BSA Windbuks
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
BSA Windbuks
Goeie dag forum vriende
Ek het n BSA windbuks by my oupa ge-erf, daai met hout kolf slegs agter en dan verder staal en die wat nie knak nie, maar wat die armpie het wat spring terugdruk.
Die piston (as ek dit so kan noem), met die washer, wat die lug vorentoe druk het gebreek. Ek sukkel my alie af om daai piston te kry hier in my area. Die pennetjie wat aan sneller hak, het afgebreek daar waar dit by piston indraai.
Waar kan ek sulke parte kry of vir wie kan ek kontak? Ek ken ongelukkig nie die model ens van windbuks nie en sal later kom foto's plaas.
Groete
Danie

- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Probeer vir Vincent by MZE Airgunsmiths, 011-791 0629 of 083 997 7718
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Swede, baie dankie!!
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Foto's van my windbuks, jammer oor kwaliteit en agtergrond, nie baie tyd gehad om te neem nie.
https://www.dropbox.com/s/76wleemb29n8kp5/IMG_00000200.jpg
https://www.dropbox.com/s/32qcp6rchhqbrvy/IMG_00000201.jpg
As iemand dalk so ou een het wat rondlê, pm my asb ek sal dalk belangstel om dit oor te koop of selfs net parte daarvan.

junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: BSA Windbuks
Danie bel vir dawid by gerrie coetzee se werkswinkel.hy sal vir jou n nommer gee van iemand in bloem wat aan windbukse werk.hier was altyd n ou oom naby aan Kevin Healy se werkswinkel wat aan die ou bsa ens gewerk het maar hy is onlangs oorlede.ek dink die nuwe ou het al sy ou parte oorgekoop.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Dankie Julian, sal so maak. Ja ek dink reeds dit was die oom langs oom Kevin wat die windbuks se spring vervang het so ruk terug.junglejulian wrote:Danie bel vir dawid by gerrie coetzee se werkswinkel.hy sal vir jou n nommer gee van iemand in bloem wat aan windbukse werk.hier was altyd n ou oom naby aan Kevin Healy se werkswinkel wat aan die ou bsa ens gewerk het maar hy is onlangs oorlede.ek dink die nuwe ou het al sy ou parte oorgekoop.
Groete
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: BSA Windbuks
Danie
Dis nie vandag se windbuks daai nie. Weet jy uit watter jaar kom hy?
Groete
Dis nie vandag se windbuks daai nie. Weet jy uit watter jaar kom hy?
Groete
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: BSA Windbuks
In Pretoria is oom Johan van Eik wat spesialiseer in springers. PM my as jy sy nommer soek.
Groete
Jacques
Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Musgrave 2 skewe nulmusgrave270 wrote:Danie
Dis nie vandag se windbuks daai nie. Weet jy uit watter jaar kom hy?
Groete
Ek weet nie presies hou oud hy is nie, my oupa ook al oorlede, sal by my pa moet hoor of hy dalk n idee het. Die windbuks het vir my baie sentiment, was eers my oupa sin en toe my pa en sy broers sin en toe myne en my broer ook met hom leer skiet. Hy het bietjie skade onder my broer gekry, soos versierkies wat gebreek het en my broer wat kolf dik en onegalig vernis het, maar dit kon ek dam afskuur. Wil graag weer die outjie in werking hê, maar hier in Kimberley kry ek nie parte nie.
Jacqeus
Baie dankie, ek het jou gepm.
Groete
Danie
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: BSA Windbuks
Janee 'n kleinboet trek ook als deur. As jy dalk die jaarmodel kan opspoor kan jy dalk op die internet 'n ou een opkoop vir parte. Weet nie of dit moontlik is nie.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Het dam nou so paar manne wat ek kan bel, maar dink die roere is nie te goedkoop nie, sal hierdie opsie volg as ek nie andersins regkom nie, dink hier is reeds so windbuks by oom Rob, maar dis die een wat n kleinbietjie groter is, met langer piston.musgrave270 wrote:Janee 'n kleinboet trek ook als deur. As jy dalk die jaarmodel kan opspoor kan jy dalk op die internet 'n ou een opkoop vir parte. Weet nie of dit moontlik is nie.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: BSA Windbuks
http://www.cornellpubs.com/old-guns/ite ... tem_id=983
Ek nou self nuuskurig oor die datum. Hier is 'n 1915 katalogus voorblad van BSA. Joune lyk soos een van hul.
Ek nou self nuuskurig oor die datum. Hier is 'n 1915 katalogus voorblad van BSA. Joune lyk soos een van hul.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: BSA Windbuks
Dankie M270musgrave270 wrote:http://www.cornellpubs.com/old-guns/ite ... tem_id=983
Ek nou self nuuskurig oor die datum. Hier is 'n 1915 katalogus voorblad van BSA. Joune lyk soos een van hul.
Jis dis moeilik om te sê, daar n paar jonger modelle wat ook so lyk en dan n paar ouer modelle ook, weet net myne is die kleiner / korter een.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: BSA Windbuks
Hoop jy kom reg. As jy hom nie regkry nie, sal dit nogsteeds 'n mooi vertoonstuk maak om in jou kantoor op te sit.