PERMITTE

Post Reply
Thinus

PERMITTE

Post by Thinus »

HIERMEE WIL EK N VERSOEK RIG AAN AL DIE BOERE EN SKIETERS IN DIE WES KAAP OM CAPE NATURE TOE TE GOOI ONDER AANSOEKE VIR DIE SKIET VAN ROOI JAKKALSE.
HULLE HET GEEN IDEE VAN DIE TIEPE EN OMSET VAN SKADE WAT DEUR HIERDIE HONDTJIES VAN HULLE VEROORSAAK WORD NIE.

SO GEE ONS PERMITTE BINNE 24 UUR SOOS BELOWE DEUR CAPE NATURE OF ONS SKIET HULLE SONDER PERMITTE;OF HULLE BETAAL DIE BOERE UIT VIR DIE SKADE.

AS ONS NIE NOU BAKLEI NIE GAAN DIE BOERE AAN DIE KORTSTE ENT WEES ,SOOS HULLE DIT WIL HE  >:( >:( >:(
Last edited by Thinus on Sun Jan 25, 2009 8:10 pm, edited 1 time in total.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: PERMITTE

Post by Freek »

Hein/Tinus,

Hoe werk hierdie permit stelsel? Moet die boer op wie se plaas gejag word die permit uitneem of moet die ongedierte jagter wat die probleem dier op die plaas skiet die permit uitneem. Ek wil ook graag jakkalse wettig skiet in die Gauteng, Vrystaat en Limpopo areas. Hoe gemaak met aansoek? Wie moet ek kontak? en waar moet ek aansoek indien vir hierdie ongedierte skiet regte in hierdie areas? So nie klits ek die skoot hondjies sonder permit...

Help asb?
Last edited by Freek on Sun Jan 25, 2009 8:11 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Terminator
In die FS en Noord-Kaap het jy nie permitte nodig om nag roep te doen nie. Indien die boer nie saam met jou is nie moet jy geskrewe toestemming in jou besit he.

Ek het nog nie Gauteng, Mpumalanga of Limpopo se ordinansies gelees nie, bel maar jou Omgewings sake ou en stel vas. Ek vermoed dit is net Wes-Kaap en Natal maar mag verkeerd wees met Mpumalanga, waar jy permitte nodig het.

Groete

H
Last edited by jaracal on Sun Jan 25, 2009 8:12 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: PERMITTE

Post by Freek »

Baie dankie Hein! Sal so maak en julle kerels op hoogte hou...
Last edited by Freek on Sun Jan 25, 2009 8:12 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: PIRMITTE

Post by Kruger »

Ek weet ek gaan nou seker op tone trap, maar ek is al gewoond daaraan. Ek glo die meeste van ons is ouens wat al lankal jakkalse roep en/of roep kursusse bygewoon het in die verlede. Ek sal eerder voorstel dat in stede dat n permit gekry word, geldig vir n week of twee, waar enige persoon daai roepwerk kan gaan doen, dat die persoon wat die roepwerk doen eerder n permit moet kry wat hom toelaat om te gaan roep soos hy goeddink. Dit moet egter net toegestaan word in geval waar daardie roeper 'n kursus of wat by byvoorbeeld Heinrich gedoen het. Natuurverwarring sal seker aandring om die kwalifikasie agentskap te wil wees, maar wie van hulle weet enige iets van jakkalsroep af.

