gelukkig is die eksamen nou verby ek het darem goed gedoen die jaar ek het negende gestaan van al die st 3 kinders in die hele groep ek dink ons is so 90 kinders in st3
ek het n diploma gekry vir 7 van my 9 vakke waar ek meer as 80% vd jaar gehad het gemiddeld vir elke vak
ons het saterdag ons sa jagters tak (kwaggatak) se einde van die jaar funshoot gehad dit was baie lekker en ek het dit kwaai geniet die geweer was reg en die skiet was aan weer was eers bitji kwaai windirig maar later was dit beter soos ons hom leer ken het en getsel het vir die wind
my pa het eerste geskiet en nie so wild gedoen nie
ek het twede geskiet en 44/50 geskiet
dit het so gewerk jy kry 10 skote 8 op n vlakvark teiken op 100m oor n skietstok maar jy mag net die poot gebruik nie die v bo op die stok nie dan skiet jy na n hoender plaat op 200m een skoot vir 5 punte en na n vark plaat op 300m vir 5 punte jy kan net 50 kry vir alles
hier is my varkplaat "trofee" op 300m ek het hom raakgeskiet en die hoender mis met my twede legging toe het ek 32/50 gekry en eerste legging het ek hom misgeskiet en die hoender raak en my telling was toe 44/50
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00142.jpg
ek was die beste junior vir die dag en hier is my mes wat ek gewen het met my eerste plek dis n mes van switserse staal en is hel skerp ( dankie oom craig wat die prys geborg het)
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00147.jpg
hier skiet my sussie ook sy het 23/50 geskiet
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00145.jpg
en toe begin die pret GONGE op 200m 300m en 385m
die wind het ons kwaai gebollie en ek en my pa kon net die 200 en hy die 300m raakskiet
na die amptelike skiet toe speel ons en toe figire my pa die wind uit en stel die scope se turret toe vir dit toe skiet ek die 385m gong 3/5 keer raak en my pa 2/5 so ek het hom heeltemal gewen vd dag
hier skiet ek op die 385m gong
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00149.jpg
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00150.jpg
dit was vrek lekker as daai gong so klap met daai 155gr nosler cc koeel dit was n 180mm gong hulle het hom en die 300m perongeluk omgeruil en die 200mm een was op 300m dis wat dit lekker gemaak het dis n kudu in sy kop skiet op daai afstand
dankie pappa dit was vrek lekker en ons het baaaaaaie patrone geskiet dit het baie gekos ek weet maar dis lekker gewees
hiers die 100m vark teikens ek het op nr 3 geskiet
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG-20121201-00140.jpg
groete al die ooms
dit was n lekker jaar se jag en skiet darm het ek die eerste en laaste kompetisie gewen die jaar
geseende kersfees vir almal

