Dag se kerels!

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Dag se kerels!

Post by Freek »

Ek het vandag vir die eerste keer kennis gemaak met hierdie site en ek moet erken dit is lekker om te sien hier is mense met soortgelyke belangstellings - en manne wat weet waarvan hulle praat. 8) My jakkals roep/jag ondervinding is beperk maar ek is ywerig besig om die nodige toerusting en kennis by mekaar te skraap sodat ek ook eendag saam met julle te kan "draf".

Om 'n lang storie kort te knip, ek het die nodige caller(elektronies en fluitjie), dimmer, asook CD's by Tewis van Outshoorn aangeskaf. Hy het my die nodige basiese aanwysings gegee oor hoe om my toerusting verantwoordelik en reg te gebruik en beaam dat 'n man versigtig moet wees om dit nie te misbruik nie aangesien dit nie moeilik is vir 'n Jakals om sy meesters graad in caller ontwyking te kry nie.

Ek jag hoofsaaklik in bosveld area (Limpopo provinsie) en wil graag meer duidelikheid kry oor die volgende:
1. Wat is die beste metode om jakkalse/rooikatte in hierdie tiepe habitat te jag - te voet(voorsit) of met die hulp van 'n voertuig?
2. Watter tyd sal die beste wees om jakkals/rooikat in te roep i.e oggend, middag, laat middag of aand?

Ek sien uit na julle komentaar.

Groetnis!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Dag se kerels!

Post by tafjak »

Welkom Terminator

Jong ou Hein is die man vir sulke raat, maar as daar baie jakkalse is kan lekker in die dag geroep word. Ek vermoed die wereld is maar dig daar, maar daar sal maar altyd 'n ou plekkie wees om hulle voor te le.

Vroegoggend dink ek sal die meeste sukses bring en die tyd daarvoor is nou eers baie reg. Ek dink op hierdie site sal 'n tipe van video wees wat baie sal help met beplanning van so voorsitplek/staanplek. Kry 'n maat om saam voor te sit, dit sal die ongemaklikheid minder maak in die begin.

Voorspoed

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Dankie vir die verwelkoming Taffie! Ek kry die idee ons gaan nog vele gedagtes uit ruil... Ek is besig om met Hein te reel vir die opleidings CD, ek vertrou dit sal 'n man slimmer maak om een stappie voor daai silwer rug te wees.

Ek verstaan die kleintjies raak nou woelig en 'n mens behoort hulle nou raak te roep.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Dag se kerels!

Post by jaracal »

Soos taffie gese het, welkom terminator. Ons is dankbaar as daar mense inskakel en deelneem. Ek dink baie van jou vrae sal beantwoord word op die opleidings DVD. Daar is so 43 voorbeelde van jakkalse wat ingeroep en geskiet is en so 4 rooikatte. Dit se ook in die algemeen watter klanke gebruik moet word maar is daar "more to the story that meets the eye".
Soos die tyd verloop glo ek dat meer en meer mense hulle sienings en ondervinding sal deel. Taffie het nou wel gese jy moet my vra maar dink ek hy, johan, meso, caller en baie ander kan jou ook help.

Plaas asb vir ons 'n storie of twee van jou bosvark jagte, dit behoort interresant te wees.

Groete

H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Hein as ons eers bosvark jag begin gesels gaan hierdie FORUM van jou se spasie vinnig op raak, wat moontlik later gaan veroorsaak dat die ander manne gaan moet vra vir 'n spreek beurt...  ;D.

Ek help al die afgelope 20 jaar boere om varke uit hul oeste te hou, party dae makliker as ander. Die groot rede waarom ek so "hooked" geraak het op Bosvark jag is omdat hierdie ongedierte ook bekend staan as die "arm man se leeu" om rede hy so kort van draad is, met vlym skerp slag tande wat hy suksesvol gebruik om kos mee uit te grawe maar ook net so efektief gebruik om sy vyand mee uit te sorteer. Die 2de rede is omdat hulle soveel skade aanrig. Nou ja, ons was nooit vreeslik wel af nie en op die plateland moet mens maar jou eie vermaak reel en wat beter vermaak vir 'n jong seun as om leeu se kind vas te trap...

Soos julle seker weet is bosvark, soos silwer rug jakkals, vreeslik uitgeslape en 'n jagter moet sy voet werk baaaie goed ken. Groot uit gegroeide bosvark weeg gemiddeld 80kg maar ek het al groot bere geskiet wat die skaal in die omgewing van 120kg trek. Hulle is ook, soos jakkalas, meeste aktief in die nag en anders as die vlakvark wat skuiling soek in ou erdvark gate verkies bosvark om binne in 'n digte(onbegaanbare) bos die dag om te slaap of skuiling te soek teen enige bedreiging. As bosvark weg hardloop hang sy stert, sy stert staan nie in die lug soos vlakvark sin nie. Jy skop nie sommer bosvark se kjind agter elke bos uit nie en daar bestaan nie iets soos ek gaan gou-gou 'n varkie skiet nie; nee ou maat jy werk vir daai vark. As skool seun was ek baie on ervare en ons beeswagter op die plaas, Hans Molekoa, het my die basiese beginsels van hoe om bosvark te soek, spoor sny ens. geleer. Hierdie eerste paar jagte het geduurende die dag gebeur. Ons het die varke se spore in die dag gevat en gevolg tot by hulle rus plekke waar hulle le en slaap en ou boeta as ons vir hulle raak geloop het, het die hel los gebars soos wat die trop in alle wind rigtings in skarrel om weg te kom van die bedreiging af.  Bosvarke loop in pare maar jy kry ook familie troppe van tot en met 14, groot alleen loper bere kom ook voor. Ek het gou gesien dat hierdie nie maklike skiet werk gaan wees nie aangesien al die varke wat ons in die dag raak geloop het,  weg gehardloop het as of hulle betaal word daarvoor. Soos ek nou maar groot gemaak is en geleer is, skiet jy nie voordat jy seker is van jou skoot plasing nie. My ou kerel het nie kwes skote aanvaar nie en as jy kwes sal jy die dier soek en hom oordentlik van kant maak. As jy nou bosvark verkeerd wil opvryf dan moet jy nou loop staan en vir hom gaan kwes, ek dink hy kan gekweste leeu ore aan sit. :) Dit het ek en Hans 2 jaar gevat vandat ons begin jag het tot dat die eerste dooie bosvark uiteindelik agter op die bakkie gele het. Ek het natuurlik genoeg oefening gehad om hardloop skote te kon skiet en gelukig gebeur hierdie skote op verskriklike kort afstande 25 tree en nader.

Later jare soos wat 'n seun groter word en meer moed kry het ek die varke in die nag begin jag. Die van julle wat al op 'n helder maanlig aand in die nag bosvark in mielie land gesoek het behoort te weet watse adrenalien rush so 'n jag kan veroorsaak, veral as jy alleen is. ;D Hierdie nag jagte lewer beter sukses op as om die varke in die dag te probeer uit oorle en die skote is ook heelwat makliker en baaie naby... My nag jagte was aanvanklik beperk slegs tot maanlig nagte aangesien ek met 'n dood gewone 4X40 scope gejag het. Ek het eers so 3 jaar terug vir my 'n ATNS WARIOR GEN.2 NIGHT SCOPE gekoop wat my toe gelaat het om ook op donker maan te kon jag.

Ek maak gebruik van 'n 30-06 gelaai met 180gr PMP PRO-AM punte of .303 met silencer gelaai met 174gr PMP punte om die varkies se kniee te laat knak. ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Nou die dag die Bosvarksog in mielie land geroer.[img][http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... C02237.jpg]
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Sorry manne hier is die pic... ;)


Image
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Dag se kerels!

Post by tafjak »

Terminator

Hier is 2 otte wat ek in die Somerset-Oos omgewing in Julie 2006 geskiet het, nogal 'n ervaring.



Image

Groete

Taffie

N.S. Lyk my ek gaan die foto's nou kan gooi, hoe lyk dit Johan met daai bokke?
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Mooi varke daai Taffie!  8) Wat nogal besonders is, is die lang wit hare op die beer ek sien dit nie gereeld nie. Die sog se rooi, swart en wit kleur skema staan mooi uit, daai is 'n mooi vel. Hoe het jy die varke gejag te voet? In die nag? of met honde?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Dag se kerels!

Post by johan »

Taffie

Waarheen beur die varke so?leef die goed nog,hulle staan dan regop,jy moet die ondiere mooi doodskote gee ou maatjie! n vark is n taaie gogo,slingervel lyk vir my n bietjie lig vir die perre,jy sal so 10gr swartkruit moet bysit!!! of dalk 15gr maar 20gr is max!!
Freek het jy die ou met die dertig nul kwes geskiet?moet wees want hy le mooi stil,is nie meer lus vir hol soos daai perre van Taffie nie.

johan

ns.Taffie is die varke nog so dik by mnr Knoetse? ;D
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Dag se kerels!

