Meet van recoil....

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Meet van recoil....

Post by Eugene »

Na aanleiding van Geno se post hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t=26476

Ek wonder nog altyd of daar nie 'n maklike manier is om recoil te toets met en sonder die KD nie? Ek sien party ouens neem fotos en ander slow mo op 'n video, maar niks van hierdie goed is werklik konkreet nie. Nou wonder ek, daai plakker wat die ouens op Mythbusters gebruik om "shock" te bepaal (hulle plak dit gewoonlik op Buster as hulle hom van erens afgooi!), is dit plaaslik beskikbaar en sal dit nie vir 'n ou 'n aanduiding, in syfers, gee van die recoil nie? Mens kan mos nou so plakker op jou skouer plak en skiet met en sonder die KD en die lesings vergelyk.

As daar 'n ander, makliker manier is, laat weet my asseblief!

Dit sal mos darem baie handig wees as jy die klank in desibels en die recoil in ??? kan meet van elke KD...

Ek luister graag!
Aim small, miss small
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Meet van recoil....

Post by Chevvy SS »

Ek het dit al getoets.

Ek vat 'n skerp 2 duim spyker en sit dit tussen die recoil pad en my skouer. Meet dan hoe diep die spyker ingaan met en sonder die KD.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meet van recoil....

Post by Eugene »

Chevvy SS wrote:Ek het dit al getoets.

Ek vat 'n skerp 2 duim spyker en sit dit tussen die recoil pad en my skouer. Meet dan hoe diep die spyker ingaan met en sonder die KD.
:): :): :):

Ok..... Enige ander voorstelle wat nie masogisties van aard is nie? ;)
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Jean Marais »

Chevvy, dit sal minder pynlik wees as jy daai avatar van jou gebruik, en dan te kyk hoe plat daai piesang is ;D ;D
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Meet van recoil....

Post by RUPERT »

N mens kan dalk kyk om n recoil pad tevat en n vragsel in hom in tebou.Danstut jy die kolf teen iets en trek die skoot af.Die indicator (lesing) moet n "Peak Hold" funksie he om die maksimum lesing te kry en dan ook te kan hou so dat jy dit kan lees.Die lesing kan dan in kg of miskien gramme gemeet word.

Dit gaan net n bietjie dink werk kos om dit te bou en al die benodighede is lokaal beskikbaar.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Gawie(13mm) »

RUPERT wrote:N mens kan dalk kyk om n recoil pad tevat en n vragsel in hom in tebou.Danstut jy die kolf teen iets en trek die skoot af.Die indicator (lesing) moet n "Peak Hold" funksie he om die maksimum lesing te kry en dan ook te kan hou so dat jy dit kan lees.Die lesing kan dan in kg of miskien gramme gemeet word.

Dit gaan net n bietjie dink werk kos om dit te bou en al die benodighede is lokaal beskikbaar.
Dankie Rupert.

Hou ons asseblief op hoogte van die projek ;D .

Grappies op 'n stokkie, jy het 'n plaan daar wat kan werk.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Mac »

Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Meet van recoil....

Post by alecjohnson »

bou 'n sisteem soos die
dan meet jy hoe ver die gewig gelig is en werk die krag uit met newton se wette.
gewig so rondom 500 gram sal seker werk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Meet van recoil....

Post by RUPERT »

alecjohnson wrote:bou 'n sisteem soos die
dan meet jy hoe ver die gewig gelig is en werk die krag uit met newton se wette.
gewig so rondom 500 gram sal seker werk.
Maar dan sit jy nou weer met die ratio
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meet van recoil....

Post by Eugene »

Mac, dankie, ek het daai vinnig gescan, maar dit gaan nie vir my die vermindering in recoil wat 'n KD te weeg bring, kan bepaal nie. Alec, ek soek 'n quick fix, nie poliies en katrolle en dinge nie! ;) Ek wil sommer net 'n plakker plak of 'n tipe instrument gebruik. ;D

Kerels, ek wil nie 'n KD se prys op 'n meetinstrument of metode spandeer nie, omdat dit net iets sal wees om vir interessantheidshalwe die verskillende KD's te toets. Ek dink dit kan interessant wees om te sien hoeveel recoil 'n KD werklik wegvat en ook watter die meeste recoil wegvat!
Aim small, miss small
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Meet van recoil....

