.
Mooiloop
Louis
Ns. Het iemand al so stukkie van Jakkies Worstel op die gate probeer om die oorblywende grotes in te kry?
Moet s?, hier waar ek jag, kry ek dit heelwat reg om minstens 1 van die stel ouers weg van die gate te skiet. Nogal heel partykeer altwee ook. Dit is maar gewoonlik my plan van aksie, ek probeer eers my bes (sonder om totaal te oorroep) om die ouers eers weg van die gate te klop, voor ek gate toe skuif.
Het nie regtig vir jou 'n antwoord oor wanneer die beste tyd vir die kleintjies is om te antwoord nie. Jag maar bitter laat namiddag en roep nie sommer voor heel donker nie. Raai dis vroeg aand, maar sal eerder hoor wat die meer ervare manne daaroor te s? het. Dink wel die weer speel 'n groot rol in hoe maklik hulle sal antwoord.
Mooiloop
Louis
Ns. Het iemand al so stukkie van Jakkies Worstel op die gate probeer om die oorblywende grotes in te kry?
Goeie dade oortref goeie woorde.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir November
Freddie
Ek dink ook dat as die ouers naby is(kleintjies weet dit) sal hulle makliker reageer.
Miskien moet ons meer Tafjak41/4/5 gekombineer met kombinasiebakleie gebruik in sulke gevalle waar die ouers eerder as die jonges gelok moet word, net nie te naby aan die gate nie(eerder op goeie staanplek). Het dit ook al met goeie sukses gebbruik, selfs in die tye nou waar die jonges gou hasepad kies en of hulle(jonges) reeds geskiet is.

Sorrie, het gou eers 50/50 gekyk en was halfpad met die antwoord en nie gesien wat jy antwoord nie. 'n Kombinasie baklei(bakoorjakkals, jakkie worstel/katjakkals) werk lekker op gate en hou ek net meer van oop gate om die jakkalsroepkombinasies te gebruik.
Het die week 2stelle(nie hul gate gesoek of gesien nie) weg van die gate geskiet met sulke tipe klanke. Hat hulle nie aan kos gestuur nie, maar as die paniek button gedruk word is vlekkie daar. Gisteraand(ja, op die heilige sondag) 'n stelletjie geskiet waar ek noodwendig eers in die kern moes inskuif. Die inskuif was net 682meter nader as vorige staanplek en was die 2 ou siele daar in 'n japtrap.
Moral of the story: "'n Datsun het wiele en 'n jakkals het voete".
Wat verblydend(vir my eie beeld natuurlik) was is dat ek 'n stel kon "intercept" met 'n kombinasie baklei en jakkalsbaklei1 gekombineer. Hulle was besig om na mekaar te roep(seker 400meter weg van mekaar) en was ek toe reg om hulle die roeper te wys met genoemde klanke, en dit was nogal teen tempo hewig. Dink ook nie ek was spesifiek in die kern nie, maar naby genoeg.
Nog 'n interresante een was dat ek op Jakkalshuil geen reaksie kry nie, maar 6minute later daag 'n jakkals op so 350meter van my staanplek en die ou gaan sit en kyk die storie eers mooi uit. Later(met steenbok op die roeper) het hy dwars voor my verby beweeg en later op sy spoor weer terug tot by sy sitplek. Na so 30minute(ek maar besig om aandag te trek met die roeper, jakbaklei4, tafjak 8 steenbok ens) begin hy weer skuif voor my verby en op die volgende jakkalsbaklei4 begin hy te roep, ek antwoord so liggies met jakkalsantwoord en toe was daar nie brieke nie.
Ek skiet so min jakkalse dat sulke insidente aandag by my trek, en oja, my lig was nooit af vir die volle 55minute nie.

Louis en Taffie
Ja dit is maar n taaierige stel jakkalse en ek kon nie hond haaraf maak verder van die gate nie en het gehoop die kleintjies kan my help en toe ontdek ek hulle op baie moeilike plek. Maar dit is seker maar baie keer die geval. Ten minste het ek n paar goed oor hulle geleer en miskien kan die slagysters iets regkry.
mooiloop

Taffietafjak wrote: Ek dink ook dat as die ouers naby is(kleintjies weet dit) sal hulle makliker reageer.
Ek leer al weer lekker. Hoekom sou jy se weet die kleintjies as ouers naby is. Maak hulle n geluid wat ons nie hoor of wat?
Terwyl jy nou op die lug is, moet ek maar n paar vrae vra.
yol bolsun
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir November
Freddie
Ek weet nie regtig hoe om jou te antwoord nie, maar klink tog of hulle die gebrom van die ouers ve^r kan hoor en daar is verseker 'n band tussen die lotjie.
Sien dit met hierdie lot van my. Hulle is rustig en ewe skierlik sal hulle opstaan en in 'n rigting kyk(sonder dat ek iets kan hoor) en minute later weergalm dit. Wetie, maar hulle weet van mekaar. Klink ook of jakkalse eers waarsku voordat hulle nie iets of iemand soek wat"daar moet wees" en kan ek baie keer eers die brom hoor voordat jakkalse antwoord(tot sove^r as 500meter) en ek dink hulle sal beter onder mekaar doen.

Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Tips vir November
Laasweek het kleintjies tog te mooi geantwoord op Mooihuil...een keer. Ouers was nerens
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir November
Dawie
Ja, baie keer hoor ek net die jonges en glad nie die ouers nie(of so dink ek). Klanke soos Mooihuil, Elsneus en laaste deel van Vlekkied praat die jonges tog makliker om.
Rukkie gelede antwoord die jonges(so op 1km) my te lekker en geen ouers nie, net om te sien die 2 stoomtreine is al besig om die roeper te omsingel(binne 10mintute by roeper sonder enige geluid).
Voorspoed
Ja, baie keer hoor ek net die jonges en glad nie die ouers nie(of so dink ek). Klanke soos Mooihuil, Elsneus en laaste deel van Vlekkied praat die jonges tog makliker om.
Rukkie gelede antwoord die jonges(so op 1km) my te lekker en geen ouers nie, net om te sien die 2 stoomtreine is al besig om die roeper te omsingel(binne 10mintute by roeper sonder enige geluid).
Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Tips vir November
Taffie
Die spannetjie was so150-170m van my af.
Die spannetjie was so150-170m van my af.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir November
Dawie
Ja, as 'n man so naby is werk dit lekker, veral as die roeper so bietjie sag is en die voorperd draai darie kop so heen-en-weer en sit die noot in.
Ek is nogal bang om hulle op te charge as dit reeds laat Oktober is, hulle raak weg tussen neus en ore.
Mooiloop
Ja, as 'n man so naby is werk dit lekker, veral as die roeper so bietjie sag is en die voorperd draai darie kop so heen-en-weer en sit die noot in.
Ek is nogal bang om hulle op te charge as dit reeds laat Oktober is, hulle raak weg tussen neus en ore.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Arno Pienaar
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Tips vir November
Taffie
Jakkals Antwoord (ek neem aan dis nr. 10 op Heinrich se gevorderde CD?):
Kan jy so bietjie uitbrei oor die gebruik van hierdie klank. Wanneer antwoord 'n mens 'n jakkals met jou roeper en wanneer is dit beter om maar in stilte te wag?
Mooiloop
Louis
Jakkals Antwoord (ek neem aan dis nr. 10 op Heinrich se gevorderde CD?):
Kan jy so bietjie uitbrei oor die gebruik van hierdie klank. Wanneer antwoord 'n mens 'n jakkals met jou roeper en wanneer is dit beter om maar in stilte te wag?
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Tips vir November
Louis
Jakkalse wat self begin roep voordat jy met roeper 'n jakkalsroep op die staanplek gebruik het. Gewoonlik ook die soort jakkalse wat soek na reaksie(skrou-stilte-skrou-stilte-skrou..........). Hulle is gewoonlik alleen(of nee, altyd alleen) en sal Jakkals antwoord(#10), Vlekkie 2 of 3(#'s 7 en
en ook kan jakkalsbaklei4 werk. Nou al 'n paar gesien terwyl hulle roep en was dit nogal insiggewend om te sien die reaksie as jy hulle antwoord. Ek het dit ook al reggekry met Mooihuil, maar die genoemde klanke werk verseker beter.
Mooiloop
Jakkalse wat self begin roep voordat jy met roeper 'n jakkalsroep op die staanplek gebruik het. Gewoonlik ook die soort jakkalse wat soek na reaksie(skrou-stilte-skrou-stilte-skrou..........). Hulle is gewoonlik alleen(of nee, altyd alleen) en sal Jakkals antwoord(#10), Vlekkie 2 of 3(#'s 7 en
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Tips vir November
Oom taffie kan 'n klankie soo reaksie jason ook in daardie opsig werk? Ek het al tafjak1 ook gebruik in die bo genoemde situasie waar ek die jak antwoord wat dit gewerk het en hy roeper toe gestorm het.
Groete Johann
Groete Johann
25-06 Remington
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Tips vir November
Taffie
Ek dog dis net ek wat op die Sondag gaan skiet het.
(Net buite Pretoria.)
Ek het 'n teef geskiet met kleinjakdistress. Daarna het ek twee jakkalse ingeroep met Elsneus en toe ek hulle stop is staan hulle in lyn met die boer se huis. En ek wou nie 'n 88gr Berger deur sy blikbeker jaag nie. Toe los ek hulle maar vir slimmer word.
Groete