Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Hein M. »

Daan Els wrote: Hi Langes,
Ons het die SB loop/aksie kombinasie ingevoer uit Spanje via Brasilia. Daar is inks fout met hulle nie en ons het ook nooit werklik probleme met hul gehad nie. Ons het egter van die begin opgetel dat hul lope baie nou is, veral die 243's. Ons het al die lope opgemeet en vervang met LIW lope aangesien Musgrave op baie Klein skaal lope gemaak het.
Probleme met SB reeks was onderandere.
1. Veiligheidsknip het self beweeg sodra jy op die sneller druk.
2. Lope baie nou
3. Feeding
Maar soos genoem is al die reggestel tydens finale inspeksie.
Kal: 243, 270, 308 & 3006
Geniet hom, werklik nice gewere gewees.
Daan
Ja,

Ek het met my SB feeding probleme gehad.  Sommer self reggestel.

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

Hi Gillie,
Ja, ons het die Berettas as onderdele vanaf Beretta ingevoer en Dan aanmekaar gesit. Inteendeel, die aksie was reeds saamgestel en al die hout gedeeltes was ook greed vir pas. Ons moes so invoer omdat voltooide Wapens se invoerbelasing baie hoog was en dan was daar ook nog die arms embargo. Het self baie jare met die S56E geskiet.
Die M 90 met die swart tip was die luukse model gewees en is hier in die doodsnikke van Musgrave vervaardig.

Groete,
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
Sandban(g)k
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sat Oct 20, 2012 5:38 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Sandban(g)k »

Oom Daan

Elke ou wil seker sy eie geweer se geskiedenis he, maar kan oom asb oom se opinie gee oor n 7x57 model 90. Sy nr is S90 0077 A.

Groete
Andre
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by vriell »

Daan,

Baie dankie vir jou bydrae . Dit word waardeer . Ek het onlangs 'n 6mm Musgrave oorgeneem by iemand.Nerens op die geweer is aangedui dat dit 'n Musgrave is nie.Die vorige eienaar het bevestig dat die geweer deur  Musgrave (Ben)persoonlik vir hom gebou was.Die enigste letters wat op die loop is is "6mm" en "V 0451" . Ek het geen rede om die vorige eienaar se woorde te betwyfel nie maar sal tog graag meer inligting wil bekom.Op die vorige eienaar se lisensie is die woorde "Vektor aksie " onder andere gewees. Ek sal enige inligting waardeer.

Groetnis

Len
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

Andre, die S is vir std en dit is n mod90. Ek kan ongelukkig nie presies se wanneer hy vervaardig is nie, dit is opgeteken in registers wat nou in LIW se hand is.
Groete
Daan
n Akkurate geweer skiet waar jy mik! Die beste tyd om vir jou pel te gaan kuier is so 14 dae nadat hy gaan jag het!
josh..
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Fri Dec 21, 2012 1:47 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by josh.. »

Hi daan.

Wonder if you could help? I recently bought a rifle second hand from a gunshop from a deceased estate it is a .243 win built onto a old bsa .303 action (custom done by musgrave) its the first one I've seen like it . It looks similar to the 6mm musgrave. Bbut is in .243 calibre . Have you seen or heard of any others like it ?? I'd realy appreciate any info. On it like maximum loads etc. As I can't find anybody who has heard of such a rifle. . Would appreciate ur help
Regards
Josh
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Armand Steenkamp »

Josh,
Baie welkom hier! Jammer ek gooi nou afrikaans maar my ingels is maar nie watse nie! Gan stel bietjie jou self voor in die voorportaal dan gesels ons lekker.

Oor jou geweer, Oom daan sal jou nou die beste kan se, maar ek het ook al gehoor van n 243`s en 308`s wat op 303aksies gebou is. Ek sou maar reedelik skrikerig wees as dit op die lee engfield aksie is. Ek praat onder koreksie maar dink hulle is net veronderstel om drukvlakke rondom 45 000psi te hanteer en 243 genereer baie meer as daai!!
Groetnis
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

@ Josh:
Hi Josh,
We never converted the BSA bolt action to 243. There were however a few gunsmith's who converted these rifles to 243 & 308. I know the magazine & bolt face were quite a challenge due to the original cartridge design differences to the 243, etc.
I have to support Armand and suggest you have the rifle inspected by a reputable gunsmith.
Good luck,
Daan
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

@Len:
Sjoe, Len, het ek jou ooit geantwoord? Jammer! Ek dink die geweer mag wel n oorspronklike Musgrave & Seuns omskepping wees.
Ek dink die Vektor is op die lisensie aangebring nadat die geweer moontlik van eienaar verwissel het en die vorige ou dalk nie n lisensie gehad het of dalk n boedel wapen. Vektor het egter nooit omskakelings gedoen nie.
Hoop dit help bietjie?
Groete
Daan
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

Jake,
Die probleem is nie die slagpen veer nie!.
1. Maak eers seker die kopspasie (head space) is korrek.
2. Die slagpen uitsteking voor op die grendel gesig (bolt face) is die volgende ondersoek. Passop.....die slagpen uitsteking moet verkieslik deur n kundige gestel word. Indien die slagpen te kort is sal dit net n Klein merkie op die slagdop maak. Die slagpen moet dus gestel word deur dit anti- kloksgewys te draai. Daar is n klein gripscrew onder die haan (cocking piece) wat losgemaak moet word.
3. Jy sal opmerk dat die slagpen n platvlak op die skroefdraad het wat ooreen moet stem met die lock-
skroefie.
4. Die slagpen moet net genoeg voor in die grendelgesig uitsteek om die slagdop af te sit.
5 INDIEN DIE SLAGPEN TE VER UITSTEEK, KAN DIT DIE SLAGDOPPIE PENETREER EN LELIKE NAGEVOLGE HE. INDIEN JY SELF DIE VERSTELLING ONDERNEEM, DRA ASB N VEILIGHEIDSBRIL & plaas n lap of stuk leer Bo-oor die slot sodat stukkies kruit , ens nie in jou oe beland nie.

My advies.........vat hom na wapensmid.

Groete,
Daan
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

Jake,
Wou ook noem dat jy n lee dop met slagdoppie gebruik en beslis nie n gelaaide een!
Daan
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by mariusr »

Hallo Daan
Ek het ook Musgrave mod 80 in 30 06 nr begin met M400 die geweer het twee verskilende gun blue op "rooii"gun blue by die aksie se kant! Die "push feed " aksie is glad soos seep en het nog nooit probleme gegee nie ek stoor die geweer met slot oop want hoor die plunger ejector spring word pap as slot heeltyd toe is!Ek het die stock ook laat bed en die loop is free floating moet net se die geweer is baie swaar veral as jy ver loop met die man! Die 30 okwes is baie akkuraat en is baie lief vir die ou roer!

Groete
Marius
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

Hi Marius,
Van die Mod 80 aksies wou nie "blou" nie en het so n wynrooi uitgekom. Daar is n metalurgiese verduideliking wat ek vergeet het. Dit is later reggestel. Daar is egter geen fout met die metaal se gehalte nie, as ek reg onthou, eerder n voordeel.
Groete
Daan
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by mariusr »

Dankie Daan in teel deel dit lyk baie mooi op die geweer die swart loop en dan die wyn rooi met swart !
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by vriell »

Daan Els wrote:@Len:
Sjoe, Len, het ek jou ooit geantwoord? Jammer! Ek dink die geweer mag wel n oorspronklike Musgrave & Seuns omskepping wees.
Ek dink die Vektor is op die lisensie aangebring nadat die geweer moontlik van eienaar verwissel het en die vorige ou dalk nie n lisensie gehad het of dalk n boedel wapen. Vektor het egter nooit omskakelings gedoen nie.
Hoop dit help bietjie?
Groete
Daan
Dankie Daan...dit word waardeer.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Daan Els »

Jake,
Het jy reggekom met die 80 se afslaan? Ek bedoel nou nie Golf nie....ha...ha!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Danie01 »

Oom Daan of ander,

Is daar nie dalk n paar foto's of "link" wat 'n mens mooi kan sien hoe die verskillende musgrave aksies verskil en lyk nie? Watter aksie was die beter musgrave aksie en hoekom?

Groete
Danie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Eugene »

Danie01 wrote:Oom Daan of ander,

Is daar nie dalk n paar foto's of "link" wat 'n mens mooi kan sien hoe die verskillende musgrave aksies verskil en lyk nie? Watter aksie was die beter musgrave aksie en hoekom?

Groete
Danie
Baie goeie voorstel, sal dit ook graag wil sien en hoor! :)
Aim small, miss small
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Johnnie De Wet »

Hi Oom Daan,

Van watse staal is die RSA aksies gemaak?
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by mariusr »

Ek wil net noem my musgrave mod 80 se aksie is so glad soo seep en al my seuns.is mal oor die "push feed" aksie en verkies. die bo al my brno's!
Baries
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Thu Apr 25, 2013 7:52 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Baries »

Hello Oom Daan,

Ek het 'n paar jaar gelede 'n Custom Musgrave .270 by die oorspronklike eienaar gekoop. Sover ek weet het hy die wapen by Musgrave in 1996 laat vervaardig.
Daar is geen kentekens op die wapen wat wys dit is 'n Musgarve nie. Slegs die kaliber en reeks nommer.
Op die loop, chamber en slot is die SABS pons merk wat lyk soos 'n "T", soos beskryf word op Wikipedia.
Die geweer 'n oktagonale loop. Ek is nie seker oor die aksie, die vorige eienaar dink dit is 'n RSA 2000.
Die agterkant van die loop and slot het die diep wynrooi kleur wat jy elders op die forum bespreek het.

Ek sal dit waardeer as jy enige addisionele inligting oor die geweer kan verskaf. Enigiets kenmerkend oor die geskiedenis en vervaardiging van die geweer.

Dankie.
IMG_0022_B.jpg
IMG_0020_B.jpg
IMG_0019_B.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by James Wilson »

Sjoe, maar dit is n pragstuk! Ek sal laat Daan jou on detail verduidelik, die custom shop van Musgrave ws een van die departemente onder Daan. Al wat ek jou kan se is dat die T wat jy sien, staan vir Trevor Musgrave. Een van die seuns van Musgrave en seuns
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Hein M. »

Baries

Ja, wat 'n pragstuk ;)

Ek sal ook graag wil weet of die RSA-staal van 30 jaar gelede afsteek by die hedendaagse stale wat gebruik word...

Mooiloop!

Hein M
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by swc-tr »

Johnnie De Wet wrote:Hi Oom Daan,

Van watse staal is die RSA aksies gemaak?
Ek is nie Daan Els nie, maar die materiaal is EN19. Dopverhard.
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Ex Musgrave werknemer- navrae welkom

Post by Johnnie De Wet »

swc-tr wrote:
Johnnie De Wet wrote:Hi Oom Daan,

Van watse staal is die RSA aksies gemaak?
Ek is nie Daan Els nie, maar die materiaal is EN19. Dopverhard.
Dankie vir die hulp!
Post Reply