Eugene wrote:Na aanleiding van Geno se post hier:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t=26476
Ek wonder nog altyd of daar nie 'n maklike manier is om recoil te toets met en sonder die KD nie? Ek sien party ouens neem fotos en ander slow mo op 'n video, maar niks van hierdie goed is werklik konkreet nie. Nou wonder ek, daai plakker wat die ouens op Mythbusters gebruik om "shock" te bepaal (hulle plak dit gewoonlik op Buster as hulle hom van erens afgooi!), is dit plaaslik beskikbaar en sal dit nie vir 'n ou 'n aanduiding, in syfers, gee van die recoil nie? Mens kan mos nou so plakker op jou skouer plak en skiet met en sonder die KD en die lesings vergelyk.
As daar 'n ander, makliker manier is, laat weet my asseblief!
Dit sal mos darem baie handig wees as jy die klank in desibels en die recoil in

kan meet van elke KD...
Ek luister graag!
Eugene, ek het nie 'n maklike metode om dit te meet nie, maar wel 'n eenvoudige metode van berekening wat vir jou die vermindering in die terugskop snelheid van die geweer kan gee. Dit werk op die beginsel dat vir alles wat vorentoe gaan, daar 'n teenoorgestelde soortgelyke effek terug is.
Die koeël en gasse gaan vorentoe en die geweer kom terug.
Momentum vorentoe = momentum terug
Voorbeeld:
308 geweer totale massa = 4kg = 64000grein (16 grein = 1 gram) sonder knaldemper.
150 gr koeël teen 2800ft/s
44gr gasse (dryfmiddel) teen 5000ft/s ('n snelheid syfer vir die gasse wat ek iewers in die verlede raak gelees het)
Knaldemper weeg sê 400gr = 6400grein
Momentum vorentoe = (massa van koeël x snelhied) + (massa van gasse (dryfmiddel) x snelheid).
(150 x 2800) + (44 x 5000)
= 640000
Snelheid terug = momentum vorentoe / massa van geweer
640000 / 64000 = 10 ft/s
Die terugskop snelheid van die geweer sonder die knaldemper is dus 10ft/s
Met die knaldemper:
Massa van geweer met knaldemper is nou 64000grein plus 6400 grein = 70400grein
Die knaldemper breek die spoed van die gasse heeltemal na ek raai 100ft/s
Momentum vorentoe = 150gr x 2800ft/s + 44gr x 100ft/s
= 424400
Snelheid terug = momentum vorentoe / massa van geweer plus knaldemper
424400 / 70400
6.03 ft/s
Sonder die knaldemper sal die voorbeeld geweer terugskop teen 10ft/s.
Met die knaldemper is die terugskop snelheid 6 ft/s
Die vermindering in terugskop snelheid (die whack wat die geweer jou gee) is dus 40%
Dit is waarom knaldempers so baie effektief is om terugskop te verminder, dit maak die geweer swaarder en dit verminder die spoed van die gasse heeltemal.
Hoe meer dryfmiddel 'n kaliber gebruik in verhouding met sy koeël se gewig, hoe meer effektief raak die proses want daar is meer gasse wat gebriek kan word.
Hoop die verduideliking help.