Die stel jakkies maak al baie moeilikheid by die boer se skape in die kampe naby die huis.
Ek het al baie jakkies op sy plaas in die aand geroep en geskiet maar die stel het al slimmer geraak en ek het al alle raad gevolg om hulle te kry maar hulle was altyd "one step ahead"
Ek besluit toe en reel met die boer dat ek gistermiddag n dag roep in hulle gebied gaan probeer.
Ek kom toe so half drie op die plaas aan en gaan kry vir my n plek op n dam wal in die skadu van n groot doring boom. Kyk my wind wat so 3mph waai en sit die roeper uit. Ek sien toe die boer op die horizon aangestap kom en hy kom sit by my in sy blou overalls.
Ek laat alles rustig raak en begin met jak aleen. Skielik draai die wind en waai uit die teen oorgestelde rigting en baie hard so 15mph. Ek besef toe jak gaan nie opdaag waar ek beplan het nie en toe ek begin om my lyf te skyf fluister die boer vir my. Jak staan toe op 80m agter n draad maar ek sien sy vermoed iets en besluit toe om my skuif te maak. Jak maak toe n omkeer en begin te snol.
Ek kry haar gestop op 220m (na die tyd gerange) en skiet haar dood. Ek sien toe haar maat vir die eerste keer en hy is klaar in overdrive en so 400m weg.
Ek sal plan sien met hom.
Boer was baie bly oor die teef en het sommer n kiekie vir my geneem
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202013-07-24%2015%2047%2028.jpg
Boer is toe weg en ek skuif staanplek so 2 kilos weg in n kloofie. Sewe minute na ek begin roep skiet ek die teef op 227m
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202013-07-24%2016%2051%2002.jpg
Jak aleen en jak baklei het die werk hier gedoen. Ek het die teef sien aankom van so vyf honderd meter in 5de rat.
Sy het ook die wind gewerk en toe sy gaan staan om haar plan te maak het die 87g V max teen 3200fps haar oe toegemaak
Wat n lekker dag en ek is beloon met die belofte om n Rietbok ram van my keuse te kom jag.
Mooiloop
Reggie