Die rede waarom ek so s? is dat daar te veel ouens in die veld is wat nie weet wat hulle doen nie en die bure sit met die slim jakkalse vir altyd. As 'n ou dus weet wat hy doen, gee hom 'n permit dat hy kan jakkalse skiet. Ek dink natuurverwarring dink ons skiet jakkalse vir sports. Wel ek kan aan 'n paar hande vol dinge dink wat sports is, maar jakkals skiet is nie een van hulle nie. Dis dem hande werk om heelnag daar te sit in die koue, so kom ons kry die sportsskieters eerder uit, dan gaan ons makliker self suksesvol wees. Baie van daar sportsskieters copy n CD by n pel, leen 'n speler en vat 5 pelle en n paar kaste bier saam. Dan gaan hulle jakkalse skiet. Ek weet nie of dit by julle ook al gebeur het nie, maar hier weet ek van verskeie sulke gevalle. Hulle gee jakkalsroep in die algemeen 'n slegte naam en sal nie die moeite of koste aangaan om n kursus te doen nie, dus sal hy nie n permit kan kry nie. Vra maar net. Wat dink julle?
Winners never quit - Quitters never win.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Kruger,

Ek stem saam met wat jy s? rondom die permitte vir jagters.
Dit is vir my iets soos regulering van die jagters, dit kan slagysters ens insluit. Dit kan iets wees soos `n lisensie. Die manier wat dit egter nou afgedruk word is verkeerd!!

`n Permit om te mag jag is egter vir my heeltemal anders, en dit weier ek, onder huidige omstandighede, om uit te neem. As jy gelisensieer is om te jag, kan jy jag waar nodig sonder permitte!! As ons eers toegegee het deur lisensies uit te neem het ons dit aanvaar en is dit verby.

Groete
Lukas
Last edited by LMB on Sun Jan 25, 2009 8:13 pm, edited 1 time in total.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

LMB/Kruger
Ek stem saam vir gewone jagters en professionele jagters, (slagysters inkluis) maar ons kan die boer nie aan bande le nie. (maw hy moet self die slagyster stel of sy mense moet 'n kursus deurloop en 'n permit kry)(sien ADV smit se opinie onder CapeNature). Die permit of lisensie moet geldig wees vir minimum 'n jaar. Soos waar jy 'n bestuurderslisensie nodig het om op 'n openbare pad te bestuur maar nie een nodig het op jou plaas nei. As jy by jouself wil skiet/slagyster stel ens mag jy maar sodra iemand anders inkom moet hy 'n lisensie/permit he.

Ons as jagters moet insette kan lewer en bv 'n kursus saamstel - ons het tog die ondervinding. Ek sal graag wil weet wie anders as jagters kan so 'n kursus saamstel. Ek het bv uitgewerk vir 13 jaar teen gemiddeld 16 dae per maand wat ek gejag het is dit 2500 dae in die veld gespandeer, agter jakkalse aan. April 2009 sal dit 14 jaar wees, MAW ek is stewig oppad na 2700 dae.

Hey, dit is skrikwekkend om te dink ek het 7.4 jaar agter op my bakkie deurgebring!!!! :o

Groete
H
Last edited by jaracal on Sun Jan 25, 2009 8:13 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Andre

Re: PERMITTE

Post by Andre »

In my omgewing is mense nou al so "gatvol" vir nuwe wetgewing en allerhande nonsens, dat die meeste hier voel; daar word vir geen  permit aansoek gedoen nie! Ons erken nie die belaglikheid nie, en sal defnetief nie CapeNature vergoed met geld wat oorbly nadat Jakkals se kind met ons klaar is nie!
Last edited by Andre on Sun Jan 25, 2009 8:13 pm, edited 1 time in total.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: PERMITTE

Post by LMB »

Hein

Ek aanvaar jy moes seker al by `n jakkals of twee verby geloop het in die tyd, maar ek is seker jy ken al `n bakkie se bak goed!!

Groete
Lukas
Last edited by LMB on Sun Jan 25, 2009 8:14 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: PERMITTE

Post by tafjak »

Hein

Gelukkig nie 'n Landrover se bak nie, anders was dit al amper 10 jaar!!

Taffie
Last edited by tafjak on Sun Jan 25, 2009 8:14 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: PERMITTE

Post by Kruger »

"Soos waar jy 'n bestuurderslisensie nodig het om op 'n openbare pad te bestuur maar nie een nodig het op jou plaas nei. As jy by jouself wil skiet/slagyster stel ens mag jy maar sodra iemand anders inkom moet hy 'n lisensie/permit he."

Heinrich ek stem nie saam met hierdie stelling van jou nie. Indien ek op my plaas bestuur, of ek nou kan bestuur of nie, skep ek geen probleme vir my bure nie, maar indien ek op my plaas roep sonder dat ek weet hoe, gaan almal in die distrik nog jare vat om al my studente dood te kry. Net omdat ek boer beteken mos nie ek weet hoe om jakkalse te roep of 'n slagyster te stel nie. Dit staan tog enige boer vry om 'n kursus by te woon, homself so te kwalifiseer en self 'n "lisensie" te bekom. Dan kan hy by hom skiet soos hy goeddink, sonder enige verdere permitte en tydmors. Indien hy dit nie wil doen nie kan hy mos steeds van die gelisensieerde jakkals skieters kry om by hom te kom skiet. Die meeste van ons op hierdie forum het tog reeds kursusse gedoen, en my fokus is nie op hierdie ouens nie.

Daar is baie ander sogenaamde boere wat 'n alternatiewe bron van inkomste het en dit skeel hom min of hy n jakkals skelm maak of nie. Sy bure ly egter die skade en dit is daardie ouens wat ek wil aanspreek. As hy regtig wil jakkalse skiet, goed en wel, doen net die kursus wat die meeste van ons op hierdie forum in elk geval klaar gedoen het en kry jou "lisensie". Dan weet hy ten minste die basiese goed en behoort hy minder slim jakkalse tot gevolg te he. Hoekom moet ons toesien dat die wiel oor en oor ontdek word terwyl almal kan deel in die 7.4 jaar se ondervinding wat jy agterop jou bakkie opgedoen het.

Ek is beslis gekant teen die twee weke lisensie soos tans voorgestel vir Weskaap en sal beslis ook weier om daarvoor aansoek te doen indien iets soortgelyks by ons afgedwing word, maar dit help nie ek as leek probeer my jakkalse self skiet en my buurman wat vele kursusse gedoen het en professionele mense wat hy later uit radeloosheid ook inkry sukkel om van die jakkalse wat ek slim gemaak het ontslae te raak nie. Dit maak ons probleem net meer en skade ons skade net groter. Dit is tog juis wat ons wil verhoed, nie waar nie?
Last edited by Kruger on Sun Jan 25, 2009 8:15 pm, edited 1 time in total.
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: PERMITTE

Post by Kruger »

Taffie ek sien jy is ook nou aanlyn my maat. Hoe s? jy, hoeveel jaar het jy al altesame aan 'n Land-Rover gewerk?
Last edited by Kruger on Sun Jan 25, 2009 8:15 pm, edited 1 time in total.
Winners never quit - Quitters never win.
tafjak

Re: PERMITTE

Post by tafjak »

Kruger

Ek wil nie hardop skinder/fluister nie, maar ek dink dit is presies wat die Wille Weste(weskaap) nou probeer doen maar net in 'n baie omslagtige metode of wyse. Ek voel die wyse waarmee hulle nou besig is, is uiters ongevoelig en onwys. Miskien onkunde se skuld, weet nie. As ek meer geleerdheid gehad het sou julle my bek nie kon toehou nie.

As my somme reg is, 2.6 jaar op 'n landy se bak (5 jaar).

Taffie
Last edited by tafjak on Sun Jan 25, 2009 8:15 pm, edited 1 time in total.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Kruger
Ek sien jou punt tov die slim maak van jakkalse, maar omdat 'n paar ouens dit doen kan almal nie nou onder voorwaardes geplaas word nie. Ongelukkig maak kursusse jou nie 'n kenner nie maar kan jou aanvul as jy reeds ondervinding het. Dit kan jou ook net die basiese beginsels leer.

Ongeduld, skiet wanneer nie geskiet moet word nie, jakkals koors, kanse vat en pleinweg swak skuts is die grootste probleem en dit kan nie in 'n kursus geleer word nie.

