Safari and outdoor, staan hulle man!

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
User avatar
Celesti@NiteCoreSA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Tue Mar 19, 2013 12:22 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Celesti@NiteCoreSA »

mmmm dis hoekom hulle NiteCore Flitse verkoop ;) want hulle is cool en die beste mense onder die son ++>:
NiteCoreSA Hoe Intensiteit FlitsLigte
Celesti Mathews 0828258442
Website: http://NiteCore.co.za
Email: Sales@NiteCoreSA .co.za
FB: Facebook.com/nitecoresa .co.za
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by BRNO (Pierre) »

Ek kan vanmore net weer my loflied uit basuin. Willem Immelman het al verskeie kere op die forum uitgenooi dat hy sal help waar hy kan. Hy het my verlede week twee keer gehelp met iets wat regtig onbekombaar gevoel het om te kry. Die laaste emails is gister aand (Sondag) 19H00 rond gestuur. Weereens dankie Willem, en weereens manne, ek reken as jy nie goeie diens by Safari kry nie, dan is dit jou eie skuld.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Armand Steenkamp »

Fanie, oor die slagdoppies, PmP se slagdoppies is bie hard, dit kan ook dalk die probleem wees? Daar is niks foud met daai Sellier &Bellot slagdoppies nie ek gebruik hulle al n tyd lank in my 308 en 357mag. Hulle behoort mooi vir jou te werk.

Groetnis
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Ponkie »

Fanie

PMP slagdoppies, en veral small rifle en pistol het die geneigdheid om misfires elke nou en dan te gooi. Ek werk by die kluis by Stellenbosch S&O en hoor en sien elke dag manne met verskillende opinies en ervarings oor slagdoppies. Kom ek se so, CCI 200 is die Hilux bakkie van herlaaiers, maar tog is daar Isuzu en Ford wat net so goed werk. Hiermee bedoel ek dat ELKE liewe klient heel 1ste vir CCI 200 vra, want sy Oupa en sy buurman en sy oom het dit gebruik en dit werk, maar daar is Federal, Winchester en nou deesdae Fiocchi wat regtig net so goed werk.
As ek kan raad gee, koop maar 1000 of 2000 primers sommer as julle kan kry, ons sukkel vreeslik om herlaai komponente uit die States te kry. Bitter min voorraad beskikbaar vir uitvoermark, want hulle kry nie eers hulle plaaslike mark behoorlik gestock nie.

Groetnis
Ponkie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Marc »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Ek kan vanmore net weer my loflied uit basuin. Willem Immelman het al verskeie kere op die forum uitgenooi dat hy sal help waar hy kan. Hy het my verlede week twee keer gehelp met iets wat regtig onbekombaar gevoel het om te kry. Die laaste emails is gister aand (Sondag) 19H00 rond gestuur. Weereens dankie Willem, en weereens manne, ek reken as jy nie goeie diens by Safari kry nie, dan is dit jou eie skuld.
Willem is n yster

Hy was so te se op verlof en nogsteeds gehelp dat ek my hande op van die laaste van daai bulk Noslers kon kry. Het hulle spesiaal vir my gebere ;)

Hy sal die vrugte van sy arbeid pluk, mag S&O gaan van krag tot krag.

Moet las dat die paar keer wat Stefan my gehelp het hy ook uit sy pad gegaan het. Sien julle by Huntex manne :)

Mooi loop
Marc
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by VdWalt »

Willem se great service kom al lank - ek kry nou die dag emails waar ek in 2008 Noslers
en Lapua doppe by Willem - toe nog DIW, gekoop het.
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by morne smith »

Wanneer kom julle manne Bloem toe?
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by morne smith »

Ek is ernstig Willem, wanneer?
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by BRNO (Pierre) »

morne smith wrote:Wanneer kom julle manne Bloem toe?
morne smith wrote:Ek is ernstig Willem, wanneer?
Ek weet dit is glad nie dieselfde nie, maar glo my, as n Pretorianer wat gereeld sommer net bietjie deur die winkel gaan stap, is die manier goedkoper/ sagter op die sak.

Safari het n veldtog wat hulle noe "n Safari in elke dorp". Hiermee betekin dit dat jy op hulle webwerf kan bestellings maak, of dan per email bestellings insit. Hulle courier dit binne 24 uur oornag na jou huis. Indien jou bestelling meer as R1k is, is die courier gratis, ander kos dit R100.

