John Deer draad baler

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
HVZ
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm

John Deer draad baler

Post by HVZ »

Naand Almal.

Aangesien ons n nuwe afdeling het om te gesels gaan ek eerste hulp vra.
Het iemand nie dalk n boek of iets oor n 342a baler nie,ons het die naweek die eerste keer een gebruik. Die ding bly breek elke tweede baal. ???

Enige hulp/raad sal wardeer word
Henri

p.s. n Oom het my gese jy gee nie eens vir jou skoonseun wie jy die meeste haat n draadbaler nie. ;D
260rem 8x57js brno 12br mossberg
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: John Deer draad baler

Post by JOHANNIC »

Sh#t nou se julle my....... :'(
Biebers
Need for speed >:D
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: John Deer draad baler

Post by Roelo »

Kyk by sy twee knopers daar sal stukkies afgebreekte draad sit wat moet uit,maar moet jou se dis vrek moeilik om jou hand da in te kry om dit los te maak OF kyk agter by jou draad waar dit onder die baler in gaan baie keer is daae n skeurkie en jou draad haak daar dan trek hy styf en breek bo EN klim onder in en kyk dat jou 2 wit plastiek tolle onder heel is anders trek jou draad da styf.as jy nie reg kom of verstaan wat ek tik nie kan jy my bel 0836537789
Geweldig man Geweldig
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: John Deer draad baler

Post by tafjak »

Henri

Nee wat! 'n draadbaler is nie so erg nie, ek kom beter reg met hom as toubaler. 'n Toubaler se tyd gaan uit as dit net onder die skuur bly.

'n Draadbaler het een triek volgens my(ek is nie altyd reg nie) en dit is as baler lanklaas(4maande of so) gebruik is, roes/aanpaksel op kloue/hakke(die goed wat die draad vang en knoop) en knoop dan die draad te styf of eerder draai die draad af omdat dit nie vry kan beweeg oor die hakke nie. As die hakke so bietie skoon gemaak is en liggies ge-olie is, is alles weer dood dollies.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: John Deer draad baler

Post by Yalair »

HVZ
Good luck ;D soos manne hierbo s? kyk dat alles reg is, hoe lyk jou naalde, moet nie te hoog optel nie, kyk of daar draad iewers ingegaan het, as als mooi gestel is loop hy mooi

Groete
Ben
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

TREKKERS

Post by Biker »

Soek raad.

Ek sit met n klomp ou trekkers en moet nou dringend begin kyk na iets nuwer. My vraag aan julle is watter maak en model ? Aangesien ek nog n laaigraaf wil opsit kyk ek eers na n 2de handse nuwer model [so nie ouer as 5jr nie]
My behoefte is: +- in die 60kw reeks
                        4 *4 dryf
                        nie n turbo
                        n beproefde werksesel waarvan parte volop is en diens oral beskikbaar
                        verkieslik geen elektronika!
Manne wees asb. so gaaf want sien die ou toppie het agter geraak met wat werk en dan vrae die agente vir my wat soek ek en ek kan hulle nie antwoord nie. N.s. vorige lot was 3 J.D. 2030 1971 - 1974  ;D
Gee asb n kortlys sodat ek kan begin soek na die regte trekker.
Groete Biker
HVZ
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm

Re: John Deer draad baler

Post by HVZ »

Biker

Bly net weg van die 400 reeks MF af. Baie lekker trekker maar as daar fout gaan betaal jy dat jy bars. Stel voorwiel bearings was laas net so oor die R6000 as ek reg onthou.

Lekker soek
Henri
260rem 8x57js brno 12br mossberg
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: John Deer draad baler

Post by skaapwagter »

Lyk my iemand sal my hier kan help, ek het 'n MF 126 draadbaler, hy breek nie bale nie, en loop baie mooi, maar hoekom maak hy skewe bale, waar le die fout???  :-\
Dankie
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: John Deer draad baler

Post by sakkievanheerden »

Skaapwagter
Dis gewoonlik by die invoer van lusern  na die stamper wat nie reg is wat skewe bale veroorsaak, speel met die stelling van die invoerarms reg bo die baler se pickup.Hoop jy verstaan wat ek bedoel en ander rede is soms as die windry te din gehark is dan kry jy dit ook met party balers.
Groete
Sakkie van Heerden
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: John Deer draad baler

Post by skaapwagter »

Sakkie
Dankie ek het ook so iets vemoed.  Sal eers oplet na die rye, want die bale is nie altyd skeef nie.
Skaapwagter
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: John Deer draad baler

Post by Christo Els »

Ek is nie 'n boer nie, maar het al gehoor as jy wil leer krag woorde gebruik moet jy een van twee dinge doel
Jy koop vir jou 'n baler en die twede jy huur 'n baler ;D


Lekker baal
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: John Deer draad baler

Post by boeta »

Skaap boer

My baler maak so as die rye te dun is,skeef of te lang bale.Lyk my die ou stamp hom self los as daar nie genoeg materiaal is ni
Hark miskien net meer goed bymekaar en kyk dan.

As n draad baler reg is is hy reg maar as hy vol dinges is is daar moeilikheid

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: John Deer draad baler

Post by wlm »

Kyk dat stelskroewe wat die bale se digtheid beheer agter bo-op baalkamer reg gestel is.
Draai die een aan die baal se stywe kant losser en die een aan die baal se pap kant stywer.
Post Reply