Musgrave groot gewere

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by DWB »

Wouter,

Na al my gesukkel met die bou van my roer sal ek nie maklik iemand aanraai om daai roete te gaan nie.

Ek is eerste om te sê koop vir jou 'n geweer van die rak af en sit vir hom 'n pasmaak kolf op.

As jy nou bv vat jy koop CZ se 416 Rigby tans op special vir R16500 en vat hom vir 'n meester soos oom Steve Fourie en spandeer nog R20000 op hom, gaan jy heel moontlik een van die mooiste en beswerkende gewere in SA hê dit als vir onder R40000.

MAAR, jy kan immers ook met jou rak geweer skiet en jag tot jy die dag die geld het om 'n nuwe kolf op te sit...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Smitstertjies »

DWB wrote:Wouter,

Deon, presies wat ek gedoen het. Vir 40 k koop CZ en maak hom baie mooi.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by DWB »

Baie mooi!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Deon

Presies! Noem hierdie sommer n kleintjie dood wat ek het as n persoon wat werklik nie veel weet begin spog met n Naamgeweer. Ek het n paar sulke vriende wat om die aarde nie iets weet van n geweer en dan homself baie hoogwaardig ag met sy laaste groot/duur kopie.

Vat nou maar hierdie Musgrave gewere. As ek n 404 of 500 Jeffrey koop soek ek n magnum aksie en klaar. Veral as jy die prys ook nog in ag neem waarvoor jy betaal het. Maar kom ek los dit maar eerder want soos hulle se Ignorance is bliss! Ek sukkel net verskriklik om so n idioot te humor as hy daai ignorance kom verkondig langs my om die kampvuur.

Groetnis
Wouter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

Goeie punte hier bo- self oom Steve Fourie sal vir jou se koop n rak geweer en doen hom reg in plaas van die vol kustom roete- hy het wel vir my iets genoem dat die CZ's n moeilike bou is- alhoewel hy hulle baie gereeld doen. Sy aanbeveling is koop n Winchester of die intree vlak Mauser en laat hom optof as jy voel jy moet. Maar as ek so vinning somme doen gaan jy sukkel om self as jy n mauser as basis gebruik en basies net die loop en aksie hou om by R55000 te draai- en dis nie met die aanname dat jy n R10 000 stuk English walnut gebruik. met n CZ soos Deon se kan jy hier by R35 000 draai voor ringe en n scope en dan het jy n M@#$se geweer wat jou pas soos n handskoen.

Wouter ek het ook sulke tjomme- ek jag nou 31 jaar die jaar- en wapens is deel van my as n persoon. Die ouens het so die laaste 2 jaar begin skiet en geld is nie n probleem nie- kyk dis net Sako's en Swarovski waar jy kyk. En as ek n custom oor my skouer gooi en hulle vrae "Watse maak is daai" en ek se" nee dis sommer n geboude ding" en ek kry daai leep terugstaar omdat dit nie n brand is nie wil ek sommer daar vir die ou se hys n p#$phol.

Maar op die einde van die dag hang die biltong en hardloop nie in die veld rond met n 300Wm koel deur die pens nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Smitstertjies »

Wouter Roets wrote:Deon

Presies! Noem hierdie sommer n kleintjie dood wat ek het as n persoon wat werklik nie veel weet begin spog met n Naamgeweer. Ek het n paar sulke vriende wat om die aarde nie iets weet van n geweer en dan homself baie hoogwaardig ag met sy laaste groot/duur kopie.
Aggenee Wout, en hier dog ek al die tyd my CZ is n "naam geweer" ;)
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Koos Barnard »

Ralph
Ek het persoonlik met jou pa gesels op Huntex en toe ek nog by Magnum gewerk het. Ek het hom meer as een maal gevra om vir my 'n datum te gee waarop ek julle kan besoek en ek wag nou nog vir daardie datum. Toe ons die laaste keer gepraat het, is daar vir my gese julle wil eers 'n sekere aksie voltooi en dan kan ek 'n besoek afle om oor julle gewere te skryf. Tot op hede wag ek steeds dat julle my moet kontak met 'n besoekdatum.