Soos ek se, nie dieselfde nie, maar nie n sleg kompromie nie.
Veiligheid eerste manne!
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by morne smith »

Dankie Pierre ek sal so maak. Soos jy sê dit is nie dieselfde nie mans koop met hul oë
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by PWV »

Was verlede Donderdag by Safari & Oudoor op Stellenbosch. Het probleme met my teleskoop se montering gehad. Wat 'n ondervinding!
Eerstens gryp Willem my .308 en stop 'n koppie koffie in my hand en dwing my om op die sagte rusbank voor die kaggel te sit waar Sam sy jagbenodigdhede in sy veeldoelige geweersak pak vir die jag op Vosburg.
Na die tweede koppie koffie kondig Willem aan dat ek my geweer kan gaan haal en ek maar die pad kan vat.
Saterdag toe skietbaan toe. Wat 'n plesier.
Ek weet regtig nie of daar 'n plek is waar daar groter welwillendheid bestaan as by hierdie geweerwinkel nie!

Baie dankie aan Willem en Sam!

Groetnis
P.W.V.
SeeMoNsteR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Wed May 16, 2012 11:58 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by SeeMoNsteR »

Ek sou groot asb wou versoek dat daar strenger kontrole moet wees tussen wat op die S&O site as 'in stock' aangewys word, en wat werklik in die winkel is...

Ek het al meer as n paar keer die 300km round trip van my huis af na die PTA tak toe aangepak en baie teleurgesteld met lee hande terug gekom. Met die petrolpryse van vandag is dit Nogals n sad affair..

Laas Saturday weer een van daai foutjies begaan.. Gegaan vir nosler 190 cc's en Sierra 210 mk's, n 150mm Brunel gong, n stel redding dies en nog n paar ander items - almal wat of op die site 'in stock' is of per telefoon bevestig was... Toe ek nou daar aankom kon ek nie een van die bg kry nie! Was n groot teleurstelling.. Die koffie was darm lekker - soos altyd ;)

Ek maak nou maar n punt daarvan om eers te bel voordat ek net ry, maar ek glo as die site n meer akurate weergawe is van wat vooraadvlakke in die winkel is Dan sal dit darm baie Welkom wees..

Dankie vir jul diens..
Groete
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by BRNO (Pierre) »

SeeMoNsteR wrote:Ek sou groot asb wou versoek dat daar strenger kontrole moet wees tussen wat op die S&O site as 'in stock' aangewys word, en wat werklik in die winkel is...

Ek het al meer as n paar keer die 300km round trip van my huis af na die PTA tak toe aangepak en baie teleurgesteld met lee hande terug gekom. Met die petrolpryse van vandag is dit Nogals n sad affair..

Laas Saturday weer een van daai foutjies begaan.. Gegaan vir nosler 190 cc's en Sierra 210 mk's, n 150mm Brunel gong, n stel redding dies en nog n paar ander items - almal wat of op die site 'in stock' is of per telefoon bevestig was... Toe ek nou daar aankom kon ek nie een van die bg kry nie! Was n groot teleurstelling.. Die koffie was darm lekker - soos altyd ;)

Ek maak nou maar n punt daarvan om eers te bel voordat ek net ry, maar ek glo as die site n meer akurate weergawe is van wat vooraadvlakke in die winkel is Dan sal dit darm baie Welkom wees..

Dankie vir jul diens..
Groete
Seemonster, ek weet dit is lekker om na die winkel te gaan, maar onthou as jou bestelling meer as R1k is, koerier hulle vir jou die pakkie gratis. Sodoende spaar mens baie.
Veiligheid eerste manne!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Carl »

Sarel SMNR,
Ek bestel altyd die goed vooraf en betaal daarvoor. BAie voorraad is in die Kaap en 'n man soos Nel Fourie kry dit dan in Petoors voor ek daar aankom. Ek laai net op, drink koffie, stap deur die winkel en koop soms nog iets.
Of soos Pierre hier bo noem.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Eugene »

Carl wrote:Sarel SMNR,

Ek doen dit ook maar so, bestel, bevestig vir e-pos en betaal en reel dan vir afhaal en was nog nie terleurgesteld nie!
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by PWV »

SeeMoNsteR wrote:Ek sou groot asb wou versoek dat daar strenger kontrole moet wees tussen wat op die S&O site as 'in stock' aangewys word, en wat werklik in die winkel is...

Ek het al meer as n paar keer die 300km round trip van my huis af na die PTA tak toe aangepak en baie teleurgesteld met lee hande terug gekom. Met die petrolpryse van vandag is dit Nogals n sad affair..

Laas Saturday weer een van daai foutjies begaan.. Gegaan vir nosler 190 cc's en Sierra 210 mk's, n 150mm Brunel gong, n stel redding dies en nog n paar ander items - almal wat of op die site 'in stock' is of per telefoon bevestig was... Toe ek nou daar aankom kon ek nie een van die bg kry nie! Was n groot teleurstelling.. Die koffie was darm lekker - soos altyd ;)

Ek maak nou maar n punt daarvan om eers te bel voordat ek net ry, maar ek glo as die site n meer akurate weergawe is van wat vooraadvlakke in die winkel is Dan sal dit darm baie Welkom wees..

Dankie vir jul diens..
Groete
Dit het my ook oorgekom dat ek daarheen ry en dan is die goed wat "in stock" was, nie meer "in stock" nie. Kyk egter nou op die webwerf. Daar word nou duidelik aangedui dat daar eers gebel moet word om seker te maak of dit daar is, voordat 'n lang afstand verniet afgelê word.
Groetnis
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Geurt »

....saam met al die ooh's en aah's, en die uitnodiging....
immelmanw wrote:.......Ek doen dus weer n beroep op almal om vir my, Sam of Helmut te kontak as ons kan verbeter of daar fout is. As ons nie weet van n fout nie kan ons dit nie regmaak nie. ....
My ervaring is dalk iets heel anders.

Jammer Mnr Immelman, maar daar is van die manne in die Lynnwood Bridge tak, wat 'n vermoë het om 'n potensiële kliënt middel deur te kyk en nie te help nie. Daar is selfs 'n karakter wat as hy iets gevra word oor windbukse, die raad gee om eerder op die webblad te gaan kyk, terwyl ek daar staan! Dit is my ervaring vir besoeke op beide besige en nie besige dae. Ek was so verbaas oor die onvermoë of blatante swak diens dat ek 3 keer die winkel in gewaag het om net weer met onverrigte sake daar uit te gaan. (Of miskien dalk was ek gesien as die spreekwoordelike "wiel skopper", as daar so term bestaan by geweerwinkels. :( )

Sterkte met die proses om eienaarskap by verkoopsmanne te bewerkstellig!
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Katefbessie »

Een van my maats het 'n week terug self by S&O i Primmo's caller gekoop.. Die man het die Caller veld toe gevat die naweek met hoe verwagtinge, tot sy spyt was hy glad nie tevrede met die caller se opvangs nie. Gister keur die man terug na S&O en verduidlik hul hyt die ding gekoop en is glad nie tevrede met die nuwe Primos caller nie. Wooops sonder 'n uhm of ahh vat Safari & Outdoor die caller terug en laat hom slegs net die verskil inbetaal vir 'n Foxpro Firestorm! Manne dis mos service!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Stefan764 »

Geurt wrote:....saam met al die ooh's en aah's, en die uitnodiging....
immelmanw wrote:.......Ek doen dus weer n beroep op almal om vir my, Sam of Helmut te kontak as ons kan verbeter of daar fout is. As ons nie weet van n fout nie kan ons dit nie regmaak nie. ....
My ervaring is dalk iets heel anders.

Jammer Mnr Immelman, maar daar is van die manne in die Lynnwood Bridge tak, wat 'n vermoë het om 'n potensiële kliënt middel deur te kyk en nie te help nie. Daar is selfs 'n karakter wat as hy iets gevra word oor windbukse, die raad gee om eerder op die webblad te gaan kyk, terwyl ek daar staan! Dit is my ervaring vir besoeke op beide besige en nie besige dae. Ek was so verbaas oor die onvermoë of blatante swak diens dat ek 3 keer die winkel in gewaag het om net weer met onverrigte sake daar uit te gaan. (Of miskien dalk was ek gesien as die spreekwoordelike "wiel skopper", as daar so term bestaan by geweerwinkels. :( )

Sterkte met die proses om eienaarskap by verkoopsmanne te bewerkstellig!
Middag manne van die Jaracal Forum.

Dis bitter lekker om die positiewe comments te lees en spoor n man aan om elke dag op ons mikpunt van foutlose klientediens te verbeter.

Dis egter vir my minder lekker om iets soos hierbo te lees... Ek begin by die begin. Ek is die winkelbestuurder van die S&O PTA tak. Vir die manne wat nuut is op die Forum, my naam is Stefan Fouche en is al n lid hier op Jaracal van 2010 af, n jaar voor ek by S&O begin het. Ek is sedert Mei 2011 deel van die S&O span en in Feb 2013 het ek hierdie nuwe pos betree. Ek doen dus ook n beroep op julle net soos Willem Immelman (direkteur en mede eienaar van S&O sedert 2003) hierbo om enige ervaring, positief of negatief met ons te deel. Dis al hoe ons iets kan doen aan swak klientediens EN om ook erkenning te gee aan individue (verkoopspersone) waar dit ook verdien word vir goeie diens gelewer.

My persoonlike mikpunt in ons besigheid is eenvoudig: Ons klient is ons belangrikste bate in ons winkel en kom te alle tye eerste.

