Vleisprysse

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Vleisprysse

Post by Jan Nel »

Flip Fouche wrote:BEES SLAGPRYSE IN VRYBURG AREA

A 2/4 R28.00

AB2/4 R25.00

B 2/4 R22.50

C 2/6 R20.00

Bulle R20.00

C 0 R15.00

C 1 R17.00

Groete

Flip
Vir ons wat nie weet wat dit beteken nie (soos ek!), verduidellik asb!! Is die pryse op die hoef/geslag, en hoe vind die klassifikasie plaas?

Dankie by voorbaat
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Vleisprysse

Post by savage(P Coetzer) »

Ons gradering sisteem is gebasseer op ouderdom en vetheid.
A, AB, B, C is die ouderdom van die dier en 0 1 2 3 4 5 6 is die vetheid.
Ouderdom word deur die tande bepaal.
Ongewissel = A
1-2 tand = AB
3-6 tand = B
Meer as 6 tand = C
0 = geen vet
1 = baie maer
2 = maer
3 = medium
4 = vet
5 = matig oorvet
6 = uitermatig oorvet
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Vleisprysse

Post by Jan Nel »

Dankie!
Zack Benade

Re: Vleisprysse

Post by Zack Benade »

Wat is die nuutste vleis pryse?
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kalahari »

Zack

Ek slag al weer vir R36 bruto, nog GEEN kostes af nie! Die prys was hier vir seker 2 weke R37.50 gewees en ewe skielik van hierdie week af lê dit weer op R36, weet nie wat aangaan nie.
Totale #^^^(*&. Ek weet nie waarvoor daar nou julle kant geslag en op die punt verkoop word nie, maar miskien moet ek nie weet nie, kan dalk 'n aar bars >:(
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Vleisprysse

Post by WOLF »

Kalahari
By ons is hy ook kwaai af.Ons probeer slag vir R41-50 vir A1-A3.Ek hoop die pryse tel iewers kop op.
Groete
WOLF
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kalahari »

Wolf

Ek hoop daar kom ierwers 'n moerse vleis honger oor die Afrika nasies dat ons nie weet waaaaar ons die lammers gaan kry om daardie honger te voed nie.
Die klomp geldwolwe moet net in die bek geruk word.

Groete
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Vleisprysse

Post by WOLF »

Klahari
Ons het intussen so na R43-00 gegaan om dan n paar lammers te kry.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Vleisprysse

Post by cassie_calvinia »

WOLF wrote:Klahari
Ons het intussen so na R43-00 gegaan om dan n paar lammers te kry.
lekker ingat
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kalahari »

cassie_calvinia wrote:WOLF wrote:

Klahari
Ons het intussen so na R43-00 gegaan om dan n paar lammers te kry.

lekker ingat
Cassie, nou wat moet ons manne nou die kant van die groot rivier sê :'( :-X

Groete
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Vleisprysse

Post by cassie_calvinia »

ai maat. swaar kry ons boere.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Vleisprysse

Post by WOLF »

Kalahari
Stuur hulle vir my en dan kan jy seker nogsteeds beter doen
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Vleisprysse

Post by Kalahari »

Ai Wolf

As dit maar net so maklik was om hulle oor die grens te kry, maar daar is mos wette en regulasies net vir die boer gemaak om sy keel stadig toe te wurg.
Die algemene tendens van sprekers/ekonome/slimkop proffies ens is mos om vir die boere te sê hulle is in die regte bedryf, landbou gaan bloei in die toekoms, maar voordat die eindverbuiker nie minder betaal nie, is dit net die boere wat gaan bloei, en dit is rooi bloed.
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Vleisprysse

Post by Flip Fouche »

BEES SLAGPRYSE

A2/4 R29.50

AB2/4 R27.00

B2/4 R26.00

C2/6 R24.50

Bulle R24.50

Die goeie C grade word skaars agv die droogte.