Almal was op een of ander stadium 'n beginner en almal het foute gemaak, dit verg selfbeheersing om nie te skiet as jy slegs die oe sien. Ek dink nie daar is een persoon wat nie weet dat jakkalse vinnig leer en roep- of lig sku raak en dat jy hom nie moet misskiet nie, tog gebeur dit, hoekom? Gebrek aan selfbeheersing is my opinie.

Ek beleef self daardie frustrasies maar het geleer om daarmee saam te leef en planne te beraam om hulle uit te oorle. Soms werk dit soms nie maar intussen hou die skade nie op nie. Daarom moet alle metodes aangewend word om jakkalse uit te oorle.

Groete

H
Last edited by jaracal on Sun Jan 25, 2009 8:16 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: PERMITTE

Post by Kruger »

Taffie ek dink ons verstaan mekaar verkeerd. Soos ek dit sien wil CN h? alle voornemende jakkals skieters moet by hulle 'n kwalifikasie verwerf. Daarna moet hulle aansoek doen vir 'n permit, geldig vir 2 weke ens. Wat my betref is dit absoluut bog en ek sal dit nooit ondersteun nie.

Ek voel daar is niemand beter as Heinrich om enige roepkursus aan te bied nie. CN of natuur verwarring het niemand wat iets weet van 'n jakkals nie, so hoe gaan hulle 'n kursus aanbied? Die meeste van ons op hierdie forum gaan meer ondervinding h? van jakkalsskiet as die kursusleier as hy uit hulle (CN, natuurverwarring) geledere moet kom. Heinrich het tog rekord van almal wat al reeds sy kursusse bygewoon het. Wat ek s? is laat daardie ouens wat reeds die kursus gedoen het hulle "lisensies" kry en voortgaan met jakkalsskiet soos normaal. Indien daar egter nog boere is wat ook wil jakkals skiet en hulle het nog nie sy kursus gedoen nie, moet hulle dit eers doen voordat hulle 'n "lisensie" kan kry. Dit kan tog niemand kwaad aandoen om te weet wat die regte manier is nie. Enige boer kan baatvind daarby. Jy skiet al jare jakkalse en het al duisende geskiet, tog woon jy steeds Hein se kursusse by wanneer hy hier in die omgewing is, want jy leer dalk elke keer nog ietsie by. Hoekom wil ons dit dan regverdig dat absolute leke moet veld toe gaan en dan vir sy bure probleme veroorsaak?

As dit so gedoen kan word weet ons mos dat die ouens wat skiet ken die basiese dinge, wat minder slim jakkalse tot gevolg behoort te h?. Dit is tog in ons almal se belang.
Last edited by Kruger on Sun Jan 25, 2009 8:16 pm, edited 1 time in total.
Winners never quit - Quitters never win.
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: PERMITTE

Post by Ja-jagter »

Ek jag hoofsaaklik in die Noord Kaap en 'n bietjie in die Wes Kaap.  Wat nou in die Wes Kaap gebeur het, ivm ongediertejag, lyk my is ook besig om in die Noord Kaap te gebeur.  Hoe kan ons as jagters saamstaan om van die begin af daarteen kapsie te maak sodat ons nie in dieselfde penarie beland as die Wes Kaap nie.  Wat se voorstelle is daar om dit te verhoed?

Ja-jagter
Last edited by Ja-jagter on Sun Jan 25, 2009 8:16 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: PERMITTE

Post by Dawie »

J-j
Hou die forum dop!!! Daar is oor die volgede paar weke vergaderings met rolspelers en dit sal als op die forum kom vir bespreking...
Dawie
Last edited by Dawie on Sun Jan 25, 2009 8:17 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: PERMITTE

Post by tafjak »

Kruger

Terwyl jy my geantwoord het was ek besig om iets in Bokram se rigting te beduie wat ook op dit betrekking het. Ek stem 200% saam met wat jy se en wil ek eintlik net bespiegel dat CN op die ou einde tog maar die regte spanner vir die regte moer moet kry. Dit lyk net vir my alles neig in daardie rigting.