Post by tafjak »

Johan en Terminator

Ou Gerrie se varke is een van die dae weer in die moeilikheid. Gaan so draaitjie daar maak.

Terminator, hierdie varke wat ek skiet is maar die ouens op wie ek uitry. Jy moet tog Mr. Jaracal nooi vir 'n varkjag en kyk sommer of hy kan skiet. Ek is nie nou seker of hy in die laaste 6 maande of so 'n groot beer geskiet het nie. Maar ek weet die ou sal dit geniet.

As jy my lyf sien sal jy sien hoekom ek glad nie meer te voet te werk gaan nie. Ek kyk nie meer hoeveel ek weeg nie, ek tel net hoeveel keer die 120kg merk op die skaal verby kom.

Groete en lekker jag.

Taffie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Dag se kerels!

Post by JACQUES BOTHA »

TAFFIE
MOET NIE OOR DIE GEWIG WORRIE NIE... EK NOEM DIT NIE MEER N SKAAL NIE MAAR N PASSIE-METER..
EK IS SELF AL "135KG OF PURE PASSION"...
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

LOL!!! Nee wag bietjie manne julle tokkel my lag spiere te veel, gee kans ek moet asem skep... Julle klomp skaap boere daar in die Karoo moet tog bietjie vir 'n slag oordentlike skaap vleis aan stuur na ons manne die kant van die Vaal rivier. My skaal skree en protesteer kliphard as ek op hom klim, so ek is al gewoond daaraan. Die ekstra skaap ribbetjie of tjoppie gaan hom net harder laat skree, maar gelukig is my ore al fiks van al die ander geskreery.

Ek beplan om die naweek van die 23ste weer mieliebek te loop staan en vastrek. Die boere kla daai varke is besig om amok te maak tussen die mielies en grondbone. Nodig dringend hulp om orde te herstel op die plaas. Hein as jy dit kan maak, laat weet my dat ons reelings tref. So nie, laat weet my wanneer kan jy varkjag maak, dan reel ons. Johan/Taffie as Hein deur kom laai sommer genoeg super klas Karoo skaap vleis, ek sal met julle reg maak. ;D Ons Transvalers kry maar min kans om tand in te le in 'n oordentlike stukkie Karoo lam, en as dit gebeur dan loop hy af saam 'n goeie rooi wyntjie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Dag se kerels!

Post by JACQUES BOTHA »

terminator:
jy al die roep ding op varke gedoen?
ek het by ander johan van schalkwyk gehoor dat hy se hy het geroep en toe kap hy n stuk of 5 of 6 varke ,,dit was daai in die langkloof kontrei weet nie presies waar nie...
jy  moet maatr skree as jy n ekstra roer  nodig het vir daai varke bloem is darem nie te ver annerkant die vaal om vinnig heen en weer te ry nie....
 
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

O ja Johan, amper vergeet ek om jou vraag te antwoord. Daai vark is geklits op 45m met die dertig -nul-kwes in gestroopte koring land, 180gr PMP Pro-am punt skuins agter regter blad in deur longe klim toe tussen die nekwerwels in en verwoes so 3 werwels in die proses en kom tot stilstand binne in die brein. Punt breek glad nie op nie, mushroom mooi en behou 85% van sy gewig. Ek dink nie dit is sleg gedoen vir 'n punt wat so 'n skurwe grond pad gery het nie  :)

Jy kan maar se dit was 'n kop skoot van agter af ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Mes, daai is die eerste woord wat ek hoor van vark inroep. Nog nooit eers gedink om so iets te probeer nie. Watse klanke gebruik mens? Vark "distress"?  ??? As dit regtig werk, sal ek laaik om dit te probeer...

Jy kan my e-mail ivm. vark jag reelings ek is altyd oop vir gesprek en voorstelle.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Dag se kerels!

Post by tafjak »

Term

Ek weet nie of jy vir my iets in die lyn van wyn moet ingee nie, ek raak soos darie perre op ALL PAY. Dan reverse ek die toekoms in. 'n Lekker rooietjie op sy tyd is nogal vorentoe.

Man so gewig gepraat, ek was al op 'n skaal en as ek nie wakker was nie so ek moontlik 'n parapleeg gewees het. Met die opklimslag begin daai pyl op die meter in die rondte swaai en a.g.v. middelpuntvlietendekrag skiet hy uit en 'n die huiskat roep toe vaarwel.

