Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Wat ook vir my werk is om soppot op te sit as ek op die plaas aankom eerste dag met baie groente en vleis en so staan daai pot heel naweek en prut elke dag as die manne vir middagete uit die veld kom skep hy sommer 'n koppie sop en eet saam 'n bun en in die aand voor ons gaan le sit ek net weer vleis en groente by en sit 'n stompie onder sy gat. Op die manier keur ons vir skeurbuik en die manne kry genoeg kragvoer in want ek het al gesien manne skeep lelik af met eet op so jag.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Jakkalsgat wrote: Op die manier keur ons vir skeurbuik en die manne kry genoeg kragvoer in want ek het al gesien manne skeep lelik af met eet op so jag.
Nee kyk daai is feite hoor - hier by die 2 de dag dan sien jy sommige ouens is uil-oog, sommige het rukkings soos n ou lister enjin, en sommige drink skielik nou net Oros en ys by die braai...dis omdat die fookers nie eet wanneer die ander gesoute manne genoeg eet nie!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Julle manne maak dat ek nou so lus is vir jag... ek hou sommer op met werk.. Steak, lewer en niertjies met so stuk vetderm, potbrood.. nee o hemel, dis te erg.. myself nou honger gelees
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer vir..edited
Last edited by FHM on Thu Jun 06, 2013 4:37 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
FHM, ek is so half bly Pieter Femur is nie vandag op Jaracal nie.. Is seker hy sou n toepaslikke comment gemaak het oor bg..FHM wrote:Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer vir EDITED...
Last edited by Cor Jacobs on Thu Jun 06, 2013 4:44 pm, edited 1 time in total.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Cor Jacobs wrote:FHM, ek is so half bly Pieter Femur is nie vandag op Jaracal nie.. Is seker hy sou n toepaslikke comment gemaak het oor bg..FHM wrote:Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer...
O fook ja...!
Cor wees nou n pel en gaan edit daai stukkie van jou wat geonderstreep is ASB!
Kyk ek het myne ge edit...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
EDITED.... klink soos eet in die verlede tyd.... hahahaFHM wrote:Cor Jacobs wrote:FHM, ek is so half bly Pieter Femur is nie vandag op Jaracal nie.. Is seker hy sou n toepaslikke comment gemaak het oor bg..FHM wrote:Nee rerig Cor ek stem, ek swerf so om hierdie topic en wil nie meer ingaan en kyk nie, as ek my kom kry is ek weer op die onderwerp en dan looi die maagkrampe my weer van vooraf! Ek eet sommer vir EDITED....
O fook ja...!
Cor wees nou n pel en gaan edit daai stukkie van jou wat geonderstreep is ASB!
Kyk ek het myne ge edit...
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Sjoe,
Maar julle mane kan n spyskaart bymekaar sit vir jag...
Kan myself net indink hoe daai sekelbos so lekker gesels met n wilds fillet of skaap rib...
Maar julle mane kan n spyskaart bymekaar sit vir jag...
Kan myself net indink hoe daai sekelbos so lekker gesels met n wilds fillet of skaap rib...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
As FHM gaan jag vat hy net n spinnekop vir lokaas. Van julle manne het mos al gesien wat vang hy op 2 bene!!! HY eet lekker elke aand as spinnekop sy job gedoen het!!
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
lewer, niertjies en suursous
krummelpap.
om die eerste bok te waardeer.
krummelpap.
om die eerste bok te waardeer.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
- Vaalboer
- Full Member

- Posts: 168
- Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Hi
Deel van jag is mos lekker eet!
Ons het ook 'n paar wenners:
- Gerookte varkrib met chutney en mayo
- Aartappelslaai
- Soetmielies oor die kole met Nandos peri peri gesmeer
- Skilpadjies
- Lewer met pepersous (sien resepte)
- Potjie met stampmielies
- Lekker bacon, eiers, mushrooms, cheesegrillers en toast vir ontbyt.
- Savoury mince op toast
- Fillet steak rolls..
Onder andere...

-
KC
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Daai eerste bok se lewer. Maak n driepoot pot VUURWARM oor oop vlam. Gooi olie in so 500ml en verhit tot brandpunt. Gooi dan 2 tot 3 opgensyde uie in en braai in olie tot deursigtig.
Gooi Rooibok lewer in opgesny in so cm blokkies saam met sout en braai vir 3 minute. Daai pot moet smeltwarm wees. Gooi so koppie room in en hou op oop vlam tot room dik bruin sous maak. Seker so 5minute na die lewer blokiies ingegooi is
Haal af en smullllll!!!!! saam met mieliepap , nie krummel nie maar stywe pap.
Nie my resep maar n ou van Reitz omgewing. Dis elke jaar se wenresep.

Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Ek gooi 'n blikkie bier in voor die room,en laat die bier wegkook voordat ek die room by gooi. Groen uie met die lobbe of "spring onions" werk vir my die lekkersteKC wrote:Daai eerste bok se lewer. Maak n driepoot pot VUURWARM oor oop vlam. Gooi olie in so 500ml en verhit tot brandpunt. Gooi dan 2 tot 3 opgensyde uie in en braai in olie tot deursigtig.
Gooi Rooibok lewer in opgesny in so cm blokkies saam met sout en braai vir 3 minute. Daai pot moet smeltwarm wees. Gooi so koppie room in en hou op oop vlam tot room dik bruin sous maak. Seker so 5minute na die lewer blokiies ingegooi is
Haal af en smullllll!!!!! saam met mieliepap , nie krummel nie maar stywe pap.
Nie my resep maar n ou van Reitz omgewing. Dis elke jaar se wenresep.
- Vaalboer
- Full Member

- Posts: 168
- Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Gooi n hele bottel nandos black pepercorn sous by die room mengsel. Saam met vars rolletjies of plaasbrood loop hy soos n jet!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Belangrikste van enige jag trip menu is 'n lekker "brunch" bacon, kaasworsies gebraaide uie en mushrooms met gebakte eiers en rooster brood saam glas lemoen sap dan is jy reg vir jou middag stap! 
-
KC
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
VaalboerVaalboer wrote:Gooi n hele bottel nandos black pepercorn sous by die room mengsel. Saam met vars rolletjies of plaasbrood loop hy soos n jet!
Daai een kan ook lekker afgaan.
So lekker variasie op die tema
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
n dium dik malebe steaks of wit rump soos Foxcreek dit noem oor n lekker warm vuur met braaiboodjies
braai hom medium rear en sny in reppies met n paar sousies op die kant eet sommer so van die hout bord af.
braai hom medium rear en sny in reppies met n paar sousies op die kant eet sommer so van die hout bord af.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Nee o magtag, nou moet ek eers loop kosmaak. Dink daai Marmite Koedoe steak gaan nou mooi loop.
- Vaalboer
- Full Member

- Posts: 168
- Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Beste koedoe fillets wat ek nog geeet het:
Slaan die koedoe fillets so bietjie plat en maak 'n schnitsel van hom met eier en meel. diepbraai tot net gaar. sit ' paar in oondbak en gooi vars room oor. bak so bietjie tot die room mooi ingetrek het.
Ongelooflik!
Slaan die koedoe fillets so bietjie plat en maak 'n schnitsel van hom met eier en meel. diepbraai tot net gaar. sit ' paar in oondbak en gooi vars room oor. bak so bietjie tot die room mooi ingetrek het.
Ongelooflik!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
nee mater bere hom tot jy by my uitkom dan wys ek jou wat maak onsFoxcreek wrote:Nee o magtag, nou moet ek eers loop kosmaak. Dink daai Marmite Koedoe steak gaan nou mooi loop.
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
stan man
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
eerste aand. hoender maag sosaties.ryg jou hoender magies in saam met knopie sampioene en n uitjie en red pepper.laat le dit in 1001 island sauce vir 2 dae voor die tyd.braai dit saam met n lekker kaas knakworsie en stok brood met n lekker konfyten plaas botter. saam met dit loop n lekker drie bone slaai.
dag twee. n lekker rugstring in n pot gebraai saam met olyf olie en balsamiese asyn met net kruie en sout en swart peper.gooi bruin sampioene en knoffel by en braai tot net nadat hy lekker bruin is en mooi geseel het .sny daardie rugstring dan in sulke 4cm mote en flambe met brandewyn. saam met hom n warm aartappel gereg en n vars griekse slaai en tuisgemaakte peppadews en beet.
dag drie n lekker vet skaaprib saam met pap en sous. saam met dit n lekker potbrood met sampioene en kaas en spek.as jy kan n lekker groen mielie ook op die kole gebraai met plaas botter en see sout.
gelukkig is ek weer die naweek in die veld

- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
Helsim Stan, jy sal maak dat ek sommer 'n jag book by jou!
Goed, beter, 6millimeter!
-
stan man
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
geno. ek dink ans moet maar in elk geval kyk dat n paar manne na die seisoen n lekker kuier naweek op die plaas deurbring,dan kan ons lekker eet en n bass of twee vang en dalk op n booze cruize gaan ens.
ek het die jaar darem die voorreg gehad om met n hele paar forum lede kennis te maak .daar het ook heelparty al saam met my gejag.my laaste booking is eers die eerste naweek in september.
ek het die jaar darem die voorreg gehad om met n hele paar forum lede kennis te maak .daar het ook heelparty al saam met my gejag.my laaste booking is eers die eerste naweek in september.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Wat is 'n MOET vir die jag spyskaart
My pel maak hulle ook so. Liewe hel dit is lekker!!!Vaalboer wrote:Beste koedoe fillets wat ek nog geeet het:
Slaan die koedoe fillets so bietjie plat en maak 'n schnitsel van hom met eier en meel. diepbraai tot net gaar. sit ' paar in oondbak en gooi vars room oor. bak so bietjie tot die room mooi ingetrek het.
Ongelooflik!
Veiligheid eerste manne!