PERMITTE
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Nuwe ooreenkoms aangaande permitte sal glo einde Sept 2010 in werking tree....sopas gehoor.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: PERMITTE
Dawie
Voorspoed met julle goeie werk, hoop julle maak hond haaraf.
Mooi loop
Francois
Voorspoed met julle goeie werk, hoop julle maak hond haaraf.
Mooi loop
Francois
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
'n Amptenaar het my by megaweek meegedeel dat die ooreenkoms (CN/AWK) na die LV's uitgaan die Vrydag wat verby is vir kommentaar.
-
Ambessa
Re: PERMITTE
Hallo Dawie
Ambessa
Ook so verneem. Dus is die implementering nog ver in die toekoms...?Dawie wrote:...die ooreenkoms (CN/AWK) na die LV's uitgaan die Vrydag wat verby is vir kommentaar.
Ambessa
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: PERMITTE
Die 2de krismis is al weer op ons
Lukas
Lukas
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Hierdie saak lyk maar totaal verdag as ons in 2 jaar geen uitsluitsel kon kry nie wonder ek wat ons volgende maand kan verwag as CapeNature die nuwe proklemasie uitbring. Seker weer dieselfde en die boere moet maar die bietjie verslapping vat wat hulle kan kry.
Dawie laat weet asb as jy iets hoor.
Groete
Heinrich
Dawie laat weet asb as jy iets hoor.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Heinrich
Ja, ek lees in vorige post.....
So as my info die keer iets werd is sal al die provinsies volgende jaar in dieselfde bootjie wees

Kojak
Ja, ek lees in vorige post.....
[glow=red,2,300]Nou net gehoor dat die Weskaap ooreenkoms eers op ys is aangesien die Nationale norme en standaarde oor 2 tot 3 maande gaan uitkom. [/glow]Dawie wrote: Nuwe ooreenkoms aangaande permitte sal glo einde Sept 2010 in werking tree....sopas gehoor.
So as my info die keer iets werd is sal al die provinsies volgende jaar in dieselfde bootjie wees
Kojak
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Weet jy of enige iemand 'n voorsmakie van die nuwe norm en standaarde het?
Heinrich
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Volgens wat ek gehoor het word wag hulle vir nog terugvoering op die weskaap ooreenkoms en dan moet daar nog oor vark en bojaan gepraat word en die helikopterskiet ding is ook nog onder bespreking. En die werklading wat die ooreenkoms op LV's gaan h? is ook 'n kwessie.
Die hele oefening in die weskaap was sover 'n "kar voor die perde span F-op". Die naiewe wysneuse by CN het die ordinansie gaan verander en boere verkriminaliseer sonder om die werkbare alternatief klaar te h? en AWK was aanvanklik te stadig en te slapgat om dit te briek.
Die hoeveelheid brandstof en tyd wat gemors is en die gepaardgaande bekommernisse van mense wat net net hulle vee wil beskerm is om die minste te om van naar te raak.
Hierdie storie raak nou oud en krapperig en sal tot 'n punt moet kom.
Kojak
Die hele oefening in die weskaap was sover 'n "kar voor die perde span F-op". Die naiewe wysneuse by CN het die ordinansie gaan verander en boere verkriminaliseer sonder om die werkbare alternatief klaar te h? en AWK was aanvanklik te stadig en te slapgat om dit te briek.
Die hoeveelheid brandstof en tyd wat gemors is en die gepaardgaande bekommernisse van mense wat net net hulle vee wil beskerm is om die minste te om van naar te raak.
Hierdie storie raak nou oud en krapperig en sal tot 'n punt moet kom.
Kojak
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Heinrich
Ek dink Ambessa sal die beste weet wat by die nuwe norm en standaarde aangaan.

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: PERMITTE
Dawie,
Weereens, dankie vir jou effort en toewyding.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Dit is ook nie asof ons dit nie voor die tyd vir hulle gese het nie. Verder stem ek absoluut saam met jou oor AWK, lyk of hulle bietjie lig is vir die tipe van onderhandelinge!Dawie wrote: Die hele oefening in die weskaap was sover 'n "kar voor die perde span F-op". Die naiewe wysneuse by CN het die ordinansie gaan verander en boere verkriminaliseer sonder om die werkbare alternatief klaar te h? en AWK was aanvanklik te stadig en te slapgat om dit te briek.
Die hoeveelheid brandstof en tyd wat gemors is en die gepaardgaande bekommernisse van mense wat net net hulle vee wil beskerm is om die minste te om van naar te raak.
Hoop die nasionale beleid is meer in lyn met wat die boere verlang.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Mac
Dankie vir jou ondersteuning, my insette is maar minimaal, ek kan ongelukkig nie s? dat 'n plesier is nie aangesien vergaderings een van my minder gunsteling tydmorse is.
Heinrich
Ja ek hoop ook die perde wat Nas. beleid onderhandelinge betrokke is hou kop, ten minste is dit dan die hele land se jagters en boere wat kan baklei as as dit nie in lyn is nie. Ek is nie met die nasionale besigheid betrokke nie maar dit smaak my die wildbedryf is ook in met die onderhandelings.
Jy's reg oor dat hulle voor die tyd ges? is, maar ons was mos te "emosioneel". Die boer se "foresight" is nie op ag geslaan nie. Dis maar dieselfde tipe storie met die vuurwapenwet, grondbelasting ens.
Cheers

Die Nuutste in die Weskaap......
"Protokol: geteken, wat nou?
:
Volgens die protokol vir die
hantering van
probleemveroorsakende diere mag
landverenigings voortaan aansoek
doen vir „n permit om jakkalse,
rooikatte en bosvarke te jag.
“Die permitstelsel is vereenvoudig,” sê Thys Delport, voorsitter van die
Roofdierbestuursforum (Predator Management Forum PMF).
Dit is die belangrikste eerste stap in die rigting van die sinvolle bestuur
van die roofdiere wat veeboere “van hul plase af vreet”, soos „n
moedelose boer die situasie opgesom het. Volgens Delport word daar
op nasionale skaal ten minste R1,4 miljard se skade aan kleinvee
veroorsaak.
Die permitte sal hanteer word deur die distrikslandbouverenigings en
ledeverenigings.
Net een permit word aan elke landbouvereniging uitgereik. Die
landbouvereniging sal moet oordeel wie binne sy gebied oor die
voldoende kennis en ondervinding beskik om aksies soos byvoorbeeld
roep en skiet uit te voer. Die name moet op die permit-aansoekvorm
aangedui word. Die aansoek sal aan CapeNature voorgelê word, wat „n
permit sal uitreik en via die distrikslandbouvereniging by die
landbouvereniging se span sal besorg.
Met die permit mag van enige van die volgende ses metodes gebruik
gemaak word om probleemveroorsakende diere te verwyder: roep en
skiet; goedgekeurde jaghonde; beenhou-toestelle(soft traps);
gifhalsbande; goedgekeurde vanghokke; en jag vanuit „n helikopter mits
dit in samewerking met „n navorsingspan geskied.
Daar word nie „n beperking geplaas op die aantal diere wat verwyder
mag word nie, maar die voorvereistes is dat die uitvoering van die
metode eties geskied, en dat slegs diere wat werklik skade veroorsaak
verwyder word.
Ten einde die proses te monitor, moet die span rekord hou van die diere
wat verwyder word. Die rekord sal vir navorsingsdoeleindes aangewend
word.
Hierdie reëling geld slegs vir lede van georganiseerde landbou. Nie lede
moet direk by CapeNature aansoek doen en mag net van die roep en
skiet-metode gebruik maak en wel deur „n geakkrediteerde jagter wat
kan bewys lewer dat hy voldoen aan die nodige vereistes.
Die PMF het dit na vier jaar se gespook reggekry om in samewerking
met „n wye verskeidenheid rolspelers „n protokol saam te stel. Die
protokol is pas onderteken deur die ministers van omgewingsake en
“Die suksesvolle toepassing van die protokol behoort te lei tot die beheer
van hierdie probleem-veroorsakende diere, maar die sukses van die
bestuursplan sal afhang van die samewerking van die lede van
landbouverenigings. "