Goeie more Eugene,
Ek het nou nie jare ondervinding in elandjag nie, maar het wel al paar op my kerfstok.
Enige eland van 400kg plus karkas is groot! Ek wil met Jaco saamstem- bulle van 300-400kg is die norm, selfs hier in ons distrik. Daar is wel van daardie blou monsters wat 500kg plus- karkasgewigte het, maar hulle is skaars (en duur!). Soos ek hierdie post volg, bleik dit dat jy goeie waarde vir geld soek vir die vleis? Ek weet nie of die ander manne met my gaan saamstem nie, maar in my opinie is 'n vet elandkoei baie beter kwaliteit vleis as die bulle. Hulle pryse is gewoonlik ook baie beter. 2 x 200kg koei karkaste gaan vir jou baie beter gehalte vleis lewer as 1 x 400kg bul en jy kan dalk goedkoper wegom. Daar is min (..niks!?) wat vet elandkoei steaks en biltong klop!!
Of selfs dan 1x vet elandkoei met 'n paar rooibokke/blesbokke of 'n BWB sal jou goeie waarde vir geld gee. Ek weet dis elke man se droom om so groot blou-keel te skiet, maar uit vleis oogpunt is 'n koei miskien 'n beter opsie.
Eland jag is vir my seker die lekkerste van alle boksoorte. Jy stap dagbreek op hulle spoor, en die volgende oomblik hoor die takke breek hier voor jou in die bos. Of die klik-klik van die grotes se hoewe terwyl hulle stap... dan bekruip jy saggies hande-viervoet .... maar sien niks.... Die volgende oomblik is jy in die middel van die trop en takke breek reg rondom jou en dis net elande!!!!! Glo my, as jy dink jy's imuun teen bokkoors, probeer die ene!
Hoop jy kry hierdie kans van 'n leeftyd binnekort ou mater!
Groete
Piet Vorster