Gekleurde Doppies

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Gekleurde Doppies

Post by pietbak »

So koop ek mos toe die 7x57 doppe by Pappabeer. Baie opgewonde maak ek hulle skoon, krimp die nekke om in die .257 Roberts te pas. Deur die Tumbler, was die doppe met Asyn en seep water, Gooi die doppe op die Rooikop se bakplaat uit en sit teen 200grade in die oond om gou droog te word. Nou is hulle almal gevlekte reenboog doppe en al daai mooi geel brons is weg. :'( :'( :'(
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by joe rocket »

Gooi weer in tumbler net nooit weer in die oond nie. ( veral nie teen 200 grade nie)
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7565
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Wouter Roets »

Pietbak

Jy het jou naam nou mooi gestand gedoen! :laugh:

Groetnis
Wouter
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Alwyn »

En oor 2 weke van nou wil almal weet waar het jy die doppe gekoop want niks kom naby hulle nie!!! LOL
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Gekleurde Doppies

Post by WILLEBEES »

Indien jy wel dit in die oond wil droog, doen so by lae temperatuur van so 100 grade soos wanneer jy beskuit uitdroog.
Ek het dit al baie so gedoen en geen verkleuring gevind nie.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by VdWalt »

pietbak wrote: Nou is hulle almal gevlekte reenboog doppe . :'( :'( :'(
Weet jy wat is daai doppe nou werd!!!
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by pietbak »

Reenboog doppe te koop. R225.00 per doppie.haha.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1115
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Gekleurde Doppies

Post by J le Roux »

Pietbak, so gaan jy nie besigheid doen nie. Die saddleback rainbow doppe moet ten minste R225 000 wees voor jy oorval gaan word.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Beretta »

Daar begin jy nou n vrot melk storie wat die bokke en torre oneties gaan skiet jy gaan binne kort n srywe van hoofkantoor af kry dat jy nie ook nie ver met hulle mag skiet nie. ;D ;D ;D ;D ;D en al wat jy wou doen is droe doppe he ;D ;D ;D
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by pietbak »

Julle moet vinnig koop daar is nog net 49 oor. No 50 het ek ongelukkig verloor toe ek sy nek afgedraai het.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Willie »

Pietbak ek hoop jy is 'n betaalde adverteerder want om nou smartie doppe teen daai prys te wil smokkel moet handel dryf wees. :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Jammer ek haaijak nou :police: :police:
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by pietbak »

Ja nee dis nie mooi om te hijack nie[GRINNING FACE WITH SMILING EYES][GRINNING FACE WITH SMILING EYES].
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Gekleurde Doppies

Post by Omnia »

Manne!!!! skottelgoed masjien net na 10 in die aand ( tyd is baie belangrik ) . Geen snaakse goete wat ek by gooi nie , gooi nog sommer van die blou goedtjies die klein botteltjie gif wat jy mos in die deur gooi ok in , 3 keer nou al gedoen met die selfde doppe , werk te veel sharp ..... onthou net die tyd manne hou die horlosie dop net na 10 in die aand . ....dis nou vir die gewone huis , want dan trek die vrou mos al hoe "amps" en die kombuis is joune , dan kan jy sommer nog daai xtra stuk wors ok koelek wat oorgebly het en more oggend die verdomde hond die skuld gee!!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7565
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Wouter Roets »

Omnia

Lyk my daar is geen tydsbeperking op drankinname daar by jou nie. ;D Of is dit voor tien die oggend?

Groetnis
Wouter
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by alecjohnson »

Waar is die foto? ek wil sien!!!
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Gekleurde Doppies

Post by Omnia »

Nee julle sal dit nie glo nie mama het nie gehou van my drink gewoontes nie so dis nou heeltemal afgeskaal , ... drink nou net naweke en saans!!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7565
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Wouter Roets »

;D ;D ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by PWV »

pietbak wrote:Reenboog doppe te koop. R225.00 per doppie.haha.
Skiet smartie-bokke met reenboogdoppe!
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Gekleurde Doppies

Post by dehacked »

Jare terug was daar 'n artikel in magnum oor doppe kleur. Het dit so 'n tydjie terug gaan navors. Mag dalk die inligting nog iewers he as iemand belang stel in 'opregte' smartie doppe.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Jean Marais »

Is daar darem nou al 'n buitelandse mark vir die oulike doppies, of is dit steeds beperk tot 'n paar dophandelaars?? ++>:
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by PWV »

Jean Marais wrote:Is daar darem nou al 'n buitelandse mark vir die oulike doppies, of is dit steeds beperk tot 'n paar dophandelaars?? ++>:
.....of 'n paar doptelers? ;)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by PWV »

Nou net van my raadgewer gehoor.
Moenie nou koop nie. Wag tot die bubble bars!
User avatar
pietbak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by pietbak »

Is jy vir my of teen my, huh?
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Hein M. »

Omnia wrote:Nee julle sal dit nie glo nie mama het nie gehou van my drink gewoontes nie so dis nou heeltemal afgeskaal , ... drink nou net naweke en saans!!!
My man! Klink of ons aan dieselfde kerk behoort...
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Gekleurde Doppies

Post by Beretta »

Sit nou net en dink sajagters moet die saak dringend ondersoek voor die doppe kleur verander dit kan n toegewyde saak word en kan jou status dalk ingedrang bring en jou die nie blink dop status gee pasop net vir die pink dop status ;D ;D ;D
Post Reply