S335 in 243Win

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

S335 in 243Win

Post by Hein M. »

Hallo aan almal!

Ek het heelwat 70gr Sierra Match punte vir die 243.  Is dit moontlik om dit met S335 te laai - en wat sal 'n BAIE veilige lading wees?
Enige opmerkings / aanbevelings is welkom.  

Dalk is daar 'n ander, beter poeier vir hierdie punte, maar ek het BAIE S335...

Ek sien die Amerikaners gebruik  IMR3031 - wat baie dieselfde as S335 is.  So dit kan gedoen word.

Laat maar hoor asb!

Hein M.

NS.  Francois, jy kan maar my post skuif.  Ek wou hom net sigbaar maak...
Last edited by Hein M. on Fri Sep 17, 2010 10:02 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243Win en S335

Post by Francois Marais »

Hein

Is OK, laat hy eers hier loop, dan kan ons hom later merge met die 243 herlaai topic.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243Win en S335

Post by Hein M. »

hein wrote: Hallo aan almal!

Ek het heelwat 70gr Sierra Match punte vir die 243.  Is dit moontlik om dit met S335 te laai - en wat sal 'n BAIE veilige lading wees?
Enige opmerkings / aanbevelings is welkom. 

Dalk is daar 'n ander, beter poeier vir hierdie punte, maar ek het BAIE S335...

Ek sien die Amerikaners gebruik  IMR3031 - wat baie dieselfde as S335 is.  So dit kan gedoen word.

Laat maar hoor asb!

Hein M.

NS.  Francois, jy kan maar my post skuif.  Ek wou hom net sigbaar maak...
Sien almal loer, maar niemand se niks ;D  Seker omdat daar niks te se is nie, want S335 lyk nie na 'n opsie saam met hierdie punte nie.

Het op ander forums / artikels vasgestel.  Lyk my S355 / S365 is die pad om te stap.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Gerard

Re: 243Win en S335

Post by Gerard »

Last edited by Gerard on Wed Sep 15, 2010 11:41 am, edited 1 time in total.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: 243Win en S335

Post by Ja3 »

Hello Hein

Ek het nie ondervinding met S335 nie.
Persoonlik sal ek wegbly.

Groete, sterkte
Ja3
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243Win en S335

Post by Hein M. »

Gerard,

70gr SMK met 'n 243 Win met 'n 24" loop:

Poeier - Begin gr - Maks spoed - Dopvulling - Ontbranding
S335 ---- 39 ----- 3360vps ------ 90% ------- 100%
S321 ---- 40 ----- 3450vps ------ 85% ------- 100%
S355 ---- 41 ----- 3450vps ------ 95% ------- 100%
S341 ---- 42 ----- 3440vps ------ 87% ------- 100%
S365 ---- 46 ----- 3500vps ------ 102% ------ 100%
S385 ---- 48 ----- 3470vps ------ 106% ------ 97.5%
S361 ---- 49 ----- 3400vps ------ 102% ------ 92%

Die maksimum spoed is effektief gelyk aan die maksimum druk vir 'n 243 Win.
Die begin gr se spoed is nie gegee nie, dit wissel van geweer tot geweer.
Die lading wat maksimum druk/spoed gee, word nie gegee nie, dit wissel van geweer tot geweer.
Dopvulling moet so hoog as moontlik wees maar nie 107% oorskry nie.
Ontbranding moet 100% wees of so na moontlik daaraan

Dankie vir hierdie data - soos op ander forum gegee.  Ek waardeer opreg.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243Win en S335

Post by Hein M. »

Ja3 wrote: Hello Hein

Ek het nie ondervinding met S335 nie.
Persoonlik sal ek wegbly.

Groete, sterkte
Ja3
Ja3,

Ek het 'n lading S335 wat ek al jare lank met groot sukses in my 223 gebruik - met swaarder punte.  Beslis 'n goeie kruit.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243Win en S335

Post by Hein M. »

Hallo almal!

Ek het ook 400 80gr. PMP 243Win koeels en wil kyk of dit uit my '22 -10draai loop wil groepeer. Die Somchem handleiding gee nie die min. en maks. ladings vir hierdie gewig koeels nie en ek wil hoor of iemand my nie kan help nie?

Soos almal kan sien is ek nuut met ladings vir die 243 -en ek wil nie foute maak nie 
Ek neem aan dat S365 die geskikte poeier is, maar weet ook nie watter slagdoppies die mees geskiktes is nie.

By voorbaat dankie!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Fri Sep 17, 2010 10:03 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
tafjak

Re: S335 in 243Win

Post by tafjak »

Hein

Begin lading op 80 greiners is 42gr S365 e maksimum is 45grein. Spoed uit 24duim loop behoort so aan 3250fps te vat op maksimum lading.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: S335 in 243Win

Post by Hein M. »

Taffie,

Baie dankie!  Sal daar begin.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply