Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is nuut hier in die midde van die kundiges en geniet die forum baie. Ek sien die manne het lekker planne met die stoelle. Ek stoei altyd om my stoel in die oggend ure van die bakkie af te kry as ek moet gaan werk. Dis 'n katrol en poelies en een moet vashou terwyl die ander die bakkie wegtrek. Ek het egter 'n ander plan gekry. Ek het my stoel gerevamp en dit op skeeds gebou soos 'n slee. Die skeeds is die presiese lengte van die bakkie se bak en pas styf tussen die wiel boggeles op die bak so as jy die klap toe maak sit die stoel stewig op die bak en kan nie rondskyf nie. Die idee van die skeeds is dat ek die stoel nou alleen kan af laai. Ek trek net die krag punt uit en sleep/trek die stoel agtertoe, sit die agterste skeeds op die grond neer en vat die voorste skeeds en stoot die stoel tot ek die voorste skeeds op die grond kan neersit. Afgehandel.
Ek gaan 'n foto op sit !
Groetnis
IMG-20150214-WA008.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek bly in Kimberley. Ek is al van 2004 op die jakkals adrenalien rush en redelik verslaaf daar aan. Nee dis nie Tempe nie dis die naaste lughawe aan die "Groot gat". Kimberley.
Dis iets nice...myne is ook n frame gebou wat ek met die punte met n flapdisc mooi rondgemaak het sodat dit nie my rubberrising beskadig en heeltyd vassteek as ek hom sou wou aflaai nie.Ek het die bakkie vir die stoel gekoop en hoef hom dus nie afte laai nie...dis sy werk om die stoel rond te dra :=)