Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Aangesien ons n nuwe afdeling het om te gesels gaan ek eerste hulp vra.
Het iemand nie dalk n boek of iets oor n 342a baler nie,ons het die naweek die eerste keer een gebruik. Die ding bly breek elke tweede baal.
Enige hulp/raad sal wardeer word
Henri
p.s. n Oom het my gese jy gee nie eens vir jou skoonseun wie jy die meeste haat n draadbaler nie.
Kyk by sy twee knopers daar sal stukkies afgebreekte draad sit wat moet uit,maar moet jou se dis vrek moeilik om jou hand da in te kry om dit los te maak OF kyk agter by jou draad waar dit onder die baler in gaan baie keer is daae n skeurkie en jou draad haak daar dan trek hy styf en breek bo EN klim onder in en kyk dat jou 2 wit plastiek tolle onder heel is anders trek jou draad da styf.as jy nie reg kom of verstaan wat ek tik nie kan jy my bel 0836537789
Nee wat! 'n draadbaler is nie so erg nie, ek kom beter reg met hom as toubaler. 'n Toubaler se tyd gaan uit as dit net onder die skuur bly.
'n Draadbaler het een triek volgens my(ek is nie altyd reg nie) en dit is as baler lanklaas(4maande of so) gebruik is, roes/aanpaksel op kloue/hakke(die goed wat die draad vang en knoop) en knoop dan die draad te styf of eerder draai die draad af omdat dit nie vry kan beweeg oor die hakke nie. As die hakke so bietie skoon gemaak is en liggies ge-olie is, is alles weer dood dollies.
HVZ
Good luck soos manne hierbo s? kyk dat alles reg is, hoe lyk jou naalde, moet nie te hoog optel nie, kyk of daar draad iewers ingegaan het, as als mooi gestel is loop hy mooi
Ek sit met n klomp ou trekkers en moet nou dringend begin kyk na iets nuwer. My vraag aan julle is watter maak en model ? Aangesien ek nog n laaigraaf wil opsit kyk ek eers na n 2de handse nuwer model [so nie ouer as 5jr nie]
My behoefte is: +- in die 60kw reeks
4 *4 dryf
nie n turbo
n beproefde werksesel waarvan parte volop is en diens oral beskikbaar
verkieslik geen elektronika!
Manne wees asb. so gaaf want sien die ou toppie het agter geraak met wat werk en dan vrae die agente vir my wat soek ek en ek kan hulle nie antwoord nie. N.s. vorige lot was 3 J.D. 2030 1971 - 1974
Gee asb n kortlys sodat ek kan begin soek na die regte trekker.
Groete Biker
Bly net weg van die 400 reeks MF af. Baie lekker trekker maar as daar fout gaan betaal jy dat jy bars. Stel voorwiel bearings was laas net so oor die R6000 as ek reg onthou.
Lyk my iemand sal my hier kan help, ek het 'n MF 126 draadbaler, hy breek nie bale nie, en loop baie mooi, maar hoekom maak hy skewe bale, waar le die fout???
Dankie
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako
TO Y O T A...
Skaapwagter
Dis gewoonlik by die invoer van lusern na die stamper wat nie reg is wat skewe bale veroorsaak, speel met die stelling van die invoerarms reg bo die baler se pickup.Hoop jy verstaan wat ek bedoel en ander rede is soms as die windry te din gehark is dan kry jy dit ook met party balers.
Groete
Sakkie van Heerden
Ek is nie 'n boer nie, maar het al gehoor as jy wil leer krag woorde gebruik moet jy een van twee dinge doel
Jy koop vir jou 'n baler en die twede jy huur 'n baler
Lekker baal
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
My baler maak so as die rye te dun is,skeef of te lang bale.Lyk my die ou stamp hom self los as daar nie genoeg materiaal is ni
Hark miskien net meer goed bymekaar en kyk dan.
As n draad baler reg is is hy reg maar as hy vol dinges is is daar moeilikheid
Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Kyk dat stelskroewe wat die bale se digtheid beheer agter bo-op baalkamer reg gestel is.
Draai die een aan die baal se stywe kant losser en die een aan die baal se pap kant stywer.