Ons besef dat elke salaris wat hier betaal word by S&O en elke produk of stukkie voorraad wat aangekoop word deur S&O net op een manier kan gebeur en dit is deur ons kliente se hardverdiende geld wat hulle by ons spandeer. Dis is dit vir my onaanvaarbaar as n verkoopsman n klient (of self net n potensiele klient) afskeep of ignorer of wat ookal die geval is. Sulke arrogansie(al word waaraan ek kan dink nou) word nie by ons geduld nie. Dus vra ek julle as n jare lange forum vriend, maar ook as die bestuurder van een van SA se vooraanstaande jagwinkels om enige sulke gevalle direk aan my te rapporteer. Eerstens om jou as die klient tevrede te stel met die toerusting of kennis wat jy benodig en tweedens om swak skakels in ons verkoopspanne aan te spreek en indien nodig uit te sorteer. Ons kan dit nie bekostig om swak klientediens te gee nie...punt. Ons het julle kliente nodig nie net om te bly bestaan in n kompeterende wereld nie maar ook om te groei en uit te brei.

Geurt, ek is regtig teleurgesteld in my verkoopsmanne wat bygedra het tot jou minder lekker ervarings in PTA. Ek nooi jou graag uit om asseblief weer by ons in die winkel n draai te maak. Vra asb dat iemand my roep. Ek sal seker maak n vars cappuccino wag vir jou en dat elke vraag wat jy het beantwoord word oor die spesefieke produk wat jy in belang stel deur die regte verkoopsman met die genoegsame kennis wat ons wel in die winkel het. Ek weet dit gaan niks aan jou slegte ervaring wat jy gehad het kan verander nie, maar gee my asb n kans om dit te probeer regstel.

My e-pos adres is stefan@so.co.za en probeer altyd binne n paar uur terugkom op n e-pos as ek in die kantoor is. Enige iemand is welkom om my te kontak en beloof ek sal terugkom na jou toe.

Groetnis manne en Mooi Loop almal...

Stef
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Katefbessie »

As elke firma en besigheid in ons land maar net sulke Betsuurders kon gehad het!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by DWB »

Stefan, ek het 'n problem. Elke keer as ek daar kom na 4 ure se ry en na die bestuurder soek is die wetter besig om te jag.... Hoe verklaar jy dit? :D :D :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Eugene »

Manne, elke besigheid gaan sy afdae hê, dis gegewe, maar hoe jy daai afdae hanteer, is wat saakmaak!

Ek kan regtig getuig dat Stefan 'n baie hands-on benadering het en nie net in 'n donker kantoor sit en somme maak nie! Neem die man op op sy offer, sodat hy die probleme kan aanspreek. Anders gaan jy net weer terleurgestel word...
Aim small, miss small
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Geurt »

Stefan764 wrote:... Ek nooi jou graag uit om asseblief weer by ons in die winkel n draai te maak....
Stefan
Ek sal buite die forum kontak maak (e-pos) en ons kan dinge deel met mekaar. Dis goed dat jy vinnig reageer.

Dankie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Carl »

Middag,
Ek wil graag my ondervinding deel. Ek was Saterdag so ruk voor toemaak tyd by die winkel. My meisiekind se span het die Super 12 Algemene Kennis gewen, ek het haar toe gaan bederf met 'n pizza. My voorstel was Lynwood Bridge ;)
Na die middagete gaan wys ek haar die manne se winkel. Ons stap werklik net deur en kyk na 'n paar dinge. Die winkel was nie so besig soos in die oggend nie, die meeste manne was seker oppad Loftus toe om die Leeus se wedstryd te gaan kyk >:D .

Ek stop by herlaai afdeling vir die soveelste keer om te hoor of die Amerikaners 'n paar 6mm Accubonds na ons kant toe gegooi het? Die manne Petrus en Hannes het tyd gemaak om met haar te gesels en vrae te vra. Ek vat Cara toe onder toe want daar is nog baie winkel. Met 'n draai deur die kluis vra Johan wat soek ek. My "nee wat ek kyk sommer net" - kry 'n "daar is nie so iets nie, kom kyk bietjie hier". 410 Haelgeweer vir Cara, maar sy stel nie belang nie sy seun se 17HMR Savage word gewys en sommer net lekker gesels oor 'n pel wat nog haelgeweer soek.

Ek dink as jy wil kuier en gesels, gaan op die stil tye. Die manne is meestal lief vir wat hulle doen en het 'n passie vir hulle produkte.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Safari and outdoor, staan hulle man!

Post by Beer (Christo) »

Stefan764 wrote:........ EN om ook erkenning te gee aan individue (verkoopspersone) waar dit ook verdien word vir goeie diens gelewer.
Carl,

Ek stem saam. As dit stiller is, is daar meer tyd vir geselsies.

Ek was gister daar om 'n paar goedjies te kry wat op backorder was. Nico, was heel hulpvaardig per epos en Hannes se diens was heel goed toe ek daar was om dit op te tel.

Die enigste probleem is net dat elke keer as ek daar kom, is daar nog iets wat ek nodig het.

Groetnis

Christo
Post Reply