Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het gister die lisensie vir my 12 boor haelgeweer gekry en die roer gaan haal. Mossberg 395kb. Relatief skaars en nie baie gewild nie, maar ek hou van die geweer want dit is my eerste haelgeweer.
Op die loop wys dit dat die patrone wat gebruik kan word 2 3/4 tot 3 duim is. Ek het gister gaan ammunisie koop, Elley no 7, maar die lengte van die dop is 65mm, so 2 1/2 duim.
Kan ek hierdie patrone met gerustheid in die geweer gebruik, of is dit gevaar in? My denke sê dat daar nie met die haelgeweer probleme sal wees nie want dit werk ander s as met 'n koeël geweer. Dink ek reg of moet ek eerder gaan omruil? Ek het die goedkoopste nou eers gekoop om net gewoond te raak aan die geweer voor ek meer spesifiek gaan koop. waarvoor ek dit wil gebruik soos tarentale en fisante, en moontlik duiwe. Dalk ook sommer speel met klei.
Last edited by Giepie on Thu Sep 19, 2013 9:18 am, edited 1 time in total.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Al die 2,5 tot 3 duim sal werk in jou haelgeweer. Moet net nie 3,5 probeer nie. Die dop se krimp word oopforseer wanneer jy skiet en moet ruimte hê om in uit te vou. Die kamer van jou geweer het plek tot by 'n 3 duim lengte patroon.
Waar het jy die 65mm patrone gekoop? As jy daarvan ontslae wil raak, sal ek dit met liefde oorneem
Ek is opsoek na 65's want my ou Robert Hughes and Son het 'n 65mm kamer.
Waar het jy die 65mm patrone gekoop? As jy daarvan ontslae wil raak, sal ek dit met liefde oorneem
Ek is opsoek na 65's want my ou Robert Hughes and Son het 'n 65mm kamer.
Groetnis.
Nils,
Kontak vir Athol Murray by Entramarc in Randburg (011) 704 6708. Hulle voer gereeld ammunisie in oa 65mm 12Br maar dan ook ander kalibers soos 16Br, 20Br & 28Br en .410.
Met haelgeweer kan jy korter gaan maar nie langer as jou kamer nie. Moet nie magnum loads laai as jy nie die kamer lengte weet nie. In my 870 Remington magnum express kan ek enige lengte laai. Wees maar versigtig.
Beretta