Post by RUPERT »

Eugene

Ek dink die sticker meet skok golwe en die recoil op n geweer sal weer miskien in druk/ force gemeet word.
Ek is nie honderd persent seeker nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meet van recoil....

Post by Eugene »

Waar is die engineers op die forum?

Iets soos hierdie: http://www.mecmesin.com/mechanical-force-gauges, kan mos werk? Jy gaan dit net moet meet teen die sneller guard of iets dergliks?

Selfs daai aparaat waarmee jy die trigger pull meet, kan mos ook werk?

Wie het 'n plan vir hoe 'n ou die meter reg moet posisioneer om die regte lesings te kan kry?
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Jean Marais »

Eugene, ek het die onderwerp gaan google. Lyk my nie dis sommer net iets wat so so gedoen kan word nie. Die meeste van die tools wat ek raakgesien het is goed wat nogal tyd kan neem om te bou, en te kallibreer. Sterkte. Op 'n ander post het ek gesien die ou meet sy recoil so:

Tool already exists, goes like this: place the rifle on your Shoulder(tm) and squeeze
1: didn't feel a thing
2: Aah, I can shoot this all day
3: That wasn't so bad
4: OUCH!! that caught me
5: Well, now, I might need a lead slead
6: FUUUUUUUUUUCK

Sterkte met jou projek.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Meet van recoil....

Post by Eugene »

Nee Jean, ek is te dom om so projek self te doen.... Ek sorteer ander tipe probleme uit! ;)

Daai laaste manier van jou is bekend aan my, maar dis nie heeltemal wetenskaplik nie, of hoe? ++>:
Aim small, miss small
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Mac »

Hang your rifle on a rope(s), hand grip and fore end, at least a few meters long. Shoot a shot without a suppressor, measure how far the rifle travels backwards, place the suppressor on and repeat. Measure the difference, and divide by the total to calculate the percentage.

Simple
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Meet van recoil....

Post by marthinus100 »

Jy kan soos rupert se n vragsel vat(loadcell). Die instrument om natuurlik daai peak te kan meet in daiardie tydstip gaan nie goedkoop wees nie.
Ons het so mobile een waarmee ons kalibrasies uitvoer op weighbins, maar hy gaan nie werk nie.
Ek stel voor kontak schenck.
Www.schenckprocess.com en hoor of hulle dalk kan help met so iets. Die ouens ry die land vol met instrumente. Dalk so vinnig help op n skietbaan sal hulle kan doen.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Naas »

Middag manne.

Ek sut en dink nou.kan so its nie werk nie.met n elektroniese trek skaalkie wat sy gewig leesing kan vas hou.
maak die skaaltjie aan die jack vas en dan die ander punt aan die geweer se sling punt.
die rest moet net mooi op die tafel fas wees sodat hy nie skuif nie.en daar moet geen play op die skaaltjie wees nie.
dan sal mens dot n maate die skop in kg kan meet.

Naas

Jammer ek sien nou eers dat daai rest toe is agter die recoil pad.maar as hy daar oop is sodat die geweer kan slide sal dit werk.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Meet van recoil....

Post by NicoSmit »

as jou arm so lyk weet jy jou geweer het moerse recoil
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Jaco Naude »

Op youtube wys hulle dat die geweer op 'n tipe "gly bank" staan, dan meet hulle hoe ver hy terugskop sonder enige weerstand. Hulle toets dan die uitwerking van verskillende KD en breaks. Nogal intersant om te sien dat as hulle 'n kd opskroef, dit feitelik geen verskil maak aan recoil nie, maar die break maak 'n groot verskil. Dit werk amper soos Mac hierbo verduidelik, minus die tou....

Sal kyk of ek die link geplaas kan kry.

Groete,
Jaco
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Jaco Naude »

http://www.youtube.com/watch?v=cE6ivKUyTiM&sns=em

Hoop die link werk.