Taffie
Last edited by tafjak on Sun Jan 25, 2009 8:17 pm, edited 1 time in total.
Langbroek

Re: PERMITTE

Post by Langbroek »

Hein
Sien dat Kruger daarmee spog dat hy 'n tonetrapper is. Geen probleem daarmee solank mens net dink voor jy trap.
Kruger lees gerus, wanneer jy die tyd kry tussen jou trappery deur ;), Hein se gedagtes en standpunte in voorafgaande pos ten opsigte van akkreditasie deur jagters. Dan sal jy sien dat jy nou met jou permit storietjie maar net probeer om in ander woorde te herhaal presies dit wat Hein nog al die tyd met akkreditasie bedoel en wel duidelik gestel het.  Akkreditasie is net 'n baie beter, voorskriftelike en volledige term vir wat ten doel gestel word.
Die standpunt dat 'n kursus die alpha en omega is bewys net hoe min ons werklik weet. Lyk my sommige van ons weet presies eweveel of ewe min  van jakkals skiet af. Ek self het twee kursusse bygewoon en glo toe dat ek nou die wysheid en ondervinding in pag het. Moes toe uitvind dat jy 10 kursusse kan bywoon maar as jy dit nie in jou het nie sal jy nooit 'n suksesvolle jakkalsjagter wees nie. Praat nou nie van die jong en dom jakkalsies nie, nee wat , met die kan enige gemiddelde ou sukses behaal. Praat van die gesoute swartrue, dan is dit duidelik dat kursusloop nie alleen sukses beteken nie -- allermins. Enige iemand wat dit nie weet nie is nog maar 'n leek en beginner. Kursusloop is maar net 'n goeie begin, daarna kom die werklike belangrike deel nl.
1. ondervinding in die veld en die vermo? om daaruit te leer.
2. die regte temperament --- daarom sal sekere ouens na 100 kursusse steeds droogmaak  ---- en wie gaan dit toets  -- sielkundiges???
3. skietvermo? en toerusting.
4. natuurkennis
5. geduld, veldkennis, jakkalskennis, ens. ens. ens.ens........ ens.
Nee wat, ons kan maar na Hein luister, hy weet nogal iets van wat hy praat. Ons moet eers sy standpunte met insig lees voordat ons met hom verskil ---- hyself het deur ondervinding geleer. Hy sal dan ook erken dat baie van die ouens wat by hom kursus geneem het nooit werklik suksesvol sal kan wees nie asgevolg van hierdie bogenoemde by faktore. Die kursus is net 'n vinnige metode om te leer loop, maar nou moet jy nog fiks word en as jy nie 'n atleet is nie sal jy nooit een kan word nie.

Hein , jy is op die regte spoor, hou net kop en sterkte vir die tone.

Langbroek
Last edited by Langbroek on Sun Jan 25, 2009 8:17 pm, edited 1 time in total.
baasjan

Re: PERMITTE

Post by baasjan »

Hein
Verander asseblief hierdie PIRMITTE na PERMITTE -- nou net sit ons met nog 'n ding wat skaap vang en waarvoor daar 'n PERMIT uitgeneem moet word.
En dan moet ons 'n kursus loop om 'n permit te kry om 'n pirmit te kry om 'n permit te h
Last edited by baasjan on Sun Jan 25, 2009 8:18 pm, edited 1 time in total.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: PERMITTE

Post by jaracal »

Basjan
so gevra so gedoen  ;)