Kontak my en reel 'n datum dan is ek ten volle bereid om oor julle gewere te skryf. Terloops, julle hoef nie eens 'n advertensie te koop nie. Nog iets, die gewere van JJ Wapens wat ek getoets het was wel akkuraat soos ek geskryf het. Ek kon op die oog af nie fout vind met hulle nie. Ek ondersteun nie die 35% recoil aanspraak nie en het nog geen van die grootkalibers Rangers gesien nie. Wat ek wel weet is dat hul kolwe my liggaamsbou perfek pas en dat die toetsgewere wat ek geskiet het, lekker hanteer.

So Ralph, dis nou weereens oor na julle toe om 'n datum vir my te gee waarop ek julle kan besoek.
Mooi loop
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

Daarsy Ralph- mooi offer van oom Koos
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Koos Barnard wrote:Ralph
Ek het persoonlik met jou pa gesels op Huntex en toe ek nog by Magnum gewerk het. Ek het hom meer as een maal gevra om vir my 'n datum te gee waarop ek julle kan besoek en ek wag nou nog vir daardie datum. Toe ons die laaste keer gepraat het, is daar vir my gese julle wil eers 'n sekere aksie voltooi en dan kan ek 'n besoek afle om oor julle gewere te skryf. Tot op hede wag ek steeds dat julle my moet kontak met 'n besoekdatum.

Kontak my en reel 'n datum dan is ek ten volle bereid om oor julle gewere te skryf. Terloops, julle hoef nie eens 'n advertensie te koop nie. Nog iets, die gewere van JJ Wapens wat ek getoets het was wel akkuraat soos ek geskryf het. Ek kon op die oog af nie fout vind met hulle nie. Ek ondersteun nie die 35% recoil aanspraak nie en het nog geen van die grootkalibers Rangers gesien nie. Wat ek wel weet is dat hul kolwe my liggaamsbou perfek pas en dat die toetsgewere wat ek geskiet het, lekker hanteer.

So Ralph, dis nou weereens oor na julle toe om 'n datum vir my te gee waarop ek julle kan besoek.
Mooi loop

Dagse oom Koos

Baie dankie vir die terugvoer en vir die aanbod. Oom koos ons gaan binne die volgende 2 weke n groot reeks van wapens voltooi en dit sal n groot voorreg wees om u as n gas by ons te he om van hierdie wapens te aanskou- ek soek nie n review of n artikel of enigsins so iets nie - kom loer net in om te sien wat ons doen as oom weer n ermelo omgeweing is.

Ek wil ook net vir die rekord stel dat ek self n paar e-poste al gestuur het sonder terugvoer - meskien het ek die verkeerde kontak besonderhede

Geneit die dag en groete

R jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/gmail_zpsbc7cbd4c.jpg[/image]
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Koos Barnard »

Ralph
Ek sal met graagte kom maar om julle net te besoek help absoluut niks. Ek kan nie die uitgawe aangaan sonder 'n artikel nie, dan is ek by Media24 in die moeilikheid, hulle soek resultate.

Ek weet ek het op 'n tyd gereeld e-posse van julle ontvang maar dit was net altyd foto's van gewere wat julle voltooi het en niks verder nie. Dit het vir my niks beteken nie. Na 'n ruk het ek hierdie e-posse outomaties in my spam mail laat beland want ek kan daarmee niks doen nie. Jou laaste eposse wat jy hier high light het ek beslis nie ontvang nie - ek neem aan hulle het ook spam boksie toe gegaan.

Persone/instansies waarvoor ons artikels doen kontak my persoonlik per foon - dan weet jy jou boodskap kom by my uit. En om oor sulke dinge persoonlik te gesels werk altyd beter as om 'n e-pos te stuur.

Ek sal beslis my dagboek raadpleeg en dan kan ons 'n datum vasmaak vir 'n besoek en 'n artikel. Ek sal jou binne 'n week kontak sodat ons die finale reelings kan tref.
Mooi loop
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Koos Barnard wrote:Ralph
Ek sal met graagte kom maar om julle net te besoek help absoluut niks. Ek kan nie die uitgawe aangaan sonder 'n artikel nie, dan is ek by Media24 in die moeilikheid, hulle soek resultate.