Groete,
Jaco
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Jaco Naude »

Hier is nog een op 'n groter kaliber.

http://www.youtube.com/watch?v=f1l1UPvKMhc&sns=em

Groete,
Jaco
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Hercules Louw »

Eugene wrote:Na aanleiding van Geno se post hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t=26476

Ek wonder nog altyd of daar nie 'n maklike manier is om recoil te toets met en sonder die KD nie? Ek sien party ouens neem fotos en ander slow mo op 'n video, maar niks van hierdie goed is werklik konkreet nie. Nou wonder ek, daai plakker wat die ouens op Mythbusters gebruik om "shock" te bepaal (hulle plak dit gewoonlik op Buster as hulle hom van erens afgooi!), is dit plaaslik beskikbaar en sal dit nie vir 'n ou 'n aanduiding, in syfers, gee van die recoil nie? Mens kan mos nou so plakker op jou skouer plak en skiet met en sonder die KD en die lesings vergelyk.

As daar 'n ander, makliker manier is, laat weet my asseblief!

Dit sal mos darem baie handig wees as jy die klank in desibels en die recoil in ??? kan meet van elke KD...

Ek luister graag!

Eugene, ek het nie 'n maklike metode om dit te meet nie, maar wel 'n eenvoudige metode van berekening wat vir jou die vermindering in die terugskop snelheid van die geweer kan gee. Dit werk op die beginsel dat vir alles wat vorentoe gaan, daar 'n teenoorgestelde soortgelyke effek terug is.
Die koeël en gasse gaan vorentoe en die geweer kom terug.
Momentum vorentoe = momentum terug

Voorbeeld:
308 geweer totale massa = 4kg = 64000grein (16 grein = 1 gram) sonder knaldemper.
150 gr koeël teen 2800ft/s
44gr gasse (dryfmiddel) teen 5000ft/s ('n snelheid syfer vir die gasse wat ek iewers in die verlede raak gelees het)
Knaldemper weeg sê 400gr = 6400grein

Momentum vorentoe = (massa van koeël x snelhied) + (massa van gasse (dryfmiddel) x snelheid).
(150 x 2800) + (44 x 5000)
= 640000

Snelheid terug = momentum vorentoe / massa van geweer
640000 / 64000 = 10 ft/s
Die terugskop snelheid van die geweer sonder die knaldemper is dus 10ft/s

Met die knaldemper:
Massa van geweer met knaldemper is nou 64000grein plus 6400 grein = 70400grein
Die knaldemper breek die spoed van die gasse heeltemal na ek raai 100ft/s
Momentum vorentoe = 150gr x 2800ft/s + 44gr x 100ft/s
= 424400

Snelheid terug = momentum vorentoe / massa van geweer plus knaldemper
424400 / 70400
6.03 ft/s

Sonder die knaldemper sal die voorbeeld geweer terugskop teen 10ft/s.
Met die knaldemper is die terugskop snelheid 6 ft/s
Die vermindering in terugskop snelheid (die whack wat die geweer jou gee) is dus 40%
Dit is waarom knaldempers so baie effektief is om terugskop te verminder, dit maak die geweer swaarder en dit verminder die spoed van die gasse heeltemal.
Hoe meer dryfmiddel 'n kaliber gebruik in verhouding met sy koeël se gewig, hoe meer effektief raak die proses want daar is meer gasse wat gebriek kan word.

Hoop die verduideliking help.
Hleroux
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Dec 30, 2012 7:52 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Hleroux »

Dag sê almal.

Ek wil saam stem met videos wat Jaco geplaas het. As ek eerlik moet wees kan ek op my cz varminter geen verskil voel met die kd of sonder hom nie. Ja hy Is baie stiller maar recoil? Ek weet nie. Ek hou ook nie van die aanpaksel wat ek op die kroon kry nie. Dit is maar net my ondervinding met my geweer.
Groete Herman
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Meet van recoil....

Post by Spanner »

Nee hel, het daai ou die geweer dan teen sy bicep/bo-arm vasgedruk ipv teen sy skouer ? Hoe de hel kry hy 'n blou kol daar as hy die geweer reg mount ? Dit lyk vir my na verkeerde skiet-tegniek.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Meet van recoil....

Post by NicoSmit »

vinnig skiet met 'n haelgeweer dan misgis jy jou partykeer veral as jy nie gereeld met hom skiet nie
Post Reply