Lekker om jak te uitoorle

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Lekker om jak te uitoorle

Post by Reggie Gerber »

Manne ek het gister tot in my tone lekker gekry toe ek n jak, wat my maande al ore aansit, kon ooreed om bakkie te ry.

Die stel jakkies maak al baie moeilikheid by die boer se skape in die kampe naby die huis.

Ek het al baie jakkies op sy plaas in die aand geroep en geskiet maar die stel het al slimmer geraak en ek het al alle raad gevolg om hulle te kry maar hulle was altyd "one step ahead"

Ek besluit toe en reel met die boer dat ek gistermiddag n dag roep in hulle gebied gaan probeer.

Ek kom toe so half drie op die plaas aan en gaan kry vir my n plek op n dam wal in die skadu van n groot doring boom. Kyk my wind wat so 3mph waai en sit die roeper uit. Ek sien toe die boer op die horizon aangestap kom en hy kom sit by my in sy blou overalls. >:(

Ek laat alles rustig raak en begin met jak aleen. Skielik draai die wind en waai uit die teen oorgestelde rigting en baie hard so 15mph. Ek besef toe jak gaan nie opdaag waar ek beplan het nie en toe ek begin om my lyf te skyf fluister die boer vir my. Jak staan toe op 80m agter n draad maar ek sien sy vermoed iets en besluit toe om my skuif te maak. Jak maak toe n omkeer en begin te snol.
Ek kry haar gestop op 220m (na die tyd gerange) en skiet haar dood. Ek sien toe haar maat vir die eerste keer en hy is klaar in overdrive en so 400m weg.
Ek sal plan sien met hom.

Boer was baie bly oor die teef en het sommer n kiekie vir my geneem

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202013-07-24%2015%2047%2028.jpg

Boer is toe weg en ek skuif staanplek so 2 kilos weg in n kloofie. Sewe minute na ek begin roep skiet ek die teef op 227m

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202013-07-24%2016%2051%2002.jpg

Jak aleen en jak baklei het die werk hier gedoen. Ek het die teef sien aankom van so vyf honderd meter in 5de rat.
Sy het ook die wind gewerk en toe sy gaan staan om haar plan te maak het die 87g V max teen 3200fps haar oe toegemaak

Wat n lekker dag en ek is beloon met die belofte om n Rietbok ram van my keuse te kom jag.

Mooiloop
Reggie
Last edited by Reggie Gerber on Thu Jul 25, 2013 3:21 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Lekker om jak te uitteoorle

Post by Gawie(13mm) »

"Laat dit nou vir haar 'n les wees": Soos my vriend altyd sê.
Mooi gemaak.

Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Lekker om jak te uitteoorle

Post by FCLoretz »

Mooi gedoen Regg,
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lekker om jak te uitteoorle

Post by Geno »

Geluk Reggie! Dag roepe is bitter lekker!
Daai eerste teef se pels is ook bitter mooi. So rooi as wat kan kom!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Lekker om jak te uitteoorle

Post by Reggie Gerber »

Ja Geno ek was eintlik verbaas om te sien hoe rooi daai pels was veral om haar agterbene en boude.

Dis ook die eerste een op die plaas wat so mooi gekleur is.

Cheers
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Lekker om jak te uitoorle

Post by FrancoisN »

Goed gedoen my vriend. Kap hulle.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lekker om jak te uitoorle

Post by Marc »

Mooi Reggie, dagroep moet 'n belewenis wees !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lekker om jak te uitoorle

Post by Geno »

Marc wrote:Mooi Reggie, dagroep moet 'n belewenis wees !
Bring daai Savage van jou, dan maak ons so. Jy kan mos op 500y+ gooi?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lekker om jak te uitoorle

Post by Marc »

Geno, jy weet hoeka ek skuld jou 'n paar skote ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply