Hein as ons eers bosvark jag begin gesels gaan hierdie FORUM van jou se spasie vinnig op raak, wat moontlik later gaan veroorsaak dat die ander manne gaan moet vra vir 'n spreek beurt...

.
Ek help al die afgelope 20 jaar boere om varke uit hul oeste te hou, party dae makliker as ander. Die groot rede waarom ek so "hooked" geraak het op Bosvark jag is omdat hierdie ongedierte ook bekend staan as die "arm man se leeu" om rede hy so kort van draad is, met vlym skerp slag tande wat hy suksesvol gebruik om kos mee uit te grawe maar ook net so efektief gebruik om sy vyand mee uit te sorteer. Die 2de rede is omdat hulle soveel skade aanrig. Nou ja, ons was nooit vreeslik wel af nie en op die plateland moet mens maar jou eie vermaak reel en wat beter vermaak vir 'n jong seun as om leeu se kind vas te trap...
Soos julle seker weet is bosvark, soos silwer rug jakkals, vreeslik uitgeslape en 'n jagter moet sy voet werk baaaie goed ken. Groot uit gegroeide bosvark weeg gemiddeld 80kg maar ek het al groot bere geskiet wat die skaal in die omgewing van 120kg trek. Hulle is ook, soos jakkalas, meeste aktief in die nag en anders as die vlakvark wat skuiling soek in ou erdvark gate verkies bosvark om binne in 'n digte(onbegaanbare) bos die dag om te slaap of skuiling te soek teen enige bedreiging. As bosvark weg hardloop hang sy stert, sy stert staan nie in die lug soos vlakvark sin nie. Jy skop nie sommer bosvark se kjind agter elke bos uit nie en daar bestaan nie iets soos ek gaan gou-gou 'n varkie skiet nie; nee ou maat jy werk vir daai vark. As skool seun was ek baie on ervare en ons beeswagter op die plaas, Hans Molekoa, het my die basiese beginsels van hoe om bosvark te soek, spoor sny ens. geleer. Hierdie eerste paar jagte het geduurende die dag gebeur. Ons het die varke se spore in die dag gevat en gevolg tot by hulle rus plekke waar hulle le en slaap en ou boeta as ons vir hulle raak geloop het, het die hel los gebars soos wat die trop in alle wind rigtings in skarrel om weg te kom van die bedreiging af. Bosvarke loop in pare maar jy kry ook familie troppe van tot en met 14, groot alleen loper bere kom ook voor. Ek het gou gesien dat hierdie nie maklike skiet werk gaan wees nie aangesien al die varke wat ons in die dag raak geloop het, weg gehardloop het as of hulle betaal word daarvoor. Soos ek nou maar groot gemaak is en geleer is, skiet jy nie voordat jy seker is van jou skoot plasing nie. My ou kerel het nie kwes skote aanvaar nie en as jy kwes sal jy die dier soek en hom oordentlik van kant maak. As jy nou bosvark verkeerd wil opvryf dan moet jy nou loop staan en vir hom gaan kwes, ek dink hy kan gekweste leeu ore aan sit.

Dit het ek en Hans 2 jaar gevat vandat ons begin jag het tot dat die eerste dooie bosvark uiteindelik agter op die bakkie gele het. Ek het natuurlik genoeg oefening gehad om hardloop skote te kon skiet en gelukig gebeur hierdie skote op verskriklike kort afstande 25 tree en nader.
Later jare soos wat 'n seun groter word en meer moed kry het ek die varke in die nag begin jag. Die van julle wat al op 'n helder maanlig aand in die nag bosvark in mielie land gesoek het behoort te weet watse adrenalien rush so 'n jag kan veroorsaak, veral as jy alleen is.

Hierdie nag jagte lewer beter sukses op as om die varke in die dag te probeer uit oorle en die skote is ook heelwat makliker en baaie naby... My nag jagte was aanvanklik beperk slegs tot maanlig nagte aangesien ek met 'n dood gewone 4X40 scope gejag het. Ek het eers so 3 jaar terug vir my 'n ATNS WARIOR GEN.2 NIGHT SCOPE gekoop wat my toe gelaat het om ook op donker maan te kon jag.
Ek maak gebruik van 'n 30-06 gelaai met 180gr PMP PRO-AM punte of .303 met silencer gelaai met 174gr PMP punte om die varkies se kniee te laat knak.
