Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ons gradering sisteem is gebasseer op ouderdom en vetheid.
A, AB, B, C is die ouderdom van die dier en 0 1 2 3 4 5 6 is die vetheid.
Ouderdom word deur die tande bepaal.
Ongewissel = A
1-2 tand = AB
3-6 tand = B
Meer as 6 tand = C
0 = geen vet
1 = baie maer
2 = maer
3 = medium
4 = vet
5 = matig oorvet
6 = uitermatig oorvet
Ek slag al weer vir R36 bruto, nog GEEN kostes af nie! Die prys was hier vir seker 2 weke R37.50 gewees en ewe skielik van hierdie week af lê dit weer op R36, weet nie wat aangaan nie.
Totale #^^^(*&. Ek weet nie waarvoor daar nou julle kant geslag en op die punt verkoop word nie, maar miskien moet ek nie weet nie, kan dalk 'n aar bars
Ek hoop daar kom ierwers 'n moerse vleis honger oor die Afrika nasies dat ons nie weet waaaaar ons die lammers gaan kry om daardie honger te voed nie.
Die klomp geldwolwe moet net in die bek geruk word.
As dit maar net so maklik was om hulle oor die grens te kry, maar daar is mos wette en regulasies net vir die boer gemaak om sy keel stadig toe te wurg.
Die algemene tendens van sprekers/ekonome/slimkop proffies ens is mos om vir die boere te sê hulle is in die regte bedryf, landbou gaan bloei in die toekoms, maar voordat die eindverbuiker nie minder betaal nie, is dit net die boere wat gaan bloei, en dit is rooi bloed.
MEERKAT wrote:Dink julle lammers sal kom By R58 - R64 teen paas naweek? Amper vergeet jaar 2014.
Groetnis
MEERKAT
Meerkat
Pryse van R51/52 rondom Kersfees kon bietjie hoer gewees het, maar die slagpales het genoeg diere gekry om nie met mekaar te kompeteer vir slagdiere nie.
Pryse rondom R50 word tans betaal. As die prys hou vir die volgende maand is goeie pryse vir Paasnaweek seker moontlik. Hopelik kry ons goeie algemene reen oor die land sodat weidings-toestande oor 'n groot gebied verbeter wat minder slagtings sal veroorsaak.
R58/64 per kg klink bietjie baie, maar ek sal dit beslis vat.

dit klink baie ja,maar met ons onkostes nou moes die prys al daar gewees het
So iets anders oor die skaap pryse, in middel 50's het grond by ons verkoop vir R6.00 / hektaar , mof hamel R8.00, vandag R1800.00 per hektaar, mof hamel R900.00. Sal interesant wees om te sien in verhouding met ander goete (vernaamlik brandstof en dag tot dag benodighede) se pryse hoe vleis pryse agter geword het, dink julle is heentemal reg as julle se ons drink erg aan die klein speentjie.
Oraait as dit net by pis bly, dink oor jaar of 5 gaan jy nog maagwerk bykry.
Maar nou ja dat ons terugkom by die pryse, die swarigheid laat mens gou afdwaal, Taffles komin jy's mos innie 1930"s gebore jy kan mos pryse goed vergelyk met Texan Plain van daardie tyd, of 12 sent vir Rooijakkals stert, in verhouding met wat jy nou vra.