Taffie

N.S. Kom ons maak 'n plan dat hierdie perre op die forum bymekaarkom. Bloem tydens Paasnaweek of een darie hordes vakansiedae rondom Paasnaweek. Dan vreet ons vleis dat die jakkalse verhuis. Kom nou!!!!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Taffie,

Nie hier oor of daaroor nie maar ek dink dis tyd dat jy vir jou 'n elektroniese skaal aanskaf, hy kan nie naalde of enige ander bewegende dele laat uitskiet nie. Hy blaas net fuses... ;D

Wat die bymekaar kom aanbetref, dit klink vir my na 'n bakgat idee. Ek geen nie om, om so oor 'n vakansie dag/naweek uit te skiet daar na Cheetah wereld toe nie. Wat dink julle ander manne, ek sien uit na oordentlike skaap braai, gedagtes en toerusting uitruil ens. Dit kan mos net werk! 8)

So gepraat van Cheetah wereld, enige iemand in daai geweste al cheetah kon inroep met caller? ::)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Dag se kerels!

Post by Mountainman »

Hier is 'n paar otters wat Freek gewikkel het. Die een met die 270win.

Image


Hier het hy 'n vlakvark wat uit die mieliel land uit gekom het op 150 tree geroer met my 45-70gov. Die geweer het vaste visiere wat op 100m gezero is. Die Laaite kan skiet!  ;)

Image

Ek sien julle praat van varke in roep? Hoe doen julle dit, maak jy soos 'n mielie of wat?  ;D  ;)
Last edited by Mountainman on Mon Jan 19, 2009 12:43 pm, edited 1 time in total.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Jislaaik waar krap jy daai foto's uit check net hoe mooi maer was ek daar... Ek onthou nog daai vlakvark 3 skoote hoor klap toe ek hom skiet; 1ste een toe ek sneller druk, 2de een die koel hom in nek tref, 3de een toe hy sy ma se tiet los...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Dag se kerels!

Post by Mountainman »

:D  :D

Ek het heelwat foto's op my photobucket site.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Ek hou van die gedagte dat mense varke kan inroep, maar lyk my dis 'n groot geheim die manne is skugter om dit te bespreek. Wie van julle ouens doen dit huidiglik of het dit al probeer?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Dag se kerels!

Post by JACQUES BOTHA »

ek het net gehoor dat johan van schalkwyk gese het hy het een aand ses ingeroep met n javulina klankie..
ek het gedink dat daai klein varkie se distres call dalk die ding sal doen... maar nog nie self probeer nie...
sal graag eendag dit wil toets, Wat ek wel self gedoen het was daar teen die grans van tsolo reservaat in die oos.kaap was om dit reg te kry met die fluitjie om 2 vlakvarke ingeroep te kry gedurende die dag...
ek het op n wal gesit, agter die wal en die fluitjie lekker fyn skril kort benoude klankies probeer maak.  na sowat tien minute het n vlakvark sog met 4 kleintjies haar opwagting gemaak... ek het nie geskiet nie omdat  die kleintjies nog jonk was...
sy het my aangestaar vir so 30-40 sekondes en omdat ek nie beweeg het nie, het sy weggestap  met die kleintjies...
ek het weer begin fluitjie blaas en skaars 5 minute later hoor ek hoe kom die sersant majoor ingedraf..... kom staan hier dertig tree van my af en die keer toe dril ek hom met die 223 tussen die oge....
dis hoe ver my ervaring van vlakvark inroep ding strek...
bosvarke het ek nog nie gejag of probeer jag nie, maar ek werk daaraan en dan sal ek graag wil die roeper uittoets...
WAT DINK JULLE KUNDIGES ,,,SAL DIE BOSVARK REAGEER OP DIE KLANKE?
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Dag se kerels!

Post by Freek »

Dit klink vir my die besigheid werk...sal ernstig plan maak om dit uit te toets. Ek dink mens moet maar lekker hoog sit as jy daai klein bosvarkie "distress" speel/blaas. Bosvarksog wat kleintjie wil red is nou seker nie die vriendelikste van ma's nie en gaan jou nie mooi vra om die kind uit te los nie.

Ek vermoed as sy gaan inkom, gaan sy optree soos 'n gekweste stoom trein - maak net seker jou caller hang aan 'n boom waar sy vir hom nie kan beet kry nie. Hierdie is 'n kritieke stap om te verhoed dat die caller vervangings onkoste hand uit ruk... :D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Dag se kerels!

Post by Mountainman »

Dit klink vir my na 'n heel aanvaarbare plan om hulle in te roep. Wag is nou heeltemal my sterkpunt nie.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Post Reply