308 met 110gr V-Max

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Ek wil ook van die v-max punte laai. Ek het ladings met snelhede met ander gewig punte, sal dit help met iets soos Quickload of moet ek spoed en landings gee met die spesifieke punte?
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Johan Reyneke »

Hi Thermal

Dit is maar net beter om spoed met die kooels wat jy mee wil skiet se spoed te gee vir ql kalibrasie, want geen twee koeels reageer presies dieselfde in 'n geweer nie. Jou bearing surface op verskillende koeels en gewigte verskil.
Hoop dit help
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by tripodmvr »

Johan slaan die spyker op sy kop. Die bestaande ladings en spoed kan gedeeltelik help, maar met hoër druk begin dryfmiddel nie lineêr optree nie en is dit beter om gegewens met die spesifieke koeël te gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Dankie , ek het gedink dit sou nie so maklik wees nie. :-)
Ek sal maar n maar laai en meet en dit hier vertoon.

Wat dink julle sal die beter kruit wees.
Last edited by Thermal on Tue Oct 08, 2013 6:31 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by tripodmvr »

Met sulke ligte koeëls sal die volgende vinnige kruit beter werk sodat die dop nie te vol raak nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Ek het s321 en s335, kan ook s265 kry?
Watter een stel julle voor?
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Johan Reyneke »

My seun gebruik 335(698)(46.9) vir 110gr Sierra Varmint met spoed van so 3100fps in sy Howa 308 (22"loop)

Jy sal maar moet kyk wat werk vir jou geweer

Jy kan so van 44gr opgaan en toets vir spoed. Jou inkremente kan 0.5 gr wees, vir eers dalk nie meer as 45.5 nie. Dan kan QL dalk aanduiding gee wwar jou ladings moet wees. Min 3 tot verkieslik 5 skote per lading sal goeie gemiddeld gee van spoed.

Maar hou maar met elke lading die aanduidings van druk baie deeglik dop.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Thanx Johan , ek sal so maak. Nou moet ek by n baan uitkom...
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Ok, so hier is n top en onderste lading, 5 skote.
Norma doppe, cci 200, tpl 69.0mm
S335 teen 45gr gee ave 2854fps.

Norma doppe, cci 200, tpl 68.0mm
S335 teen 48gr gee ave 3066

Hoop iemant kan help.

Groete
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Johan Reyneke »

Thermal
Meer inligting is nodig om korrek te kalibreer. Kan jy dalk dit ook post

H2o dop inhoud
Loop Lengte
Dop Lengte
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

H2O is 57,5 avg.
Length is 51mm.
Loop is 24 duim.

My primers lyk nog goed, begin plat word, slot maak maklik oop.
Last edited by Thermal on Tue Oct 08, 2013 6:41 pm, edited 2 times in total.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Johan Reyneke »

Thermal
Ek sal gaan vir die lading

Norma doppe, cci 200, tpl 68.0mm
S335 teen 48gr gee ave 3066

Met 48,1gr behoort spot on op die node spoed van 3070 te wees. As jou groepering goed was met die lading hou hom daar.
Met die 6.2mm seating diepte is daar ook net beter grip as met die 69 se 5mm. Jou extreme spread behoort ook teoreties laer te wees met die 68mm.

Jou drukvlakke is baie laag en jy behoort geen probleem te he nie.

Ek hoop dit jou gehelp
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Thanx Johan

Dit is nice om te sien, dit wat ek ervaar en dit wat QL gee so naby aan me kaar is!
;D
EK moet se die groepering lyk baie goed met die 48gr, sal bietjie groter groepe skiet en ook op verder afstrande bevestig.

Wat sê QL is die max wat ek voor moet gaanmbt:
Lading
Snelheid.

Groete en weereens baie dankie.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Johan Reyneke »

Thermal

Met die 48,1gr is jy reeds op 100% dopvulling, om by volgende node uit te kom is 3241fps met 50,7gr is jy op 106.4%gr, wat jou compressed load gaan gee.

Jy sal moet na 'n vinniger kruit soos S321 moet gaan om jou dopvulling onder 100% te kry, en sodoende vinnger spoed .

Sou jy besluit om met S321 te skiet kan jy 48gr en 48,5gr probeer en net spoed gee, want teoreties behoort 48.5 jou 'n node te gee van 3220fps

Hoop dit help
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Izak H »

Naand manne

Ek laai 110gr v-maxe voor 50gr S341 en CCi 200 primers, vir spoed van 3340 vt/s in my 308, het 'n plank geweer loop op hom, het al baie jakkalse en katte met die kombinasie geskiet, vir bokke jag gebruik ek 110gr Sierra Varminters.

Groete
Izak
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Reghardt »

Hierdie is 'n 3 skoot groep uit my 308 met 110gr v-max punte op 100m
Groep.jpg
Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Silent Hunting »

Reghardt,

Mooi man. Ek het selfde gekry, toe skiet ek hulle nooit weer nie. Was eerste keer dat ek so groep geskiet het en was bang dit gebeur nooit weer nie. Nou het ek darem 'n mooi "memory".

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Reghardt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Sat Jun 30, 2012 9:40 am

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Reghardt »

Silent Hunting wrote:Reghardt,

Mooi man. Ek het selfde gekry, toe skiet ek hulle nooit weer nie. Was eerste keer dat ek so groep geskiet het en was bang dit gebeur nooit weer nie. Nou het ek darem 'n mooi "memory".

Groete,

Henk
Henk

Jip ek skiet hulle ook nie meer nie ek skiet nou die 125gr Sierra prohunter. Groepe is ook baie mooi. Oja daardie groep was geskiet met jou hunt Buddy op. Hulle werk dam maar lekker. Drikus se ook hy is baie tevrede met die een wat hy die naweek op sy 25-06 getoets het. Hy sê die geweer skiet baie lekker. Ek het nog nie kans gekry om die loop van die ruger te meet nie, maar sal sodra ek weer in PE is. Jy kan myne maar net so lank soos drikus sin maak.

Groete
Reghardt
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Silent Hunting »

Is reg, ek maak so. Geniet dit daar.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Julle weet ons verander nou die 30Wag n 243.... :o >:D

3300fps... WOW my tjomma het a pel ++>: wat vir hom n lading vir .223 gebou het wat 3300fps gee... en dis maar met a 52gr punt!! Nou ruk julle hom oop met n 308w!!! AWESOME
Hleroux
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Dec 30, 2012 7:52 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Hleroux »

Dis my 3 skoot groepering op 100m met die 110gr Vmax
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Dis jou om op trots te wees daai!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by LUAN »

Het ook so bietjie met die v-max gaan speel in die reen vandag vir die eerste keer. Het lading ontwikkeling op 200m gedoen met 0.3gr inkremente kruit. Daai een bo moes seker n groot reen druppel gewees het wat hy geslaan het op pad teiken toe ;)
110gr V-max (Small).jpg
110gr vmax (Small).jpg
:): ;D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by LUAN on Sun Oct 27, 2013 7:02 pm, edited 3 times in total.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by Thermal »

Wat dink jy het die horisontale verspreiding veroorsaak?
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 308 met 110gr V-Max

Post by LUAN »

Ek het 9 rondtes gelaai met elk .3gr meer kruit. Dit gee hier by 200fps verskil tussen die stadigste en vinnigste skote. Die stadiges het links begin en soos dit vinniger gaan na regs. Jy kan sien daar is 2 driehoeke tussen daai skote. Hulle is die skote wat met .9gr tussen mekaar verskil en dui waar n node le vir my geweer. Nou kan ek op een van daardie ladings besluit en speel met die tpl.
Post Reply