Groete

Flip
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Vleisprysse

Post by johans »

weet iemand dalk of die speenkalf prys al bietjie op is na die goeie reen?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Vleisprysse

Post by cassie_calvinia »

johans wrote:weet iemand dalk of die speenkalf prys al bietjie op is na die goeie reen?
die mense voorspel die pryse sal later in die jaar lekker klim.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Vleisprysse

Post by MEERKAT »

Dink julle lammers sal kom By R58 - R64 teen paas naweek? Amper vergeet jaar 2014.

Groetnis
MEERKAT
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Vleisprysse

Post by johans »

Meerkat ek dink nie so nie
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Vleisprysse

Post by wlm »

MEERKAT wrote:Dink julle lammers sal kom By R58 - R64 teen paas naweek? Amper vergeet jaar 2014.

Groetnis
MEERKAT
Meerkat
Pryse van R51/52 rondom Kersfees kon bietjie hoer gewees het, maar die slagpales het genoeg diere gekry om nie met mekaar te kompeteer vir slagdiere nie.
Pryse rondom R50 word tans betaal. As die prys hou vir die volgende maand is goeie pryse vir Paasnaweek seker moontlik. Hopelik kry ons goeie algemene reen oor die land sodat weidings-toestande oor 'n groot gebied verbeter wat minder slagtings sal veroorsaak.
R58/64 per kg klink bietjie baie, maar ek sal dit beslis vat. :)
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Vleisprysse

Post by johans »

wlm wrote:
MEERKAT wrote:Dink julle lammers sal kom By R58 - R64 teen paas naweek? Amper vergeet jaar 2014.

Groetnis
MEERKAT
Meerkat
Pryse van R51/52 rondom Kersfees kon bietjie hoer gewees het, maar die slagpales het genoeg diere gekry om nie met mekaar te kompeteer vir slagdiere nie.
Pryse rondom R50 word tans betaal. As die prys hou vir die volgende maand is goeie pryse vir Paasnaweek seker moontlik. Hopelik kry ons goeie algemene reen oor die land sodat weidings-toestande oor 'n groot gebied verbeter wat minder slagtings sal veroorsaak.
R58/64 per kg klink bietjie baie, maar ek sal dit beslis vat. :)
dit klink baie ja,maar met ons onkostes nou moes die prys al daar gewees het
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Vleisprysse

Post by wlm »

Verseker Johans. Die inkomstes en uitgawes wil nie klop nie. Diesel, lone, eskom en voerpryse is maar net so 'n paar van die goed wat woes gestyg het.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Vleisprysse

Post by MEERKAT »

So iets anders oor die skaap pryse, in middel 50's het grond by ons verkoop vir R6.00 / hektaar , mof hamel R8.00, vandag R1800.00 per hektaar, mof hamel R900.00. Sal interesant wees om te sien in verhouding met ander goete (vernaamlik brandstof en dag tot dag benodighede) se pryse hoe vleis pryse agter geword het, dink julle is heentemal reg as julle se ons drink erg aan die klein speentjie.

Groetnis
MEERKAT
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Vleisprysse

Post by wlm »

Meerkat
Ek voel al soos 'n weggooi-lam wat melk agteraf tussen die ooie se agterbene steel. Daar word kort-kort op my kop gepis.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Vleisprysse

Post by MEERKAT »

Wlm

Oraait as dit net by pis bly, dink oor jaar of 5 gaan jy nog maagwerk bykry.

Maar nou ja dat ons terugkom by die pryse, die swarigheid laat mens gou afdwaal, Taffles komin jy's mos innie 1930"s gebore jy kan mos pryse goed vergelyk met Texan Plain van daardie tyd, of 12 sent vir Rooijakkals stert, in verhouding met wat jy nou vra.

Terug by die pryse!!!!!

Groetnis
MEERKAT
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Vleisprysse

Post by cassie_calvinia »

my Oupa het 4 bees verkoop vir 'n nuwe hilux. nou betaal 4 bees skaars 'n botter brandewyn
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply