laaste skiet vd jaar

Enigeiets wat die jongklomp interresant mag vind/Anything wich might be worth mentioning among teenagers
Post Reply
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

laaste skiet vd jaar

Post by BLOUVALKIE »

hallo al die ooms

gelukkig is die eksamen nou verby  ek het darem goed gedoen die jaar  ek het negende gestaan van al die st 3 kinders in die hele groep  ek dink ons is so 90 kinders in st3

ek het n diploma gekry vir 7 van my 9 vakke waar ek meer as 80% vd jaar gehad het gemiddeld vir elke vak

ons het saterdag ons sa jagters tak (kwaggatak) se einde van die jaar funshoot gehad  dit was baie lekker en ek het dit kwaai geniet  die geweer was reg en die skiet was aan  weer was eers bitji kwaai windirig maar later was dit beter soos ons hom leer ken het en getsel het vir die wind

my pa het eerste geskiet en nie so wild gedoen nie ;D ;D :angel: ek gaan nie sy score se nie
ek het twede geskiet en 44/50 geskiet :police:

dit het so gewerk jy kry 10 skote  8 op n vlakvark teiken op 100m oor n skietstok maar jy mag net die poot gebruik nie die v bo op die stok nie dan skiet jy na n hoender plaat op 200m een skoot vir 5 punte en na n vark plaat op 300m vir 5 punte  jy kan net 50 kry vir alles

hier is my varkplaat "trofee" op 300m  ek het hom raakgeskiet en die hoender mis met my twede legging  toe het ek 32/50 gekry en eerste legging het ek hom misgeskiet en die hoender raak en my telling was toe 44/50
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00142.jpg

ek was die beste junior vir die dag en hier is my mes wat ek gewen het met my eerste plek dis n mes van switserse staal en is hel skerp ( dankie oom craig wat die prys geborg het)
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00147.jpg

hier skiet my sussie ook  sy het 23/50 geskiet
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00145.jpg

en toe begin die pret  GONGE op 200m 300m en 385m
die wind het ons kwaai gebollie en ek en my pa kon net die 200 en hy die 300m raakskiet
na die amptelike skiet toe speel ons en toe figire my pa die wind uit en stel die scope se turret toe vir dit  toe skiet ek die 385m gong 3/5 keer raak en my pa 2/5  so ek het hom heeltemal gewen vd dag

hier skiet ek op die 385m gong
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00149.jpg
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00150.jpg

dit was vrek lekker as daai gong so klap met daai 155gr nosler cc koeel  dit was n 180mm gong  hulle het hom en die 300m perongeluk omgeruil en die 200mm een was op 300m  dis wat dit lekker gemaak het  dis n kudu in sy kop skiet op daai afstand :angel: maar ek sal nie in die veld dit doen nie  my pa skop my stert blou  dis te ver en mens het net een skoot

dankie pappa dit was vrek lekker en ons het baaaaaaie patrone geskiet  dit het baie gekos ek weet maar dis lekker gewees

hiers die 100m vark teikens  ek het op nr 3 geskiet
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00140.jpg

groete al die ooms

dit was n lekker jaar se jag en skiet  darm het ek die eerste en laaste kompetisie gewen die jaar 8) ;D

geseende kersfees vir almal
Last edited by BLOUVALKIE on Thu Mar 06, 2014 4:35 pm, edited 3 times in total.
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by johnny »

Blouvalkie

Mooi man dis nou regtig uitstekend, ja daai pa van jou sal moet oefen soos nog nooit, ek worry oor hom , ek dink die le is vir hom ongemaklik.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by BLOUVALKIE »

hahahahahahaha  oom johny my pa se hy en oom het dieselfde probleem ;D

sy verskoning is hy het baan gebou en sy hart het nog te kwaai geklop ;D ;D
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by tripodmvr »

Bly om te sien jy sluit die skooljaar met beide goie prestasies in die akademie en die skiet af. Jy moet nou die vakansie geniet. Laai solank 'n klomp patrone vir die jaar wat kom. Wens ek kon as kind sulke mooi messe wen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: laaste skiet vd jaar

Post by Chevvy SS »

Mooi gedoen Bvalkie op beide gebiede!

Gese?nde Kerstyd vir julle ook.
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by johnny »

Blouvalkie

Ja ek en jou pa het daai verskriklike siekte van TROMBOSE,  ons tromme hang oor ons bose.

Groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by tokjak »

well, well,well ou pitsmit , hoe lyk dit my die laaitie sit jou ore aan .ek dog jy mis nie met die 270 nie . voor ek te vinnig praat ek neem saterdag aan eerste komp. deel met die 270 .

groete
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: laaste skiet vd jaar

Post by PITSMIT »

neeeee tokkels was met daai krom 308 die gewees  as ek die two sew?nty daar gehad het het ek gewen :angel:

was n funshoot  wou nie die manne se dag omkrap nie ;D

by the way  n 270 het 3de plek op die gonge gevat ;D
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by Raven »

Blouvalkie,

Mooi gedoen, ek kan sommer sien julle het dit lekker geniet.
Pas jou prys mooi op en geniet julle almal die Kersfees.

P.s. Jy moet nou nie vir Pa te veel baas skiet nie, netnou vertel hy jou nie van die volgende skiet kompetisie nie  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by SV MAD (Henk) »

Mooi gedoen Valkie.

Bly jy het jhou pa se gaai geskop, hy het mos hoeka windtie begin raak!
ek soek nog wapens...
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by BLOUVALKIE »

hallo al die ooms

dankie vir die mooi boodskappe!!!!!!
en geseende kersfees vir almal!!!!!

groete
VALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by Geno »

Valkie,
Wil jy nie kom tips gee hierso nie asb?

http://jaracal.com/index.php/topic,1633 ... #msg211633
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: laaste skiet vd jaar

Post by BLOUVALKIE »

dis reg so oom geno!!!!
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
Post Reply