Minder moeite stoel.

Post Reply
User avatar
An3s
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Sat Feb 07, 2015 10:57 pm

Minder moeite stoel.

Post by An3s »

Dag se Manne.

Ek is nuut hier in die midde van die kundiges en geniet die forum baie. Ek sien die manne het lekker planne met die stoelle. Ek stoei altyd om my stoel in die oggend ure van die bakkie af te kry as ek moet gaan werk. Dis 'n katrol en poelies en een moet vashou terwyl die ander die bakkie wegtrek. Ek het egter 'n ander plan gekry. Ek het my stoel gerevamp en dit op skeeds gebou soos 'n slee. Die skeeds is die presiese lengte van die bakkie se bak en pas styf tussen die wiel boggeles op die bak so as jy die klap toe maak sit die stoel stewig op die bak en kan nie rondskyf nie. Die idee van die skeeds is dat ek die stoel nou alleen kan af laai. Ek trek net die krag punt uit en sleep/trek die stoel agtertoe, sit die agterste skeeds op die grond neer en vat die voorste skeeds en stoot die stoel tot ek die voorste skeeds op die grond kan neersit. Afgehandel. ;D

Ek gaan 'n foto op sit !

Groetnis
IMG-20150214-WA008.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Ruger,
44 Magnum Ruger Redhawk,
9mm CZ75,
.22 Krico,
.222 Remington,
30-06 Krico,
303 Brit,
12 Br Marrochi,
12Br Baical.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Minder moeite stoel.

Post by alecjohnson »

Dis nou 'n blink plan nuweling ;). mooi om so met die intrapslag so 'n post te sien.

vertel ons bitjie meer oor jouself, van waar is jy, wat doen jy ens.

lekker roere wat jy het.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Minder moeite stoel.

Post by Louis102 »

Joe! Lyk of daai stoel soos 'n helikopter op die vliegveld kom land het. Netjiese stoel lyk dit vir my....
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Minder moeite stoel.

Post by Johnnie De Wet »

lyk soos Tempe lughawe? Daardie stoel kan n loods lekker op sy senuwees maak.

Groete
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Minder moeite stoel.

Post by Jacquesb »

Blink plan.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
An3s
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Sat Feb 07, 2015 10:57 pm

Re: Minder moeite stoel.

Post by An3s »

Ek bly in Kimberley. Ek is al van 2004 op die jakkals adrenalien rush en redelik verslaaf daar aan. Nee dis nie Tempe nie dis die naaste lughawe aan die "Groot gat". Kimberley.
.22 Ruger,
44 Magnum Ruger Redhawk,
9mm CZ75,
.22 Krico,
.222 Remington,
30-06 Krico,
303 Brit,
12 Br Marrochi,
12Br Baical.
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Minder moeite stoel.

Post by Jan-Hendrik »

Dis iets nice...myne is ook n frame gebou wat ek met die punte met n flapdisc mooi rondgemaak het sodat dit nie my rubberrising beskadig en heeltyd vassteek as ek hom sou wou aflaai nie.Ek het die bakkie vir die stoel gekoop en hoef hom dus nie afte laai nie...dis sy werk om die stoel rond te dra :=)
JAN-HENDRIK
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Minder moeite stoel.

Post by 30-0Kwes »

Mooi man. N man met n plan!
Post Reply