Hein
Sien dat Kruger daarmee spog dat hy 'n tonetrapper is. Geen probleem daarmee solank mens net dink voor jy trap.
Kruger lees gerus, wanneer jy die tyd kry tussen jou trappery deur

, Hein se gedagtes en standpunte in voorafgaande pos ten opsigte van
akkreditasie deur jagters. Dan sal jy sien dat jy nou met jou permit storietjie maar net probeer om in ander woorde te herhaal presies dit wat Hein nog al die tyd met akkreditasie bedoel en wel duidelik gestel het. Akkreditasie is net 'n baie beter, voorskriftelike en volledige term vir wat ten doel gestel word.
Die standpunt dat 'n kursus die alpha en omega is bewys net hoe min ons werklik weet. Lyk my sommige van ons weet presies eweveel of ewe min van jakkals skiet af. Ek self het twee kursusse bygewoon en glo toe dat ek nou die wysheid en ondervinding in pag het. Moes toe uitvind dat jy 10 kursusse kan bywoon maar as jy
dit nie in jou het nie sal jy nooit 'n suksesvolle jakkalsjagter wees nie. Praat nou nie van die jong en dom jakkalsies nie, nee wat , met die kan enige gemiddelde ou sukses behaal. Praat van die gesoute swartrue, dan is dit duidelik dat kursusloop nie alleen sukses beteken nie -- allermins. Enige iemand wat dit nie weet nie is nog maar 'n leek en beginner. Kursusloop is maar net 'n goeie begin, daarna kom die werklike belangrike deel nl.
1. ondervinding in die veld en die vermo? om daaruit te leer.
2. die regte temperament --- daarom sal sekere ouens na 100 kursusse steeds droogmaak ---- en wie gaan dit toets -- sielkundiges???
3. skietvermo? en toerusting.
4. natuurkennis
5. geduld, veldkennis, jakkalskennis, ens. ens. ens.ens........ ens.
Nee wat, ons kan maar na Hein luister, hy weet nogal iets van wat hy praat. Ons moet eers sy standpunte met insig lees voordat ons met hom verskil ---- hyself het deur ondervinding geleer. Hy sal dan ook erken dat baie van die ouens wat by hom kursus geneem het nooit werklik suksesvol sal kan wees nie asgevolg van hierdie bogenoemde by faktore. Die kursus is net 'n vinnige metode om te leer loop, maar nou moet jy nog fiks word en as jy nie 'n atleet is nie sal jy nooit een kan word nie.
Hein , jy is op die regte spoor, hou net kop en sterkte vir die tone.
Langbroek