kroon/crown

Post Reply
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

kroon/crown

Post by Dawie »

Hallo

Het die laaste tyd bietjie gesukkel met my roer en toe agter gekom daar's 'n burr op die kroon.  Natuurlik van skoonmaakstok terug pluk.  So 'n geweer se kroon moet weer op 'n draaibank gesny deur 'n gunsmith.

Die volgende wat ek gedoen het is wel onverantwoordelik :-[,  maar  omdat dit in elkgeval gesny moes word het ek dit toe met stukkie skuurpampier versigtig en senuweeagtig die burr afgeskuur.  Het getoets en skiet weer op 'n tiekie. ;D

Toe ontdek ek die tool oppie internet wat ou kan trips na die gunsmith toe kan spaar.  Veral as ou baie skiet en v?r van 'n betroubare smit is.

http://riflestocks.tripod.com/targetcrown.html

Ek sien van vriende laat sny hulle krone reguit (0 grade) af sonder chamfer.  Op hierdie blad sny hulle hom 11 grade met 'n 60 grade chamfer.

Cheers

D
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: kroon/crown

Post by raychell »

Dawie
Jy kon ook die duk been van 'n drie punt muurprop gebruik, breek dit uit en smeer bietjie JB borepast op die ronde kant dan sit jy dit in jou boor en met baie lae spoed en ligte druk lap jy die kroon met die ronde kant van die Earth been van muurprop, dit werk uitstekend!
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: kroon/crown

Post by JACQUES BOTHA »

mANNE EN MANINNE
wAT SI DIE BESTE GRADE OP N KROON ?
EK WEET NIE, IS DI 7, OF 11 OF 14 OF ID DIT 0 GRADE..
wAT BEVEEL JULLE AAN, DALK KAN TERMINATOR OOK N GRAAD INGOOI 14,5 GRADE OF SO IETS?
jACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1520
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: kroon/crown

Post by swc-tr »

Wat meer belangrik is, is dat die breukvlak haaks (90grade) met die senterlyn van die loop is. Die grade help wel vir beskerming teen stampe, ens.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: kroon/crown

Post by 243Songdaug »

Naand Jacques.

Ek gebruik 11 grade op al my krone, maar wat SWC s? is waar - wat belangrik is is dat die kroon haaks is en dan moet hy natuurlik ook skerp wees.

My 308 het tans 'n verskriklike grade(iets soos 20 grade) op - weti presies wat dit is nie, maar hy werk goed.  Wat ek wel kan s? is dat hy haaks is.

Dis die moeite werd om 'n paar rand ekstra te spandeer om 'n goeie smid te kry om jou kroon te doen.

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Sat Jan 08, 2011 8:35 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: kroon/crown

Post by Christoff Bosch »

Hallo Jacques
Ek het op my gewere wat ek baie skiet met silincers op 'n reguit kroon dit werk goed. Die 11 grade is volgens my die beste al probleem is as jy uitskiet dan brand die carbon vas as jy nie na elke 20 skote of so die kroon ordentlik skoonmaak nie.
Christoff
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: kroon/crown

Post by fanie17 »

As jy baie versgtig is kan jy die reamer ,of wat dit ookal genoem,waarmee jy n dop sny gebruik om die kroon skoon te maak,het goei sukses daarmee gehad.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Post Reply