Ek weet ek het op 'n tyd gereeld e-posse van julle ontvang maar dit was net altyd foto's van gewere wat julle voltooi het en niks verder nie. Dit het vir my niks beteken nie. Na 'n ruk het ek hierdie e-posse outomaties in my spam mail laat beland want ek kan daarmee niks doen nie. Jou laaste eposse wat jy hier high light het ek beslis nie ontvang nie - ek neem aan hulle het ook spam boksie toe gegaan.

Persone/instansies waarvoor ons artikels doen kontak my persoonlik per foon - dan weet jy jou boodskap kom by my uit. En om oor sulke dinge persoonlik te gesels werk altyd beter as om 'n e-pos te stuur.

Ek sal beslis my dagboek raadpleeg en dan kan ons 'n datum vasmaak vir 'n besoek en 'n artikel. Ek sal jou binne 'n week kontak sodat ons die finale reelings kan tref.
Mooi loop
Baie dankie oom Koos, ons sien uit.

Groete
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Koos

En daar weet ek ook nou wat gebeur met my e-posse aan jou! SPAM!!! Ek dink jy kan maar jou eie alie skop want daai laaste een met daai twaalf girls was regtig iets besonders al moet ek dit nou self se.

Ralf jy weet nou nie waarvoor jy jouself ingelaat het nie want Koos is maar n taai en moeilike kalant. ;D

Groetnis
Wout
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Wouter Roets wrote:Koos

En daar weet ek ook nou wat gebeur met my e-posse aan jou! SPAM!!! Ek dink jy kan maar jou eie alie skop want daai laaste een met daai twaalf girls was regtig iets besonders al moet ek dit nou self se.

Ralf jy weet nou nie waarvoor jy jouself ingelaat het nie want Koos is maar n taai en moeilike kalant. ;D

Groetnis
Wout
Oom wouter

.700 Nitro Express maak eenige man sag en plat op die aarde ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Ralph

Ek is bly jy noem dit. Jy kan vir Koos so lekker uitvang want hy het mos nou deesdae n voorliefde vir hierdie poefter ladingtjies van net so oor die 2000ft/sek! ;D

Groetnis
Wouter
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Koos Barnard »

Wouter
Stuur net gou weer die e-possie van die girls. He-he!!!

O ja, sommige van ons kan skiet dus gebruik ons maar goeie skootplasing in plaas van spoed en energie om iets te probeer dood. 'n Poefter-koeël op die regte plek dood beter as 'n kanonskoot/skop in die pens of gat. HE-HE-HE!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Koos

E-pos gestuur maar hy word nog steeds geblok. Meskien maar beter vir daai ou hart van jou! ;D ;D ;D

Imagine nou net as jy daai koeel met al sy joules en momentum wat geskiet is uit n kaliber wat gelaai is na sy volle potensiaal op die REGTE plek kan neersit. Ek verbeel my n paar manne het al boeke daaroor geskryf! ;D ;D ;D

Groetnis
Wout
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Koos Barnard »

Regte plek ja, maar ek weet nou nie of dood, doodter as dood kan wees nie. He-he
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Koos

Wat van vinniger dood? Ons praat mos nou in n afdeling waar hierdie die verskil kan wees of jy oor die storie skryf of n ander man oor wat hy dink fout gegaan het met jou jagtog. Gelukkig pla my enkel wat moertoe is met die rugby nie met recoil nie.

Groetnis
Wout
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Stefan764 »

Wout sien ons jou en jou groot geweer by die DGS die 25e Oktober?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Sully

Ek is ongelukkig vas daai datum so sal dit nie kan maak nie. Ronnie het my ook al oor die kole gehad hieroor. Julle manne moet dit geniet en ek sal so Johnny of tien op julle drink daai dag.

My 505 sal seker oor die naweek reg wees dan begin ek met ladingontwikkeling. So ek sal maar so op my eie n Big Game Shoot hier op die plot doen.

Groetnis
Wout
Post Reply