Groete

H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: PERMITTE

Post by JACQUES BOTHA »

langbroek:
welkom ek het jou nog nie hier gesien nie ook noggie gepraat nie. Ja ek stem ondervinding kan nie gekoop word nie, maar basics is basics en almal moet tog iewers begin.. en ek dink die kursus is ddie begin om te leer roep en wat dit kos om te roep en wat dit vat...dit is vir my waar die toewyding begin ..En heelaaas ondervinding kan nie gekoop word nie.maar dit kom so vir my voor of jy raas en prys oor dieselfde saak...of lees ek skeef, sorry ek is biki stadig as ek weer verkeerd gelees het..
Shoot straight and tell the truth!
Langbroek

Re: PERMITTE

Post by Langbroek »

mesomelas

Die bietjie erkenning aan Hein is nie prys nie maar doodgewone feitelike erkenning vir wat hy met hierdie forum doen asook sy bewese kennis en insig -- jy stem darem seker saam dat hy so bietjie erkenning verdien.
Die raas soos jy dit verkies om te noem verwys maar net heel kalm na almal wat nie die temperament het vir jakkalsjag nie -- maar reken omdat hulle kursus gedoen het kort hulle nou niks --- miskien ekself ook voor ondervinding meer wysheid gebring het. Na so 3 ure se stilsit en wag vir jak begin my stewe te jeuk en dan versit ek net om die volgende oggend sy spore daar te kry. Nou soek ek nie meer manne wat net kursus gedoen het nie, maar wat die regte temperament en bewese sukses het.
Het mos ges?  kursus is 'n goeie grondslag -- 'n vinnige metode om te leer loop ( in die figuurlike sin ). So ons stem nog steeds saam al besef ons dit nie.
My finale standpunt is doodeenvoudig dat ek nie 'n permit sal uitneem om my vee te beskerm nie, want dit is belaglik  -- dat ek reeds kursus gedoen het en dit nie weer sal doen nie behalwe as my p?lle my weer ompraat of as jy by is ( so laat weet ) --- dat ek my vee sal beskerm teen enige bedreiging op enige manier wat die beste resultaat sal lewer sonder om die natuur skade te doen.
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: PERMITTE

Post by Kruger »

Langbroek ek weet nie hoekom is jy so kwaai as jy eintlik saamstem nie. Ek het ook 2 van Hein se kursusse gedoen en het my eerste jakkals in 1997 ingeroep en geskiet. 11jaar gelede en ek skiet vandag nog, maar ek dink vir geen oomblik dat ek slim is nie. Allermins. Sov?r ek bewus is was daar destyds niemand wat kursusse aangebied het nie en ons moes maar self leer. Ek het self baie jakkalse slim gemaak in daardie tyd en nog steeds gebeur dit dat mens foute maak, 'n skoot trek of net plein gedaan is en dan nonsens aanja, so ek is nie so naief om te dink dat jy 'n kursus doen dan gaan jy nooit weer foute maak nie. Wat ek wel s?, en daar stem jy saam, in jou eie woorde gestel, 'n kursus leer jou loop. Indien ek destyds toe ek begin het 'n kursus kon bywoon sou ek baie minder jakkalse self slim gemaak het en dus baie minder skade gely het as gevolg van hulle. Die punt is ons wil so min moontlik skade ly as gevolg van jakkalse en as die bywoning van 'n kursus kan help....wel hoekom nie.
Winners never quit - Quitters never win.
Langbroek

Re: PERMITTE

Post by Langbroek »

K?rels lyk my ons stem almal JA ---- net nie vir NC se ondeurdagtheid of miskien vir Cope nie.

Ons Moet net nie meewerk om die Boer sy seggenskap op sy eie plaas en sy grondwetlike regte te ontneem nie. Boere is darem nie heeltemal dwase nie en sal gou uitvind wat vir hulle die regte ding is. Die boer is tans die mees gereguleerde bedreigde spesie in die land en ek sal nie verdere regulering aanhelp of motiveer nie.

Kruger, nie kwaai nie --- tong in die kies sommer net wou kyk of jy sensitief oor jou eie tone is --- sien jy vat dit gemaklik --- mooi man. 
Post Reply